Doen­din­ge

Die na­week

Beeld - - Vrydag -

Lu­cas Ma­ree se lied­jies­kat­kis word Son­dag deur Jan­nie du Toit en T­he­an Kot­ze (stig­ters­lid van Ses S­na­re) met Kie­kies in die Pier­neef­te­a­ter ver­tolk.

Soos Ma­ree die 1960’s se folk ge­sing het met die klem op fyn af­ge­ron­de ki­taar­spel, har­mo­nieë en veel­seg­gen­de teks­te, be­weeg Kot­ze en Du Toit sin­gend en spe­lend deur die land­skap van ver­ha­le, i­de­a­le, wys­heid en dro­me wat die ou Groot Beer – soos sy vriend die san­ger Coe­nie de Vil­liers hom ge­noem het – daar­ge­stel het.

Die ver­to­ning be­gin om 15:00 en kaart­jies kos R130 tot R140. Bel

012 329 0709 of stuur ’n e-pos aan in­fo@pier­neef­te­a­ter.co.za om te be­spreek.

Juis in Jeug­maand word die tref­fer­mu­siek­spel Sa­ra­fi­na! oor leer­lin­ge se be­trok­ken­heid by die So­we­to-op­stan­de (op 16 Ju­nie 1976) in die Jo­burg­te­a­ter op­ge­voer. Dié mu­siek­spel deur M­bon­ge­ni N­ge­ma, ook die re­gis­seur, be­gin op Jeug­dag, 16 Ju­nie, en is tot 24 Ju­nie in The Man­de­la­te­a­ter op die plan­ke. Dit is die eer­ste keer in 1988 op­ge­voer en het in 1992 op die sil­wer­doek (on­der an­de­re met Le­le­ti K­hu­ma­lo en W­hoo­pi Gold­berg) ge­pryk. Die stuk is ook op Bro­ad­way in New York op­ge­voer en K­hu­ma­lo het ’n To­ny-be­noe­ming ge­kry. Die ont­sla­pe mu­si­kant Hugh Ma­se­ke­la het ook baie van die lied­jies en mu­siek ge­skryf.. Kaart­jies kos R150 tot R500. Be­spreek by Web­tic­kets.

From Koe’sies­tes to K­neid­lach met C­han­tal S­tan­field maak ’n te­rug­keer na die T­he­a­t­re on the S­qua­re in Sand­ton, Jo­han­nes­burg. Dis ’n vro­li­ke blik op ’n bruin vrou wat op ’n Jood­se man ver­lief raak en word tot 23 Ju­nie aan­ge­bied. Met re­gie deur Me­gan Fur­niss deel S­tan­field haar per­soon­li­ke sto­rie wat as ’n mei­sie van die Kaap­se Vlak­te haar in ’n Jood­se woon­buurt van Jo­han­nes­burg be­vind het na­dat sy haar kê­rel ont­moet het. Sy ver­tel van ont­moe­tings met sy fa­mi­lie en haar eer­ste Sab­bat. Sy wor­stel met haar i­den­ti­teit en die e­ti­ket­te wat aan ’n mens ge­kop­pel word mid­de-in haar stu­die van Jid­disj. Kaart­jies kos R150. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Coe­nie de Vil­liers sing van­aand die mu­siek van sy nu­we al­bum Pu­re Coe­nie in die At­ter­bu­ry­te­a­ter in P­re­to­ria. Mau­ritz Lotz en Le­on Gropp sluit ook by hom aan.

Die al­bum be­staan uit ’n voor­le­sing deur die ak­teur John ­ Ka­ni en ’n lied wat klink as­of wy­le Lu­cas Ma­ree dit self vir sy klein­dog­ter ge­skryf het. De Vil­liers wou met hier­die al­bum weer lied­jies skryf soos toe hy 17 was en hy wou dit ou­ten­tiek aan­bied. Die kon­sert be­gin om 20:00. Kaart­jies kos R200 tot R250. Be­spreek by Com­pu­tic­ket. ’n S­ter­re­kyk­ge­leent­heid word mô­re in die Kloof­en­dal-na­tuur­re­ser­vaat aan die Wes-Rand aan­ge­bied. Kom kyk deur te­le­sko­pe voor­sien deur die Wes-Rand-ster­re­kun­de­klub na ster­re, ma­ne en die ver­skil­len­de pla­ne­te.

Be­soe­kers word aan­ge­raai om warm aan te trek en ’n flits saam te bring.

Toe­gang kos R30 vir kin­ders en R50 vir vol­was­se­nes. Pen­si­oen­trek­kers het gra­tis toe­gang. Geen voor­af­be­spre­king is no­dig nie. Be­soe­kers ont­moet teen 16:00 by die in­gang van die am­fi­te­a­ter in Kloof­en­dal. Daar is ook ver­ver­sings by die ge­leent­heid te koop.

C­han­tal S­tan­field

Coe­nie de Vil­liers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.