As die le­we klap, klap Chris­sie te­rug

Beeld - - Vrydag -

Chris­sie du Toit is ’n vrou wat al ’n paar dwars­klap­pe van die le­we ge­kry het en daar­om het sy by Han­non gaan aan­klop met die klag­te dat sy moeg en stok­oud voel.

Han­non het haar ver­se­ker al voel jy e­mo­si­o­neel uit­ge­mer­gel, kan jy steeds jon­ger en meer e­ner­giek lyk en die oom­blik as mens be­ter lyk, voel jy som­mer ook meer so.

Chris­sie het fyn ha­re en Han­non sê as jy ha­re het wat boon­op yl raak, moet jy dit nie te kort sny nie.

“As jy ’n styl soek wat jou ha­re dik­ker laat lyk as wat dit in werk­lik­heid is, sny dit eer- der só dat jy dit ag­ter jou ore kan in­druk in plaas daar­van om jou ore heel­te­mal oop te sny.

“S­kaf ook vir jou ’n pro­duk aan wat jou ha­re dik­ker maak en ver­toon en spuit dit aan voor­dat jy jou ha­re be­gin droog­blaas. Dit laat jou ha­re uit­swel so­dat dit baie meer vo­lu­me het,” sê Han­non.

Wan­neer jou ha­re en vel na­tuur­lik lig is, sal jy al­tyd be­ter lyk met blon­de ha­re as met don­ker ha­re. Vol­gens Han­non is daar eg­ter baie ver­skil­len­de ska­ke­rings van blond en as jy vin­nig bleek en uit­ge­was lyk, sal ’n ko­ring­blond jou be­ter pas in plaas van ’n pla­ti­num­blond.

Han­non raai vroue aan om van jongs af al kos­me­tie­se vel­sorg­pro­duk­te te ge­bruik.

“As jy op ’n ryp ou­der­dom skie­lik be­sef dat die ver­lies van e­las­ti­si­teit rond­om jou oë en mond baie oog­lo­pend is, kan jy dit steeds ver­be­ter. ’n Se­rum wat die pro­duk­sie van kol­la­geen aan­help en ’n oog­room wat vi­ta­mien E be­vat, sal die a­rea rond­om jou oë fer­mer maak, maar gee e­ni­ge nu­we vel­sorg­pro­duk ten min­ste 28 dae om op­merk­li­ker re­sul­ta­te te le­wer,” sê Han­non.

Ou­er vroue moet eer­der ’n vloei­ba­re on­der­laag ge­bruik wat jou vel laat blink.

“Jou lip­stif­fie en blos­ser moet sub­tie­le pienk ska­ke­rings wees, want soos jy ver­ou­der, is pienk die eer­ste k­leur wat jou vel ver­loor,” sê Han­non.

Vol­gens Su­net Ver­meu­len, die sti­lis, het Chris­sie se kle­re­kas ’n oor­maak­ses­sie no­dig, maar vir ie­mand wat nie ’n groot be­gro­ting het nie, is dit by­na on­moont­lik. Slim kle­re­kas­ko­pies is nood­saak­lik

’n Goeie rig­lyn is dat el­ke nu­we ar­ti­kel wat jy koop, by drie an­der ar­ti­kels in jou kas moet pas. Dit help om jou kas veel­sy­di­ger te maak met min­der ar­ti­kels.

Chris­sie voor­dat Han­non haar beet­ge­kry het.

Die nu­we Chris­sie du Toit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.