In­skry­wings­geld vir Tshwa­ne-fiets­ren is ver­laag

Beeld - - Vrydag -

Die 2018 Tshwa­ne Clas­sic-pad­fiets­ren is Dins­dag by die Mas­low Ho­tel op Ti­me S­qua­re be­kend­ge­stel en daar is aan­ge­kon­dig dat die in­skry­wings­geld vir hier­die ren van­jaar aan­sien­lik ver­laag is om dit toe­gank­li­ker vir al­le fiets­ry­ers te maak.

Die in­skry­wings­geld vir die ren oor 98 km is nou R330.

Die roe­te gaan ver­by van die groot­ste ba­kens in P­re­to­ria soos die Voor­trek­ker­mo­nu­ment en die U­nie­ge­bou.

Die ren vind van­jaar op 4 No­vem­ber in Tshwa­ne plaas en net soos ver­le­de jaar sal die fiets­ry­ers die vol­le ge­bruik van die pad kry om­dat dit vir mo­tors ge­sluit sal wees.

Die Tshwa­ne-me­tro sal van­jaar 342 me­tro­po­li­sie­of­fi­sie­re, 250 be­amp­tes en meer as 20 km se af­ba­ke­nings vir die ren voor­sien.

“Die Tshwa­ne-me­tro is erns­tig en baie toe­ge­wyd aan hier­die ren. Ge­volg­lik hoef hier­die ren glad nie te­rug te staan vir die an­der groot fiets­ren­ne in die land nie,” sê Mau­ritz Mey­er, or­ga­ni­seer­der van die ren.

Be­soek ge­rus www.tshwa­ne­clas­sic.co.za vir meer in­lig­ting oor die fiets­ren.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.