Ce­der­ber­ge: A­von­tu­re wag

In die Ce­der­ber­ge wag daar a­von­tu­re op oud en jonk – of jy nou daar­van hou om ster­re in jou oë te hê, ’n bie­tjie ge­skie­de­nis te be­leef of om jou te ver­kwik met ’n vlyt­bier.

Beeld - - VOORBLAD - JUSTUS VISAGIE @ry­vei­lig

Die S­tad­saal­grot­te is ’n won­der­wê­reld vir groot­men­se en kin­ders.

Die dorp Sut­her­land in die Noord-Kaap is sin­ o­niem met ster­re kyk en die ver­na­me Salt-ster­re­wag (gaan kyk by www.salt. ac.za vir meer). Maar dis nie die e­nig­ste plek in Suid-A­fri­ka waar lig­be­soe­de­ling af­we­sig en die nag­he­mel stik­don­ker is nie. Of waar ’n mens van die he­mel­lig­ga­me kan leer en deur ’n te­le­skoop na hul­le loer nie. Om­trent 150 km wes van Sut­her­land lê die Ce­der­berg-wyn­plaas en langs­aan die Ce­der­berg Astro­no­mi­cal Ob­ser­va­to­ry.

Daar­die 150 km is eg­ter net van toe­pas­sing as mens ’n reg­uit lyn tus­sen dié twee ster­re­wag­te op ’n pad­kaart trek. Om soon­toe te ry, neem so­wat vyf ure, want daar is ber­ge waar­om die pad soos ’n lui­slang moet kron­kel.

Die Tank­wa-Ka­roo en die Ce­der­ber­ge is in elk ge­val nie ’n plek om te jaag nie: Skerp klip­pe op die grond­paaie hier het ’n voor­lief­de vir mo­tor­ban­de en die strak, be­to­we­rend om­ge­wing laat ’n mens talm.

Daar is twee poor­te na die Ce­der­berg-wil­der­nis­ge­bied: van die noord­wes­te na­by Citrus­dal of die suid­oos­te in P­rin­ce Alf­red Ham­let se ge­bied. Aan die Citrus­dal-kant voel dit as­of die land­skap ’n mens amp­te­lik ver­wel­kom.

Aan die Alf­red-kant voel dit as­of jy die berg­reu­se stil-stil na­der so­dat ’n mens hul glo­rie kan er­vaar son­der om hul slaap te ver­steur. Hier word jy sta­dig mee­ge­sleur, in teen­stel­ling met die wes­te­kant se wis­se­len­de land­skap wat be­soe­kers oor­rom­pel.

Van dié kant kruis rei­si­gers ’n laag­wa­ter­brug­gie en die pad word grof en klip­pe­rig. Dit kron­kel ge­lei­de­lik op­waarts en ont­hul ’n val­lei ge­lei­de­lik aan jou lin­ker­kant ter­wyl dit knus teen die kran­se aan jou reg­ter­kant loop. Plek-plek is die pad ge­pla­vei so­dat ge­wo­ne mo­tors ook ná re­ën hier kan ry.

Ná om­trent 20 mi­nu­te se ry, sien jy bloe­kom­bo­me en ’n dui­de­li­ke te­ken wat sê jy het by Ca­pe Na­tu­re se ses Al­ge­ria Cot­ta­ges en -kam­peer­ter­rein aan­ge­kom. ’n Ver­na­me Frans­man, Graaf M de Vas­se­lot de Reg­ne, het die Ce­der­ber­ge in 1882 be­soek en dit het hom glo aan die At­las­ber­ge in Al­ge­rië her­in­ner – van­daar die naam.

Dis luukse en mo­der­ne twee­slaap­ka­mer­hui­sies met ’n dub­bel­bed in die hoof­slaap­ka­mer, twee en­kel­bed­dens in die an­der ka­mer en ’n slaap­bank in die leef­a­rea. El­ke hui­sie het ’n bad­ka­mer en ’n groot stoep (en ’n net­jie­se braai­plek) met ’n prag­ti­ge uit­sig op die berg. Die kom­buis is uit­ste­kend toe­ge­rus en die leef­a­rea het ’n kag­gel.

Ver­blyf kos va­n­af R800 per nag; be­spreek by ca­pe­na­tu­re. co.za.

Va­n­af Al­ge­rië volg 26 skou­spel­ag­ti­ge ki­lo­me­ters na die Ce­der­berg-ster­re­wag (ce­der­ber­gobs.org.za). ’n Lang stuk van die pad volg die val­lei se laag­ste punt.

Weers­kan­te lê rot­se, oor mil­len­nia ge­strooi soos be­skuit­krum­mels.

Hier voel dit as­of ’n mens los raak van die ket­ting wat jou aan die mens­ge­maak­te, ge­brek­ki­ge wê­reld bind.

Fo­to: KA­RIN SCHERMBRUCKER

’n Mens bly ge­rief­lik in Al­ge­ria Cot­ta­ges by Ca­pe Na­tu­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.