‘U­nie­ke soort mens’

Hul­de­bly­ke stroom van o­ral in

Beeld - - VOORBLAD - Sa­rel van der Walt

Pik Bo­tha (86), die mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke in van John Vor­ster tot Nel­son Man­de­la se ka­bi­net, is gis­ter­og­gend om­streeks 06:00 dood.

Hy het in sy slaap in sy huis in A­ka­sia, P­re­to­ria, be­swyk, het sy rock­san­ger-seun, Piet, ge­sê.

Bo­tha is on­langs in die U­ni­tas-hos­pi­taal in Centurion op­ge­neem vir hart- en long­toet­se, maar het hom­self ont­slaan, sê Piet.

Hul­de­bly­ke het gis­ter in­ge­stroom van vrien­de, oud­kol­le­gas en van oor die he­le po­li­tie­ke spek­trum in die land heen.

Hoe­wel hy ook deur pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en die ANC ge­loof is vir sy rol in die oor­gang na ’n de­mo­kra­tie­se stel­sel in die land, is hy op so­si­a­le me­dia ook erg ge­kri­ti­seer vir sy rol in a­part­heid (lees be­rig hier­naas).

Hy het in die ka­bi­net­te van John Vor­ster, PW Bo­tha, FW de K­lerk en Nel­son Man­de­la ge­dien.

“Ek sal hom ont­hou as ’n u­nie­ke soort mens, ’n bron van e­ner­gie vir al­mal wat in sy teen­woor­dig­heid was,” sê Piet.

Die e­ko­noom dr. Roe­lof Bo­tha, sy an­der seun, het aan Ti­mes Li­ve ge­sê die ge­sin sal al­tyd die mooi her­in­ne­rin­ge aan hom en die waar­des wat hul­le van hom ge­leer het, ver­troe­tel.

Roe­lof sê hy het ge­reeld saans sy pa aan­ge­tref waar hy By­bel lees.

“Hy het ons ge­leer om nooit daar­die gees­te­li­ke an­ker te ver­loor nie en dat ons na ken­nis moet stre­we, want ken­nis is mag.”

Roe­lof sê hul­le is ui­ters hart­seer, maar was voor­be­reid op sy dood.

Die oud­mi­nis­ter het die laas­te tyd ge­reeld ge­sê “die ou­der­dom het my nou in­ge­haal”.

“Ons het dit sien kom, want sy gesondheid het in die laas­te paar we­ke baie ver­sleg.

“Ons het ge­weet dit was baie na­by,” het Roe­lof aan Ti­mes Li­ve ge­sê.

Bo­tha word ook oor­leef deur sy twee­de vrou, Ina, en sy twee dog­ters, An­na Hert­zog en Lien S­mith.

Sy vier kin­ders is uit sy eer­ste hu­we­lik met wy­le He­le­na Bo­tha.

Piets ê die be­graf­nis re­ë­lings is nog nie ge­tref nie, maar die plan is dat dit op 23 Ok­to­ber in A­ka­sia ge­hou sal word.

In hier­die dié sta­di­um is daar geen be­ves­ti­ging of Ra­ma­pho­sa ’n amp­te­li­ke of se­mi­amp­te­li­ke be­graf­nis vir Bo­tha sal ge­las nie, sê K­hu­se­la Di­ko, Ra­map­ho­sa se woord­voer­der, by na­vraag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.