Me­nin­gi­tis eis een­ja­ri­ge Ma sak in­een, breek kaak

Beeld - - NUUS - Ma­rie­tie Louw-Car­stens

Die ma wie se een­ja­ri­ge seun­tjie Maan­dag in Klerksdorp aan me­nin­go­kok­ka­le me­nin­gi­tis dood is, het gis­ter in­me­kaar­ge­stort.

Mi­quet­te van der Walt het in haar ou­ers se huis in Klerksdorp in­me­kaar­ge­sak en met die val haar ka­ke­been ge­breek.

Die skie­li­ke dood van Ru­dolf, wat ver­le­de week een jaar oud ge­word het, het haar en Buks Kot­zé, haar le­wens­maat, erg ge­skok.

Mi­quet­te is in die Ts­he­pong­hos­pi­taal in Klerksdorp op­ge­neem.

“Ek hou nou net aan God se hand vas, want al­les wat ge­beur, is net te erg,” sê Kot­zé.

Ru­dolf is sy twee­de kind wat dood is. An­ne­lie, sy dog­ter­tjie uit ’n vo­ri­ge ver­hou­ding, is in 2013 op ses maan­de aan ’n long­kwaal dood.

Ru­dolf is dood slegs 16 uur na­dat die aan­steek­li­ke me­nin­go­kok­ka­le me­nin­gi­tis by hom ge­di­ag­no­seer is. Dit is nog ’n raai­sel waar hy die siek­te op­ge­doen het.

Hy het Maan­dag net voor 01:00 wak­ker ge­word en Van der Walt wou hom sy bot­tel gee.

Sy was ge­skok toe sy sien die een kant van haar seun se ge­sig is blou en op­ge­swel.

Hy was Son­dag o­lik en het ge­braak, maar sy ou­ers het ge­dink dit is om­dat hy be­sig was om tan­de te kry.

Hul­le het met hom na die Klerksdorp-hos­pi­taal ge­jaag, “waar om­trent al die dok­ters” vol­gens Kot­zé langs Ru­dolf se bed was.

Hy sê die dok­ters het al­les moont­lik ge­doen om sy seun te red.

“Sy he­le ly­fie het don­ker­blou, by­kans swart, ge­word. Hy het baie seer ge­had.”

Die dok­ters het aan Kot­zé en Van der Walt ge­sê hul­le mag nie aan hul seun raak nie uit vrees dat hul­le kon aan­steek.

“Ek het my kind se ly­fie teen my vas­ge­druk na­dat hy dood is. Ons kon hom net nie laat gaan nie,” sê Kot­zé.

Hy en Van der Walt, as­ook al­mal wat met Ru­dolf in aan­ra­king was, moet nou me­di­sy­ne kry om te ver­hoed dat hul­le die siek­te op­doen.

Me­nin­go­kok­ka­le me­nin­gi­tis is ’n bak­te­rie­se brein­vlies­ont­ste­king en is baie aan­steek­lik en ge­vaar­lik.

Dit word ver­sprei wan­neer ie­mand wat dit on­der le­de het, nies of hoes.

“Ek het my pas­toor van­og­gend ge­bel en ge­sê hy moet help, want ê­rens moet iets verkeerd wees met al­les wat ons tref,” sê Kot­zé.

Mi­quet­te van der Walt en Buks Kot­zé met Ru­dolf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.