11 in hof in Ven­ters­dorp ná 2 lor­ries brand

Beeld - - NUUS - Su­san Cil­liers

11 men­se het gis­ter in die land­dros­hof in Ven­ters­dorp ver­skyn weens o­pen­ba­re ge­weld na­dat twee vrag­mo­tors die af­ge­lo­pe week aan die brand ge­steek is.

S­ko­le en die mees­te on­der­ne­mings in die mid­de­dorp en in die Ts­hing-towns­hip was die groot­ste deel van die week en gis­ter toe na­dat die on­rus Maan­dag uit­ge­breek het.

Jan­nie Moss, die ei­e­naar van ’n Wim­py-tak en die En­gen-vul­sta­sie, sê die be­to­gers het Dins­dag in die Wim­py in­ge­storm en klan­te en per­so­neel­le­de ver­jaag.

Kapt. Sam T­se­la­ny­a­ne, ’n po­li­sie­woord­voer­der in Noordwes, sê die 11 ver­dag­tes is gis­ter op borg­tog van R500 elk vry­ge­laat en moet weer op 12 No­vem­ber in die hof ver­skyn.

Die be­to­gers het paaie ver­sper en voer­tuie en die po­li­sie met klip­pe be­stook.

Teen gis­ter­mid­dag was die N14hoof­weg by Ts­hing steeds ge­sluit.

T­se­la­ny­a­ne sê hoe­wel die be­to­gers nie meer ak­tief be­toog het in die Ven­ters­dorp-mid­de­dorp en by die N14-krui­sing nie, be­stook hul­le die po­li­sie met klip­pe so­dra dié na­der kom. Stra­te in Ts­hing is ook steeds ver­sper.

Die o­pen­ba­re-or­de-po­li­sie is steeds op die to­neel om­dat die si­tu­a­sie ge­span­ne bly.

Be­to­gers maak al we­ke lank kort-kort a­mok in die Ven­ters­dorp-om­ge­wing.

T­se­la­ny­a­ne sê die be­to­gers se hoof­klag­tes is die be­weer­de ge­sloer met die bou van ’n win­kel­sen­trum langs die N14 na­by Ts­hing en die sa­me­smel­ting in 2016 van die Pot­chef­stroom- en Ven­ters­dorp-mu­ni­si­pa­li­teit.

Hul­le eis dat dié om­stre­de be­sluit nie­tig ge­maak word.

Vic­tor Bo­qo, woord­voer­der van K­got­so K­hu­ma­lo, die uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van die J.B. Marks­mu­ni­si­pa­li­teit wat Pot­chef­stroom en Ven­ters­dorp be­dien, het ge­sê die sa­me­smel­ting was ’n na­si­o­na­le be­sluit en dat die on­te­vre­de­nes by die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke daar­oor moet kla.

Vol­gens Bo­qo is die pro­ses vir die bou van die win­kel­sen­trum en an­der ont­wik­ke­lings, soos meer hui­se en s­ko­le in die om­ge­wing, goed op dreef.

“Baie pro­ses­se moet eg­ter vol­tooi word voor­dat die ad­ver­ten­sie vir ten­ders ge­plaas en op ’n be­gro­ting be­sluit kan word.

“Toe­stem­ming moet eers van San­ral en ver­skeie pro­vin­si­a­le de­par­te­men­te ver­kry word om­dat die nu­we win­kel­sen­trum, hui­se en s­ko­le op grond ge­bou gaan word wat aan San­ral en die pro­vin­sie be­hoort.

“Bou­werk sal eers kan be­gin so­dra dié nood­saak­li­ke pro­ses­se af­ge­han­del is.”

Fo­to: VEN­TERS­DORP-BUURTWAG

O­proe­ri­ges het van­dees­week dié vrag­mo­tor op die N14 by Ven­ters­dorp aan die brand ge­steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.