Leeu­wy­fie kry nu­we le­we in SA

Uit te­ler se kloue ge­red

Beeld - - NUUS - E­li­se Tem­pel­hoff

’NT­wee­ja­ri­ge leeu­wy­fie wat haar le­we in ’n sir­kus sou slyt, is uit die han­de van ’n Fran­se leeu­teler ge­red en het Don­der­dag haar eer­ste tree op Suid-A­fri­kaan­se bo­dem gegee.

Die be­wa­rings­groep A­ni­mal Ad­vo­ca­cy and Pro­tecti­on (AAP) het dié leeu­wy­fie, wat in­tus­sen Na­la ge­doop is, van ’n te­ler ge­red wat die­re on­wet­tig aan sir­kus­se ver­skaf. Na­la is Don­der­dag na Li­ons­rock, Four Paws se wild­re­ser­vaat na­by Beth­le­hem in die Vry­staat, ge­bring waar sy bin­ne­kort in ’n groot kamp vry­ge­laat sal word, het MJ Lou­rens, kom­mu­ni­ka­sie­hoof van Four Paws, gis­ter ge­sê.

Vol­gens Lou­rens hoop Four Paws nou dat Na­la ’n maat sal wees vir Sa­eed, wat ver­le­de jaar uit ’n die­re­tuin in die oor­log­ge­teis­ter­de A­lep­po, Si­rië, ge­red en na Li­ons­rock ge­bring is.

“Ons hoop dié twee sal so­si­a­li­seer. Four Paws hoop dat die so­si­a­li­se­rings­pro­ses suk­ses­vol sal wees om­dat al­bei leeus nog jonk is,” sê Lou­rens.

Fi­o­na Mi­les, di­rek­teur van Four Paws in Suid-A­fri­ka, sê dié be­wa­rings­or­ga­ni­sa­sie neem aan dat Sa­eed, wat ten ty­de van die Si­rie­se oor­log in aan­hou­ding ge­bo­re is, saam met an­der leeus groot­ge­word het. Uit sy ge­drags­pa­tro­ne lyk dit of hy met an­der leeus in­ter­ak­sie wil hê.

“Ons glo met Na­la as buur­vrou sal hy die i­de­a­le maat kry. Daar is nou ge­noeg tyd vir die twee om me­kaar deur die hei­ning te leer ken.”

Sa­eed en 12 an­der die­re is in Ju­lie ver­le­de jaar uit die die­re­tuin in A­lep­po ge­red.

Na­la kom uit soort­ge­ly­ke om­stan­dig­he­de. AAP het haar na die P­ri­ma­do­mus-toe­vlugs­oord in S­pan­je ge­bring na­dat sy “uit die kloue” van die Fran­se leeu­teler ge­red is, sê Mi­les.

“Uit­hon­ge­ring, siek­tes, hag­li­ke om­stan­dig­he­de, bom­me en ont­plof­fings. Dít is van die ver­skrik­li­ke din­ge wat dié twee leeus al deur­ge­maak het. Ons is on­ge­loof­lik op­ge­won­de om vir hul­le ’n be­ter toe­koms in Suid-A­fri­ka te s­kep waar hul­le in vre­de en har­mo­nie kan leef,” sê Mi­les.

Vol­gens Mi­les sal dié twee leeus se wel­stand deur­lo­pend deur Hil­de­gard Pir­ker, Four Paws se hoof van wel­syn, ge­mo­ni­tor word.

“Die span by Li­ons­rock het reeds vyf pa­re leeus help so­si­a­li­seer en nog 15 ge­help om by an­der trop­pe aan te sluit,” sê sy.

Lou­rens sê Four Paws het ’n streng be­leid teen die teel van leeus. Die leeu­man­ne­tjies wat in Li­ons­rock woon, word ge­kas­treer.

Pir­ker sê daar is on­ge­veer 100 groot kat­te in Li­ons­rock. Hul­le kom van sir­kus­se, die­re­tui­ne en van plek­ke waar hul­le vir ver­skeie doel­ein­des ge­teel is.

“Dit is ons plig om te sorg dat hier­die die­re in vre­de kan voort­leef en dat die si­klus van te­ling in aan­hou­ding ge­breek word,” sê Pir­ker.

Na­la gee haar eer­ste tree op Suid-A­fri­kaan­se bo­dem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.