Ons is her­be­draad vir God se soort lief­de

Beeld - - KOMMENTAAR - S­te­phan Jou­bert

Ek kom ’n snaak­se ding ag­ter in my­self. Ek kom ag­ter ek het ’n ein­de­lo­se ver­moë vir lief­de­loos­heid en vir ne­ga­tie­we din­ge, maar ’n be­perk­te ver­moë vir lief­de.

Om nie van ie­mand te hou nie kom vir my re­de­lik mak­lik, maar om my naas­te lief te hê, kom moei­lik. Ek laat slegs ’n paar gre­pe he­mel­se da­ta vir naas­te­lief­de in my hart toe, maar ek stel ein­de­lo­se ruim­te be­skik­baar vir lief­de­loos­heid.

Daar’s al­tyd nog ’n plek in my hart vir ag­ter­dog of vir skerp woor­de teen­oor ie­mand, maar wan­neer ek moet lief­hê, kry ek gou-gou tien goeie re­des hoe­kom ek dit nie kan doen nie. “Weet jy wat het hy of sy aan my ge­doen?” “Hul­le het my ver­ne­der.”

Wel, hier’s ’n he­mel­se nuus­flits: Die He­re het al sy kin­ders net mooi an­ders­om be­draad. Ons het nou ’n ein­de­lo­se ver­moë vir lief­hê en om­gee, maar teg­nies geen ka­pa­si­teit meer vir haat of bit­ter­heid nie. God se DNS, sy eie hart prop­vol lief­de klop im­mers ook in ons bin­ne­ste. Só leer 1 Jo­han­nes 3:9 ons.

Ons weet God het men­se ein­de­loos lief, sy vy­an­de in­kluis. As ons nie hier­die gees­te­li­ke ver­moë be­nut en ge­du­rig ag­ter God aan leer om lief te hê nie, is ons leu­e­naars. Feit is, ons is nie slag­of­fers van ons ne­ga­tie­we ge­voe­lens nie. Ons is her­be­draad vir God se soort lief­de. Só sê 1 Jo­han­nes 3:1117. So een­vou­dig soos dit, maar ook so le­wens­ge­vaar­lik!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.