’n Hel­der lig in don­ker land­skap van kon­ke­la­ry

Beeld - - KOMMENTAAR - Re­tha Fick @Ret­haFick re­tha.fick@beeld.com

Te mid­de van die skok­fei­te wat die af­ge­lo­pe week weer aan die lig ge­kom het oor mil­jar­de ran­de wat soos mis voor die skroei­en­de son van kor­rup­sie ver­dwyn het, tui­mel die ge­raam­tes een vir een uit die kas.

In die VBS-bankskan­daal word dui­se­ling­wek­kend e be­drae ge­noem, ter­wyl die ru­moe­ri­ge rooi ba­ret­te in hoof­let­ters swyg oor die par­ty en ver­al Floyd S­hi­vam­bu, sy ad­junk­lei­er, se be­weer­de be­trok­ken­heid.

Die eens ge­re­spek­teer­de ou­di­teurs­fir­ma KPMG is wéér vir die ver­keer­de re­des in die nuus met die ont­hul­ling dat Sip­ho Ma­la­ba, een van sy ven­no­te, na be­we­ring on­reg­ma­tig voor­deel van mil­joe­ne ran­de uit VBS ge­trek het.

Nhlanhla Ne­ne, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, val op sy swaard oor sy ver­ga­de­ring met die Gup­tas en oor nog “skok­ken­de ont­hul­lings” wat klaar­blyk­lik oor hom op pad is.

Die Em­fu­le­ni-mu­ni­si­pa­li­teit “ver­loor” R800 mil­joen en nou be­dreig er­ge om­ge­wings be­soe­de­ling die le­we van men­se n dier.

Ie­mand merk te­reg op dat die af­ge­lo­pe week se ge­beu­re meer boei­end as die bes­te TV-reeks is.

In dié draai­boek moet ons vas­hou aan die hoop dat die goeie ou­ens tog uit­ein­de­lik gaan wen.

Een so ’n ka­rak­ter se ver­haal skyn soos ’n hel­der lig in ’n be­trek­lik don­ker land­skap van kon­ke­la­ry.

Ma­riet­te Ven­ter, waar­ne­men­de fi­nan­si­ë­le hoof van die Capri­corn-dis­triks mu­ni­si­pa­li­teit, het heel dui­de­lik be­sluit haar naam gaan op geen ram­pok­ker­lys ver­skyn nie. Of dalk het sy in­stink­tief net ge­doen wat sy weet reg is.

Die ge­volg is dat dié mu­ni­si­pa­li­teit nou een van die min in Lim­po­po is wat nie fi­nan­si­ë­le pro­ble­me ont­wik­kel het toe VBS in ku­ra­tor­skap ge­plaas is nie.

Vol­gens adv. Ter­ry Mo­tau, wat die ver­slag oor die VBS-bank ge­skryf het, het Ven­ter “op­ge­staan teen e­nor­me druk” en daar­in ge­slaag om R60 mil­joen wat by VBS be­lê is, te­rug te kry voor­dat die bom ge­bars het. Die geld is deur Gil­bert K­ga­ny­a­go, des­tyd­se bur­ge­mees­ter, be­lê ter­wyl Ven­ter met ver­lof was, on­danks be­pa­lings dat slegs die fi­nan­si­ë­le hoof van die mu­ni­si­pa­li­teit be­leg­gings mag doen.

Sy het ook vas­ge­skop om­dat die be­leg­ging die Wet op Mu­ni­si­pa­le Fi­nan­si­ë­le Be­stuur oor­tree het. Dié wet ver­plig mu­ni­si­pa­li­tei­te om slegs by han­dels­ban­ke te be­lê. Ven­ter is ge­volg­lik on­reg­ma­tig uit haar pos ge­skors en as ’n ras­sis ge­brand-merk. Die skor­sing is ’n week la­ter op­ge­hef.

Ven­ter se naam kan ge­voeg word by ’n lys van goeie ou­ens (en vroue) wat die bes­te be­lang van die land voor­op stel. Som­mi­ge van hul­le se na­me ken ons, soos Pra­vin Gord­han, adv. T­hu­li Ma­don­se­la en dr. Mak­ho­si K­ho­za.

An­der sal al­tyd anoniem bly en nooit e­ni­ge koe­rant­op­skrif haal nie. Mag dié lys net al hoe lan­ger word.

Beeld.

In dié draai­boek moet ons vas­hou aan die hoop dat die goeie ou­ens tog uit­ein­de­lik gaan wen.

Fick is ad­junk­re­dak­teur van

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.