Wat ons uit We­st­bu­ry kan leer

Die pro­ble­me waar­mee in­wo­ners van woon­buur­te soos We­st­bu­ry in Johannesburg wor­stel, strek veel wy­er. As ons nie We­st­bu­ry se pro­ble­me kan op­los nie, sal ons nie die pro­ble­me van die land kan op­los nie, skryf Ni­co Bo­tha.

Beeld - - BY -

Mis­kien sal die be­lang­rik­ste uit­wer­king van die op­stan­de in ge­bie­de soos Bon­te­heu­wel, Mit­chells Plain en Rie­beek-Kas­teel in die Kaap en Eersterust, El­do­ra­do Park en We­st­bu­ry in Gau­teng wees dat ons ver­nu­wend na­dink oor wie ons as Suid-A­fri­ka­ners is.

Die al­ter­na­tief sou die ab­so­lu­te si­nis­me van a­part­heid wees dat men­se in dié ge­bie­de be­doel was om op ’n se­ke­re ma­nier ge­ï­den­ti­fi­seer te word en daar­om a­part moet bly en hul eie kwes­sies self moes op­los.

Wie die na­si­o­na­le kwes­sie ver­staan, sal weet dat die pro­ble­me waar­mee men­se uit die ge­noem­de ge­bie­de op­ge­skeep sit, ti­pies SuidA­fri­kaan­se pro­ble­me is wat tot die kern hoof­saak­lik te ma­ke het met erns­ti­ge maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se ag­ter­stan­de.

Om op ’n ver­skraal­de wy­se te fo­kus op ge­brek­ki­ge diens­le­we­ring, ben­des en dwelm­mis­bruik, is om die he­le tyd die simp­to­me van ’n erns­ti­ge kwaal te pro­beer on­der­druk ter­wyl wei­nig ge­doen word aan die eint­li­ke siek­te.

Wat dit be­tref, is daar ’n in­te­res­san­te ver­skil oor hoe men­se uit die Kaap­se ge­bie­de na hul pro­ble­me kyk en die wy­se waar­op men­se uit Gau­teng dit doen.

In die Kaap is daar am­per ’n saak­li­ke be­na­de­ring deur­dat grond­lig­gen­de kwes­sies soos ar­moe­de, dak­loos­heid, werk­loos­heid en natuurlik ook die pro­bleem van ben­de­ge­weld en dwelms uit­ge­wys word. Die et­nie­se kaart word nie te o­pen­lik ge­speel nie.

In Gau­teng be­weer men­se op ’n on­be­skaam­de ma­nier dat daar teen hul­le ge­dis­kri­mi­neer word en dat hul­le ge­mar­gi­na­li­seer word om­dat hul­le “K­leur­lin­ge” of “bruin men­se” is.

Ka­te­go­rieë bly klou

Die erns­tig­ste pro­bleem met die voort­ge­set­te aan­wen­ding van sul­ke ka­te­go­rieë, is dat dit nie van hul ont­staans­ge­skie­de­nis ont­kop­pel kan word nie. Hoe men­se ook al pro­beer om te her­kon­sep­tu­a­li­seer en om nu­we in­houd aan sul­ke ka­te­go­rieë te gee, slaag dit nie, om­dat die i­den­ti­fi­ka­sies te swaar dra aan die ba­ga­sie van a­part­heid.

Dit is am­per as­of die nu­we ge­slag re­geer­ders in hul mou lag en uit­ge­spro­ke sê: “Or­raait, as jy ’n ‘K­leur­ling’ of ’n ‘bruin mens’ wil wees, sal ons jou soos een be­han­del.”

In die prak­tyk kry ons in elk ge­val voor­beel­de van hoe men­se af­ge­skeep word.

Toe­ge­gee, dit is ’n ui­ters si­nie­se per­spek­tief, maar ’n po­ging om die nood­saak­lik­heid van nu­we den­ke oor wie ons as Suid-A­fri­ka­ners is op die spits te dryf.

Die ANC-re­ge­ring moet natuurlik in groot ma­te ver­ant­woor­de­lik ge­hou word vir die ver­val wat die sa­me­le­wing ken­merk. Net soos die a­part­heids­re­gi­me het die kok­ke­do­re van die ANC baie gou ná 1994 ag­ter­ge­kom dat frag­men­te­ring en die ver­de­ling van men­se, op wat­ter gron­de ook al, ’n baie nut­ti­ge po­li­tie­ke wa­pen is as jy aan die mag wil vas­klou.

Nou word daar ook po­li­tie­ke pun­te aan­ge­te­ken om­dat B­he­ki Ce­le, mi­nis­ter van po­li­sie, skie­lik soos ’n mes­si­as­fi­guur op­daag in woon­buur­te waar daar on­rus is.

Bur­gers moet han­de vat

Die werk­lik­heid van ’n ge­frag­men­teer­de, ver­deel­de, on­ge­ly­ke en ge­weld­da­di­ge sa­me­le­wing be­hoort al­le Suid-A­fri­ka­ners te oor­tuig om op ’n aan­tal vlak­ke han­de te vat en self iets te doen aan na­sie­bou wat met ge­reg­tig­heid ge­paard­gaan eer­der as om die po­li­ti­ci daar­mee te ver­trou. Die af­ge­lo­pe kwart­eeu het ge­toon hoe­dat po­li­ti­ci met hul lip­pe­taal pro­beer vas­hou aan waar­des soos so­li­da­ri­teit en nie­ras­sig­heid, maar hul kor­rup­te prak­ty­ke is ge­rig op ver­deeld­heid en self­ver­ry­king.

Suid-A­fri­ka­ners kan slegs wys dat hul­le nie die swak voor­beeld van die po­li­ti­ci volg nie deur gro­ter mens­li­ke so­li­da­ri­teit met me­kaar te be­toon.

Een­vou­di­ge lo­gi­ka

In kon­kre­te ter­me sou dit iets soos die vol­gen­de kon be­te­ken: dat men­se in die gro­ter Johannesburg-om­ge­wing be­gin in­sien dat die pro­ble­me van men­se in We­st­bu­ry eint­lik al­mal se pro­ble­me is. Want daar is eint­lik maar ’n baie een­vou­di­ge lo­gi­ka: As ons We­st­bu­ry se pro­ble­me nie kan op­los nie, sal ons nie die pro­ble­me van die land kan op­los nie.

Daar­om is die twee­de groot as­pek wat hier ter spra­ke is ons ver­staan van die na­si­o­na­le kwes­sie. Hoe word ons werk­lik een na­sie? Hoe ves­tig ons ’n op­reg­te nie­ras­si­ge sa­me­le­wing waar et­nie­se ka­te­go­rieë van al hoe min­der be­lang sal wees?

In Suid-A­fri­ka loop die pad na gro­ter sa­me­ho­rig­heid deur sa­me­wer­king in die be­kam­ping van ar­moe­de, werk­loos hei­den on­ge­lyk­heid. Die ge­loof s ge­meen­skap­pe in die ge­noem­de ge­bie­de – Bon­te­heu­wel en We­st­bu­ry – en in die he­le land het ’n be­lang­ri­ke rol te speel in die ves­ti­ging van die kul­tuur van die een­heid van die mens­heid, die kul­tuur van nie­ras­sig­heid, ’n om­gee-kul­tuur, ’n By­bel­se kul­tuur dat ek in­der­daad my broer en my sus­ter se op­pas­ser is.

Ge­loof s ge­meen­skap­pe dra die bood­skap van ver­soe­ning uit wat lui dat men­se met me­kaar ver­soen kan word on­danks ver­vreem­ding, ver­wy­de­ring en vy­and­skap.

Dis dié soort i­de­a­le waar­aan die 87- ja­ri­ge e­me­ri­tus aarts­bis­kop dr. Des­mond Tu­tu sy le­wens­lan­ge be­die­ning ge­wy het om­dat hy oor­tuig is dat dit die e­nig­ste weg na bly­wen­de vre­de is.

Bo­tha is pro­fes­sor in te­o­lo­gie aan U­ni­sa.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

On­te­vre­de in­wo­ners van We­st­bu­ry in Johannesburg het on­langs in op­stand ge­kom teen ben­de­ge­weld en dwelms in hul woon­buurt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.