Waar har­de­kool en let­ter­kun­de han­de vat

Die Bos­man-fees in die Ma­ri­co vier bin­ne­kort sy 25ste be­staans­jaar. Ca­rié Maas was ver­le­de jaar daar.

Beeld - - BY -

‘Krom Jog­gom Kon­ter­dans (het) ’n vuur­tjie van tam­bo­tie­tak­kies ag­ter die bok­skerm ge­maak; en vir laas stryk hy die sna­re met die vars sop van e­lands­wor­tel, tot­dat hul­le lyk soos die re­ën wat deur die vuur­lig skiet; en hy k­leur die ho­ring­hout in die tam­bo­tie­rook, en hy rek sy stryk­stok van kwag­gas­tert, en hy span sy sna­re en draai die ore vas, en hy stryk sag­gies met die boog.

“En hul­le in die tjor­ra luis­ter. En Ton­tel­doos sê: ‘Wat hou ons raad en praat van lief­de blaas? Hier kom die re­ën!’ ”

Wat, Eugè­ne Ma­rais in die Ma­ri­co?

Dis Eg­bert van Bart wat die dwaal­sto­rie voor­lees, ’n A­fri­kaan­se San-s­to­rie. En dis ’n did­je­ri­doe uit Aus­tra­lië, en ’n Ti­bet­taan­se sang­bak wat sy stem help mu­siek maak van die s­to­rie, saam met die wind tus­sen die bo­me. Dis natuurlik die fyn­blaarghwar­rie en har­de­kool en dop­pruim en raas­blaar, en hoe­veel nog waar­van Koos O­li­vier vroeg­og­gend op die boom­toer ver­tel het. Want die ag­ter­grond­sui­le van dié ver­hoog is die wa­re ja­kob, reg­te eg­te bo­me, en on­der in die val­lei slaan ook ja­ka­ran­das in pers kol­le uit.

Dis Ok­to­ber­maand en tyd vir die jaar­lik­se Bos­man-fees in die Ma­ri­co. Dié fees is nie net mam­poer en En­g­lish Li­te­ra­tu­re 101 met Her­man C­har­les Bos­man as hoof­mo­du­le van die kur­sus nie.

Die skool­tjie waar hy lat ge­swaai het vir ses maan­de van sy le­we staan we­lis­waar op die fees­ter­rein, want die Her­man C­har­les Bos­man Li­te­r­a­ry So­cie­ty het ’n re­pli­ka van die mu­ra­sie op Heim­wee­berg op die dorp kom staan­maak.

Jo­le­ne Muir het net die vo­ri­ge dag voor in die e­nig­ste klas­ka­mer ge­sit en van sy ge­dig­te voor­ge­lees:

For the­re’s a lon­ging in my he­art to be

Be­ne­ath wi­de skies,

And all the pain­ted flo­wers of Spring, I’ll see

With chan­ged ey­es

Soos wat dit die li­te­ra­tuur se ma­nier is, is dit ’n wê­reld wat voor ’n mens oop­maak in die Bos­veld ty­dens dié fees, en nie net die ge­yk­te van veld­skoens en die uit­kap van ’n pyp nie.

Kyk maar na die pro­gram vir die na­week. Dit het be­gin met die op­voe­ring van ’n Bos­man-s­to­rie, “The Rooi­nek”, maar niks hier is net van­self­spre­kend en die ver­wag­te nie. Soos wat die jong man­ne die s­to­rie op­voer, word twee kom­ber­se voor die oë van die ge­hoor ’n wa. En op Sa­ter­dag­og­gend is dit nie­mand min­der nie as ’n Rus­sie­se li­te­ra­tuur­prof, Ol­ga E­sau­lo­wa, wat ver­tel van haar A­fri­ka-ob­ses­sie met Bos­man na­dat sy op ’n reis saam met haar fi­si­kus-man na Kaapstad ’n bun­del van hom ge­skenk ge­kry het.

Dit word ’n rit­me, die ver­wag­te en die “vreem­de”. Daar is ’n proe­sel mam­poer uit blik­be­kers soos wat ’n mens van aan­bie­ding tot aan­bie­ding stap, maar op die bor­de is nie net koek­sis­ters nie, jy kry ook fe­ta en ’n o­lyf op ’n stok­kie. Ar­no Faul ver­tel ’n s­to­rie van ’n plaas­li­ke vrou se be­lof­te dat sy een­dag vir hom van haar ma se er­de­werk sal bring. Tyd is re­la­tief in die Ma­ri­co, en dié een­dag was vyf jaar la­ter, maar só staan sy op ’n dag op sy voor­stoep met die klei­nood. Dan is dit ma­rim­bas wat op­klink, dan die in­stru­men­te van die Kins­men, Mu­ham­mad Daw­jee se sax­o­foon, S­hai­lesh Pil­lay se ta­bla en Dhruv Sodha se si­tar. ’n Mens hoor hul cre­do tus­sen die no­te – om deur hul wor­tels en er­fe­nis na die u­ni­ver­se­le te soek. Of daar is riel­dan­se op die ver­hoog, as­kies vir­rie wals, en ná ’n wil­de bok­sprong s­kuif ’n hoed oor die plan­ke. “Ons het el­ke Son­dag­mid­dag ge­oe­fen,” sê een van die haas­bek­kies ag­ter­na.

Daar is van kri­tie­se le­sings tot “laug­hing yo­ga”. Die plaas­li­ke, in­ter­na­si­o­na­le kuns­te­naar Jo­han Mool­man vang Bos­man se ge­sig vas in ’n stuk glas. T­ha­bo D­jem­be kry ’n kring trom­spe­lers in rit­mie­se har­mo­nie, en dom Jo­han­nes­burg­se han­de kan klei-os­se pro­beer maak, en el­ke hot-ag­ter­haar wat da­rem nie te ge­brek­lik uit­kom nie ding mee om ’n wa met os­se met weg­lê­ho­rings te wen. Daar is ook roos­ter­koek vir brek­fis en ’n kof­fie­kan op die ko­le.

Raai wat: Op die dorp, wat ’n slag skoon­ge­re­ën is, groei daar nou, an­ders as in “Oom Wil­lem Prins­loo’s pe­ach bran­dy”, tot roos­bo­me; des­tyds al was ro­se die knop­pe in G­rie­ta Prins­loo se ha­re toe sy van die fi­nis­hing school af ge­kom het. En wat­wou die In­di­ër­win­kel by Ra­mout­sa, daar staan ’n mos­kee na­by die trein­spoor. Die trein­dry­wer wuif vrien­de­lik vir die a­gies wat sy trein met ka­me­ras in­wag.

Dis wat dit so lek­ker maak. ’n Mens be­trap jou­self, al is jy nie eens im­mer op jou bek ge­val nie, hoe mak­lik dit is om hier met vreem­de­lin­ge te praat. Hoe­kom het jul­le ge­kom? ’n Mens kom ook ag­ter par­ty men­se kom jaar vir jaar, van man­ne in two-to­ne-hem­de tot vroue met par­kiet­kui­we en blou stre­pies in die ha­re.

In die Ma­ri­co pas al­mal. Dis men­se wat vir hul­le­self kan lag, wat kom, sê O­li­vier. Dis om­dat ons re­spek vir die plek af­gee dat an­der men­se dit re­spek­teer, sê Van Bart. Want al is daar ’n bo­heem­se geur en men­se met tie­dy­ed kle­re en ’n boer met ’n o­ran­je broek, kan die Ma­ri­co nie weg­kom van sy aard­se eer­lik­heid nie.

Of hoe het Muir nou weer ge­lees,

The wind a­cross the veld is thin And pan­sied li­ke a vir­gin’s skin . . . But the nig­ht-wind . . . oh, w­hen the nig­ht-wind ce­a­ses

A­fri­ca e­mer­ges so­ber with a poet’s woes.

’n Mens be­trap jou­self hoe mak­lik dit is om hier met vreem­de­lin­ge te praat.

Fo­to’s: CA­RIÉ MAAS

Eg­bert van Bart lees uit “Die dans van die re­ën” voor.

S­hai­lesh Pil­lay speel die ta­bla.

Tuis­ge­brou­de bier het die ke­le nat ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.