Kom, wees jul­le nou die reg­ter

Men­se het al­ler­han­de o­pi­nies oor reg­ters en hul uit­spra­ke. In hier­die ru­briek daag reg­ter Jo­hann van der West­hui­zen le­sers uit om self uit­spraak in ’n saak te le­wer.

Beeld - - BY -

‘How could the li­fe of such a man be in the palm of so­me fool’s hand?” So vra die No­bel­prys­wen­ner Bob Dy­lan in sy e­pie­se lied “The Hur­ri­ca­ne”, oor Ru­bin “Die Orkaan” Car­ter. Dié swart A­me­ri­kaan­se bok­ser was glo op pad om wê­reld­kam­pi­oen te word. Weens die uit­spraak van ’n spier­wit reg­ter en ju­rie bly hy toe 20 jaar in die tronk vir ’n moord wat hy nie ge­pleeg het nie.

In hier­die koe­rant ver­skyn soms o­pi­nies van le­sers en ver­slag­ge­wers oor reg­ters. Dit wis­sel van re­spek tot kri­tiek – dat mis­da­di­gers te sag be­han­del word, boe­re wat wer­kers aan­rand te swaar ge­straf word... en nou en dan dat ’n be­swaar­de se eg­skei­ding op­ge­foe­ter is.

Reg­ters is ge­wo­ne men­se wat met op­lei­ding en er­va­ring ver­on­der­stel is om on­af­hank­lik, on­par­ty­dig en reg­ver­dig te wees. Hul be­slis­sings het ’n ont­sag­li­ke im­pak op men­se se le­we. Fou­te word be­gaan; ap­pèl­le slaag.

So, ge­wo­ne mens, jy word uit­ge­nooi om ’n slag­gie reg­ter te speel.

Von­nis­op­leg­ging is ju­ri­dies nie in­ge­wik­keld nie. Die doel van straf is ver­gel­ding (nie wraak nie), re­ha­bi­li­ta­sie en mis­daad­voor­ko­ming deur af­skrik­king. Saam met die erns van die mis­daad, word die be­lang van die ge­meen­skap, slag­of­fer en mis­da­di­ger in ag ge­neem – ge­tem­per deur ’n k­nip­pie ge­na­de.

Op die vlak van mens­li­ke wys­heid en e­mo­sie kos dit eg­ter sla­pe­lo­se reg­ter­li­ke nag­te. P­re­se­den­te help, maar geen twee ge­val­le is pre­sies een­ders nie.

In ’n plat­te­land­se rond­gaan­de hof loop ek hier­die s­to­rie raak. ’n Man in sy mid­del 70’s het sy vrou dood­ge­maak. Eers glo die po­li­sie dat dit ’n plaas­aan­val­ler se werk was. Toe ruik hul­le lont, maar nie­mand – in­slui­tend sy d­rie dog­ters en een seun – weet waar­om hy dit ge­doen het nie.

Op die dag van die ver­hoor pleit hy skul­dig en ver­tel vir die eer­ste keer sy s­to­rie, ten aan­hoor van die dog­ters. Die seun het weg­ge­bly.

Laat op ’n Son­dag­mid­dag het die goe­di­ge o­mie en sy on­ge­veer ewe oue vrou na die plaas waar­op hul woon te­rug­ge­keer, na­dat hul­le hul dog­ter op ’n na­bu­ri­ge plaas be­soek het. Toe bel ’n an­der dog­ter van die dorp af en kla be­noud oor twis met haar eg­ge­noot. Mam­ma dring aan dat hul­le ry om te gaan help. Pap­pa wei­er, want hy kom juis van ’n kind af en is moeg. Hul­le raak in ’n le­li­ke ar­gu­ment be­trok­ke.

Toe Ma ge­noeg het van die feit dat Pa nie vir die kin­ders om­gee nie, slaat sy ’n uit­klop­hou. Daar is iet­sie wat sy al ja­re nie vir man­lief ver­tel het nie. Een van hul kin­ders is nie sy­ne nie. Wie s’n sou dit wees?

Man­lief se eie pa is die pa, bieg sy. Hy en skoon­dog­ter was mos toen­ter­tyd ’n week of wat al­leen saam op die plaas.

Son­der om ver­der te praat, gaan die twee ou­es slaap. Soos sy el­ke aand doen, sit sy die oom se .38 S­pe­ci­al vlak langs sy bed neer, so­dat hy hul­le teen moord­da­di­ge tsot­si’s kan be­skerm.

So 03:00 die nag word die oom wak­ker, stap bui­ten­toe, staar lank na die ster­re en dink. Hy loop te­rug, sien die vuur­wa­pen en skiet die sla­pen­de vrou deur haar kop. Bloed en brein be­smet die wit bed­de­goed.

Die oom stap te­le­foon toe en skiet hom­self van on­der die ken­ne­bak. Dit laat hom doof met ’n ge­breek­te kaak, maar le­wend. Hy skiet weer. Die skoot maak hom blind. Hy ska­kel op een of an­der ma­nier en rap­por­teer ’n in­braak.

Mor­sig strom­pel hy oor die sit­ka­mer­meu­bels en ver­loor sy be­wus­syn.

In die hos­pi­taal hou hy maan­de lank met die in­braak-s­to­rie vol. Tot in die hof. Sy ad­vo­kaat draai die kra­ne van deer­nis oop. Die aan­kla­er is so ge­tref deur al dié dra­ma en ver­driet, dat sy geen vrae in kruis­ver­hoor stel nie. Die tan­nie se weer­ga­we is nie voor die hof nie. Ons weet nie of die oom se tref­fen­de ge­tui­e­nis waar is nie, maar het geen re­de om dit te ver­werp nie. Die reg­ter en as­ses­so­re vra ’n paar vrae, maar mag nie “die a­re­na” be­tree en die ge­tuie kruis­on­der­vra nie. Steeds weet nie­mand na wel­ke kind ver­wys is nie.

Die ef­fek van die tan­nie se me­de­de­ling op haar man se ge­moed is ver­sag­tend; so ook sy ou­der­dom en die ver­lies van ge­hoor in een oor en sig in een oog. Hy het al­les ver­loor en is in­sol­vent.

Verswa­rend is die feit dat hy lank die ge­reg met ’n leu­en ge­dwars­boom het. En te mid­de van ons kom­mer oor ge­sins­ge­weld het hy sy vrou in haar slaap dood­ge­skiet, na­dat sy die eer­ste keer in meer as 30 jaar vir hom die wre­de waar­heid ver­tel het. En sy het hom met die wa­pen ver­trou.

Kom ons sê von­nis­op­sies is (1) le­wens­lan­ge ge­van­ge­nis­straf (met die moont­lik­heid van pa­rool ná 25 jaar); (2) tien jaar; (3) agt jaar, vyf daar­van op­ge­skort (met an­der woor­de hy moet d­rie jaar uit­dien, ten­sy hy weer moor); (4) iets tus­sen­in; en (5) aan­hou­ding tot­dat die hof ver­daag, wat be­te­ken dat hy met moord op sy re­kord vry uit­loop.

Uit­spraak as­se­blief, lie­we le­ser.

Gra­fi­ka: HANLIE MA­LAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.