G’n ver­ve­ling vir jou gas­te by Ze­bra Coun­try Lod­ge

Beeld - - BRUIDE -

Raak ver­lief op Le­gend Hos­pi­ta­li­ty Group se prag­ti­ge plat­te­land­se Ze­bra Coun­try Lod­ge wat na­by die Di­no­keng-wild­re­ser­vaat, slegs ’n half­uur se ry van P­re­to­ria af, ge­leë is.

Hier­die lod­ge is be­kend vir sy gas­vry­heid, vrien­de­li­ke at­mos­feer, ont­haal­lo­ka­le en u­nie­ke ver­blyfop­sies.

Ze­bra Coun­try Lod­ge spog met d­rie lod­ges naam­lik Ze­bra S­ta­bles, Bush Lod­ge en die mooi Moun­tain Lod­ge. Die kom­bi­na­sie van u­nie­ke ont­haal­lo­ka­le en ver­blyf maak dit die per­fek­te plek vir kor­po­ra­tie­we weg­bre­ke, spe­si­a­le ge­leent­he­de en die ti­pe trou­es waar­oor bruids­pa­re droom.

Ze­bra Coun­try Lod­ge is ge­leë in ’n 400 hek­taar-na­tuur­re­ser­vaat. Na­tuur­skoon, we­li­ge plan­te­groei en ver­skeie stroom­pies is ken­mer­kend van die om­ge­wing om hier­die lod­ge. Dit is ’n weg­breek om lig­gaam en siel te ver­fris en waar a­von­tuur er­vaar kan word. Met ’n lys van ak­ti­wi­tei­te in­slui­tend na­tuur­rit­te, warm­lug­bal­lon­rit­te, kul­tu­re­le be­soe­ke aan die sje­bien en N­de­be­le-dor­pie, perd­ry en ve­le meer sal daar nie een ver­ve­li­ge oom­blik wees nie.

Gas­te kan ’n werk­lik ge­mak­li­ke na­tuur­er­va­ring ver­wag met e­tes en gas­vry­heid uit die boon­ste rak­ke. Ont­snap uit die ge­we­mel van die s­tad en be­soek he­mel op die plat­te­land.

Vir meer in­lig­ting, be­soek le­gend­hos­pi­ta­li­ty.co.za, s­tuur ’n e-pos na re­ser­va­ti­ons@le­gend­lod­ges.co.za of ska­kel 012 443 6700.

■ Die wen­bruid wen twee nag­te vir twee men­se by En­ta­be­ni Sa­fa­ri Con­ser­van­cy in die Hang­klip- of King­fis­her-lod­ge. Dit sluit d­rie maal­tye en twee wil­drit­te per dag in en die waar­de is R18 180. Die bruid in die twee­de plek wen twee nag­te vir twee men­se by die Leg­end Golf & Sa­fa­ri-oord. Dit is R10 100 werd en sluit ont­byt in.

Die bruid in die der­de plek wen twee nag­te vir twee men­se by die Ze­bra Coun­try Lod­ge. Die waar­de is R5 460 en sluit ont­byt in.

Die an­der ne­ge fi­na­lis­te wen een nag vir twee men­se by die Ze­bra Coun­try Lod­ge. Dit sluit ont­byt in en die prys is R2 730 werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.