’n Mak­li­ke Ca­pe E­pic be­staan nie

Beeld - - LEEFSTYL - TERÉSA COET­ZEE @te­re­sa­coet­zee

Ek was in Mau­ri­ti­us vir die jaar­lik­se Be­a­chcom­bers Vets & Mas­ters-fiets­ry­toer toe vol­gen­de jaar se roe­te vir die Ab­sa Ca­pe E­pic be­kend ge­stel is. (Ge­woon­lik is hier­die funk­sie een van die hoog­te­pun­te op my me­di­a­lys, want selfs ter­wyl ’n mens die nu­we roe­te daar op die groot­skerm sien, pak die se­nu­wees en a­dre­na­lien jou al beet. Maak nie saak wat die af­stand, die klim of die dor­pe is waar­deur jy gaan ry nie, een ding kan jy maar weet, die E­pic word nie ver­niet die E­pic ge­noem nie en dit gaan ’n uit­da­gen­de, uit­mer­ge­len­de mul­ti­fa­se-ma­ra­thon wees.)

Hier­die jaar moes ek die be­kend­stel­ling maar so via die so­si­a­le­me­di­a­ka­na­le dop­hou en van Mau­ri­ti­us af op­tel wat al­mal oor vol­gen­de jaar se ren te sê het. Natuurlik het die nuus my tot op die ei­land be­reik dat vol­gen­de jaar se Ab­sa Ca­pe E­pic een van die moei­lik­stes tot nou toe gaan wees.

Van­dat ek in 2011 die eer­ste keer ’n E­pic-roe­te­be­kend­stel­ling by­ge­woon het, is daar nog el­ke jaar hoog en laag ge­sweer dat dit een van die moei­lik­stes ooit gaan wees. En na­dat ek self al ’n paar E­pi­cs aan­ge­pak het, is daar een ding wat ek weet, daar be­staan nie so ’n ding soos ’n mak­li­ke, of ’n mak­li­ker E­pic nie.

Die E­pic word el­ke jaar spe­si­fiek so ont­werp en uit­ge­lê om moei­lik te wees. Punt. En net so­dra jy be­gin dink dit gaan dalk reg­tig nie so erg wees nie, bring Moe­der Na­tuur haar deel en dan kry jy ’n dwars­klap deur e­le­men­te soos wind, hit­te­gol­we, kou­e­fron­te en re­ën. Die Kaap word nie ver­niet die Kaap van Storms ge­noem nie . . .

Vol­gen­de jaar strek die Ca­pe E­pic oor 624 km, wat veel kor­ter is as van die vo­ri­ge ja­re. Die lang­ste skof is die twee­de dag wan­neer ry­ers ’n 112 km-sir­kel­roe­te om Hermanus ry, met ’n ver­ti­ka­le klim van 2 700 m. Maar teen dié tyd weet ek ook al goed ge­noeg dat die daag­lik­se af­stand en ver­ti­ka­le klim eint­lik niks voor die tyd vir jou sê nie. Die ter­rein, die weer en af­sny­tye speel net so ’n groot rol en daar is al­tyd fak­to­re soos jou fiets se me­ga­ni­ka waar­oor jy ab­so­luut geen be­heer het nie.

In die vroeë ja­re van die Ca­pe E­pic was daar heel­wat skof­te ver oor die 100 km en in daar­die dae het af­stan­de van 144 km ty­dens een skof mak­lik op die roe­te­pro­fiel ver­skyn.

In 2005 moes ry­ers 144 km ry tus­sen Ge­or­ge en Her­berts­da­le met 2 720 m ver­ti­ka­le klim en in 2011 was die lang­ste skof 143 km met 2 350 m klim.

Die ry­ers gaan vol­gen­de jaar klim dat dit klap met al­te­saam 16 650 m oor die 624 km-af­stand. Daar is weer ’n tyd­ren reg in die mid­del waar ry­ers 1 000 m oor net 43 km gaan klim. Ver­le­de jaar se tyd­ren in Wel­ling­ton was vir my een van die heel erg­ste skof­te wat ek ty­dens e­ni­ge mul­ti­fa­se-ma­ra­thon al ge­ry het, want ons het in die hit­te van die dag eers be­gin ry en daar­die vin­ni­ge, krag­ti­ge skof­te is glad nie hier­die sta­di­ge die­sel­en­jin van my se ding nie.

In­tus­sen is Ok­to­ber nie net een van die mooi­ste maan­de van die jaar nie, maar dis ook een van die be­sig­ste maan­de op die fiets­ry-ka­len­der. Hier­die na­week vind die Berg & Bush en die S­wa­zi Fron­tier plaas en mô­re skop die Ca­pe Pi­o­neer Trek in Mos­sel­baai af.

Daar­na is dit tyd vir die Wi­nes2W­ha­les en moe­nie ver­geet om in te skryf vir die Tsw­ha­ne Clas­sic-pad­fiets­ren wat 4 No­vem­ber by die Voor­trek­ker­mo­nu­ment be­gin nie. In­skry­wings sluit reeds 23 Ok­to­ber. Hier­die ren het vol­le­di­ge pad­slui­tings.

Fo­to: SPORTOGRAF

Terésa Coet­zee ty­dens die Ca­pe E­pic.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.