Lek­ker vega­nis­tie­se ker­rie­pas­taslaai

Beeld - - LEEFSTYL - Kar­la Jan­se van Vuuren deur Le­o­zet­te Roode word deur Hu­man & Rous­seau uit­ge­gee en is be­skik­baar teen R315.

Ek is nou een­maal ’n vleis­lief­heb­ber, maar die heer­li­ke re­sep­te in The South A­fri­can Ve­gan Cook­book wat ek on­langs on­der oë ge­kry het, sal my oor­tuig om so nou en dan ab­so­luut vleis­vry te kook. Die boek be­vat 80 ge­sins­vrien­de­li­ke re­sep­te vir al­les van ont­byt en peu­sel­hap­pies tot vul­len­de aand­e­tes.

Die skry­wer, Le­o­zet­te Roode, is ’n blog­ger en die­re­reg­te­ak­ti­vis en een van Suid-A­fri­ka se gees­drif­tig­ste kamp­veg­ters vir ’n “groe­ner” leef­styl.

Van­dag deel ek ’n re­sep wat my oog ge­vang het vir ’n smul­lek­ker ker­rie­pas­taslaai.

Jy be­no­dig (vir 6-8): Vir die pas­ta:

½ pak­kie ei­er­lo­se pas­ta 1 ui, ge­kap

1 soet­ris­sie, ge­kap 1 kop­pie ro­sy­ne

Vir die sous:

1 kop­pie son­ne­blom­o­lie ½ kop­pie wit­wyn­a­syn

3½ e ker­rie­poei­er

½ kop­pie ta­ma­tie­sous

½ kop­pie sui­ker

3 drup­pels Ta­bas­co (op­si­o­neel) sout en pe­per, na smaak

Só maak ’n mens:

1. Kook die pas­ta vol­gens die aan­wy­sings op die ver­pak­king. D­rei­neer en hou een­kant.

2. Meng al die sous­be­stand­de­le in ’n groot meng­bak.

3. Voeg die koue pas­ta by die sous en meng ver­sig­tig. Voeg die res van die bestanddele by en roer deur.

4. Plaas ’n uur in die ys­kas om be­hoor­lik af te koel, en sit lek­ker koud voor.

■ The South A­fri­can Ve­gan Cook­book

Fo­to: MYBURGH DU P­LES­SIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.