Kyk ’n bie­tjie boon­toe

Beeld - - LEEFSTYL -

Die ver­to­ning by die ster­re­wag be­gin Sa­ter­dae om 20:00, mits dit al don­ker ge­noeg is. Ver­lief­de paar­tjies en ge­sin­ne met tie­ners – doel­loos son­der sel­foon­ont­vangs – gaan sit op die be­ton­ban­kies wat in half­maan­vorm na die groot skerm kyk.

Die sons­on­der­gan­ge is skil­der­ag­tig – ’n ge­pas­te voor­spel tot die Ce­der­ber­ge se s­ter-skou­spel. Die Ce­der­berg Astro­no­mi­cal Ob­ser­va­to­ry (CAO) be­hoort aan se­we ster­re­kun­di­ges en hul­le be­dryf dit son­der wins­be­jag. Toe­gang is gra­tis, maar be­soe­kers kan sken­kings laat.

Voor­da be­soe­kers deur die te­le­sko­pe kyk, gee die ster­re­kun­di­ge aan diens, die hart­li­ke Way­ne Trow, ’n kort le­sing oor ons son­ne­stel­sel, die melkweg en die heel­al. Hy wys ook waar be­ken­de ster­re in die nag­he­mel skyn en be­ant­woord vrae uit die ge­hoor.

Hy ver­toon fo­to’s van he­mel­lig­ga­me wat deur die Hub­ble- en an­der te­le­sko­pe ge­neem is en dan kry be­soe­kers kans om deur die CAO se twee Dob­son-te­le­sko­pe te kyk.

Vir som­mi­ge sal don­ker­maan die bes­te tyd wees, om­dat die ster­re dan die dui­de­lik­ste is. Ek ver­kies half­maan – wan­neer ’n mens ook die maan “van na­by” met ’n te­le­skoop kan be­won­der.

Die CAO is nie met vol­maan oop nie. Dit het niks met weer­wol­we te doen nie; die maan­lig is een­vou­dig te hel­der, wat dit moei­lik maak om ver­af­ge­leë ster­re te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.