VRA VIR ERNST

Beeld - - LEEFSTYL - Ernst van Jaars­veld

Ja­pie Claas­sen van Beau­fort-Wes in die Ka­roo skryf: Ernst, ’n vriend, Ke­vin Drum­mond, het dié plant­jie (fo­to) op Eier­kop in die sui­de van die Tank­wa af­ge­neem. Kan jy dalk met i­den­ti­fi­se­ring help?

Antwoord:

Ja­pie, die plant­jie is ’n ti­pe in­heem­se su­ring (Oxa­lis sp.) uit die Tank­wa. Die su­ring­groep (Oxa­lis) in die win­ter-re­ën­val­streek is baie groot. Te­wens, dit is een van die wê­reld se ver­naam­ste su­ring­di­ver­si­teitsen­tra.

Plant­kun­di­ges by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch doen na­vor­sing oor die plan­te en ver­al hul klas­si­fi­ka­sie. Ek sal die fo­to aan prof. Li­aan D­rey­er s­tuur met jou e-pos.

Su­rings as tuin­plan­te het ge­wel­di­ge po­ten­si­aal en is on­der­be­nut. Die ver­skei­den­heid in k­leur en vorm is merk­waar­dig.

Su­rings is twee­saad­lob­bi­ge plan­te wat hul­le soos bol­le ge­dra. Hul­le vaar ook baie goed in hou­ers en is kleur­vol as dit blom. Som­mi­ge het twee­kleu­ri­ge blom­me, soos die Ox­a­lis obtu­sa en die O. fer­gus­o­a­niea.

An­dré en Ja­ni­ne Wil­lem­se van Port Elizabeth skryf:

Ons per­skes (nek­ta­riens) en pe­re was met die

laas­te oes vol wurms. Wat kan ek ge­bruik en wan­neer moet ek spuit? Ie­mand be­veel Cy­per­methrin aan. Is dit reg?

Antwoord:

An­dré, som­mi­ge ja­re is die plae er­ger en an­der tye weer min­der. Dit is be­ter om ’n nou­keu­ri­ge spuit­pro­gram te volg vir die bes­te re­sul­ta­te. Per­skes is baie vat­baar vir vrug­te­vlieë. Be­gin spuit as die vrug om en by al­bas­ter­groot­te is en her­haal dan el­ke twee we­ke.

Die mid­del wat jy ge­noem het, is reg. Ont­hou die vei­lig­heids­tyd­perk na­dat jy op­ge­hou spuit het. Dit word op die hou­er van die mid­del aan­ge­dui.

Ja­c­ques S­muts skryf:

Ernst, ons het hier ’n plant wat ons as ’n steg­gie van ’n ken­nis ge­kry het. Vol­gens die per­soon het haar man die plant ja­re ge­le­de van Na­mi­bië of die aan­gren­sen­de Noor­dKaap af ge­bring. Dit groei mak­lik van steg­gies. Ons het ons plant, wat tans am­per d­rie me­ter hoog is, min­der as twee jaar ge­le­de van ’n en­ke­le loot ge­kweek. Die jong lo­te skei melk­sap af waar dit van die stam­lo­te af­ge­breek word. Ons sal dit waar­deer as jy die plant vir ons kan i­den­ti­fi­seer.

Antwoord:

Ja­c­ques, jou plant is ’n melk­bos­soort vanuit Suid-A­me­ri­ka as ek reg kan ont­hou.

Dit word dik­wels in die Noord-Kaap en Na­mi­bië aan­ge­kweek en ek het dit taam­lik on­langs weer op die lug­ha­we by Wind­hoek ge­sien. Vir le­sers wat die plant nie ken nie: dit is ’n ver­tak­te strui­kie met k­lein blaar­tjies en vle­si­ge tak­kies en her­in­ner ’n bie­tjie aan ons in­heem­se melk­bos­soor­te, maar sy pienk blom­me­tjies on­der­skei hom on­mid­del­lik. Dit is baie droog­te­be­stand en dit is die re­de dat die plant so ge­wild in daar­die de­le is.

Ke­vin Drum­mond se su­ring(Ox­a­lis sp.) wat hy op Eier­kop in die Tank­wa- of Ce­resKa­roo af­ge­neem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.