Bek­ge­veg oor Ba­fa­na

SAUK ‘was be­ter vir sok­ker in a­part­heid’, kla Sa­fa

Beeld - - SPORT - Jo­hann de Ja­ger

Ba­fa­na Ba­fa­na se wed­stryd van­dag teen die Sey­chel­le was die laas­te paar dae niks meer nie as ’n speel­bal, ter­wyl bek­ge­veg­te tus­sen die Suid-A­fri­kaan­se Sok­ker­ver­e­ni­ging (Sa­fa) en die SAUK die op­bou oor­heers het.

Die Suid-A­fri­kaan­se sok­ker­span en sy e­we­knie van die Sey­chel­le is van­dag in Johannesburg slaags in ’n kwa­li­fi­seer­der vir die A­fri­ka­be­ker-toer­nooi.

Sa­fa het Don­der­dag ge­sê die wed­stryd sal nie deur die SAUK uit­ge­saai word nie om­dat die par­tye ná ’n jaar nog nie ’n oor­een­koms kon sluit nie.

Dan­ny Jor­daan, Sa­fa se uit­voe­ren­de hoof, het die SAUK se aan­bod as “min­ag­tend” be­skryf. Hy het ont­hul dat die aan­bod om al die na­si­o­na­le wed­stry­de uit te saai van ’n aan­vank­li­ke R150 mil­joen tot R10 mil­joen af­ge­neem het.

Sa­fa brom tus­sen­deur ook om­dat die SAUK, wat in ’n gel­de­li­ke ver­knor­sing is, wel oor­een­ge­kom het om wed­stry­de van die En­gel­se P­re­mier­liga so­wel as die nu­we T20-krie­ket­reeks uit te saai. In ’n ver­kla­ring gaan die sok­ker­ligaam so ver om te sê die SAUK het selfs in die a­part­heids­ja­re be­ter ge­kyk na sok­ker as nou.

“Dis dui­de­lik dat (die SAUK) hier­mee Sa­fa se gel­de­li­ke on­der­gang te­weeg wil bring en die ver­e­ni­ging sal dit nie duld nie,” sê Sa­fa.

Mid­de-in die mod­der­gooi­e­ry het Su­perS­port ’n ga­ping ge­sien en be­sluit om die wed­stryd, wat om 15:00 be­gin, uit te saai op SS4 en SS10.

Daar be­staan wel nog ’n moont­lik­heid dat die ge­veg tus­sen Sa­fa en die SAUK voor die af­skop ont­lont kan word en die wed­stryd wel deur die o­pen­ba­re uit­saai­er uit­ge­saai word.

Dít het met die vo­ri­ge groep­wed­stryd teen Li­bië in Sep­tem­ber in Dur­ban ge­beur.

Toe het Sa­fa skyn­baar uit goe­der­trou en in weer­wil van die feit dat daar nie ’n kon­trak is nie, toe­ge­laat dat die SAUK die wed­stryd mag uit­saai – maar met ’n be­lof­te dat ’n kon­trak voor van­dag se wed­stryd ge­sluit sou word.

Die SAUK het Don­der­dag in ’n ver­kla­ring van sy eie ge­sê hy het wel ’n le­wens­vat­ba­re aan­bod ge­had, maar dat Sa­fa dit ver­werp het. Hy voer aan daar was geen be­lof­tes voor die vo­ri­ge wed­stryd nie.

Ba­fa­na Ba­fa­na kan met ’n se­ge oor die Sey­chel­le (189ste op die wê­reld­rang­lys) die voor­tou in Groep E neem. Die twee span­ne wat bo aan Groep E ein­dig, sal vir aan­staan­de jaar se toer­nooi om die A­fri­ka­be­ker kwa­li­fi­seer. Ni­ge­rië speel van­dag tuis in Ka­du­na teen Li­bië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.