S­pe­le-goud vir SA gim­nas Lan­ge

Beeld - - SPORT - – S­port­re­dak­sie

Die gim­nas Ru­an Lan­ge het Don­der­dag ’n goue me­dal­je by die O­lim­pie­se Jeug­spe­le in Bu­e­nos Ai­res, Ar­gen­ti­nië, ver­o­wer.

Lan­ge was deel van die ge­meng­de gim­nas­tiek­span, Te­am Si­mo­ne Bi­les, wat die goue me­dal­je in dié span­kom­pe­ti­sie, waar­in span­ne wat uit 12 veel­sy­di­ge gim­nas­te van ver­skeie lan­de be­staan, ge­wen het.

Vir dié kom­pe­ti­sie is gim­nas­te van ver­skil­len­de lan­de wat in ’n ver­skei­den­heid dis­si­pli­nes spe­si­a­li­seer, in 13 ver­skil­len­de span­ne in­ge­deel. Elk van dié span­ne is na ’n le­gen­da­rie­se gim­nas ver­noem.

Lan­ge het Te­am Si­mo­ne Bi­les in ar­tis­tie­ke gim­nas­tiek ver­teen­woor­dig, ter­wyl an­der gim­nas­te hul slag in tram­po­lien- en rit­mie­se gim­nas­tiek ge­wys het.

“Hier­die er­va­ring was on­ge­loof­lik. Ek het nie ver­wag ons gaan wen nie, maar ek is bly ons het. Ek het nu­we vrien­de ge­maak en dit was won­der­lik,” sê Lan­ge.

Ke­vin Bas­son, Suid-A­fri­kaan­se af­rig­ter vir ar­tis­tie­ke gim­nas­tiek vir mans, sê hy is baie trots op Lan­ge.

“Ru­an se ver­to­ning is ’n groot pres­ta­sie. Die druk op hom op die eer­ste dag was baie in­te­res­sant en hy het ge­wys hy kan kalm bly,” sê hy.

Lan­ge se me­dal­je tel nie vir Suid-A­fri­ka op die me­dal­je­leer nie, aan­ge­sien hy aan ’n ge­meng­de span­kom­pe­ti­sie deel­ge­neem het.

In die an­der sport­soor­te het dit nie te wat­won­ders vir die Suid-A­fri­ka­ners ver­loop nie.

Die gholf­spe­lers Co­le S­te­vens en Kai­yu­ree Mood­ley het die 21ste en 22ste plek in die in­di­vi­du­e­le hou­e­spel­kom­pe­ti­sie vir mans en vroue be­haal.

Die drie­kamp­span het die ne­gen­de plek in die eind­ron­de van die ge­meng­de span-af­los be­haal.

In die swem­kom­pe­ti­sie het die vroue-af­los­span in die 4x100 m-wis­sel­slag ses­de in die eind­ron­de ge­ëin­dig, ter­wyl Mi­cha­el Hou­lie die vin­nig­ste tyd in die 50 m-bors­slag se mans­uit­dun­ne be­haal het. Hou­lie het so­doen­de vir die eind­ron­de (wat van­og­gend kort ná mid­der­nag plaas­ge­vind het) ge­kwa­li­fi­seer.

On­der die ge­wig­op­tel­lers het Jay­den Pretorius die ses­de plek be­haal in die eind­ron­de van die 77 kg-ka­te­go­rie vir mans.

Op die at­le­tiek­baan het Pru­den­ce Sek­go­diso die twee­de vin­nig­ste tyd in die uit­dun­ne van die 800 m.

Fo­to: GETTY IMAGES

Mi­cha­el Hou­lie, wat van­og­gend kort ná mid­der­nag aan die eind­ron­de van 50 m-bors­slag sou deel­neem, het die vin­nig­ste tyd in die uit­dun­ne be­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.