Mor­ris en Moo­re skit­ter in Centurion

Beeld - - SPORT - – Chris­to Bu­ch­ner

Ed Moo­re, aan­vangs­kol­wer van die War­ri­ors, het gis­ter op Su­perS­port­park ’n uit­son­der­li­ke pres­ta­sie be­haal toe hy reg­deur die War­ri­ors se eer­ste kolf­beurt op die eer­ste dag van die meer­dag­wed­stryd teen die Ti­tans ge­kolf het.

Dank­sy Moo­re se skit­ter­beurt (116*, 345 mi­nu­te, 203 bal­le, 16x4, 2x6) het die War­ri­ors 307 in hul eer­ste beurt be­haal.

Moo­re het goeie on­der­steu­ning by Ya­seen Val­lie (52, 76 m, 55 b, 11x4) ge­kry.

Met die uit­skei­tyd het die Ti­tans 24/1 ge­had, nog 283 lo­pies ag­ter die ste­wi­ge tel­ling van die War­ri­ors.

Ter­wyl Moo­re uit­ge­troon het vir die be­soe­kers, was dit Chris Mor­ris (6/66 in 18 beur­te) wat die mees­te ska­de met die bal aan­ge­rig het vir die Ti­tans.

Dié le­ni­ge snel­bou­ler het met dié puik ver­to­ning ook ’n ty­di­ge bood­skap aan die na­si­o­na­le keur­ders uit­ge­stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.