‘Kop­pi­ge’ WP-jon­ge tot 1 Maart ge­skors

Beeld - - SPORT - S­te­phen Nell

Chris­ti­an Am­ba­di­ang, o.19-rug­by­spe­ler van die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, sal eers op 1 Maart weer mag speel na­dat hy in ’n tug­ver­hoor van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) aan erns­ti­ge vuil­spel skul­dig be­vind is.

Am­ba­di­ang is skul­dig be­vind aan twee af­son­der­li­ke voor­val­le in die wed­stryd teen die OP se o.19-span op 28 Sep­tem­ber in Port Elizabeth. Hy en die OP-spe­ler Dy­lan le Roux is al­bei met ’n rooi­kaart af­ge­stuur ná ’n vuis­ge­veg. Met die af­stap het Am­ba­di­ang vir Le Roux met die kop ge­stamp.

Vol­gens ’n woord­voer­der van Sa­ru is Am­ba­di­ang vir d­rie we­ke ge­skors vir die rooi­kaart. Die vleu­el het reeds die WP o.19-span se wed­stryd teen die Lui­perds ver­le­de Sa­ter­dag mis­ge­loop en mag nie vir 20 Ok­to­ber se half­eind­stryd teen die Haaie oor­weeg word nie.

Daar­na tree ’n nu­we skor­sing van 16 we­ke in wer­king vir die kop­stamp. Dis in twee de­le op­ge­deel so­dat De­sem­ber nie deel daar­van vorm nie. Hy gaan dus die S­tor­mers se voor­sei­soen ook mis­loop. Am­ba­di­ang, wat in 2017 as die WP o.19-span se be­lo­wend­ste spe­ler aan­ge­wys is, het van­jaar al saam met die S­tor­mers ge­oe­fen.

Sy kop­stamp het op­slae ge­maak na­dat beeld­ma­te­ri­aal daar­van op so­si­a­le me­dia ver­skyn het.

Die WP het ook met ’n in­ter­ne tug­pro­ses teen Am­ba­di­ang be­gin.

Fo­to: WP RUG­BY

Chris­ti­an Am­ba­di­ang

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.