Haai-bre­kers wil Rassie aan hul deug­de her­in­ner

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den Haaie: S­keids­reg­ter: As­sis­tent-skeids­reg­ters: TV-s­keids­reg­ter: Af­skop:

Et­li­ke Haaie-spe­lers sal van­dag teen G­rie­kwas in Kim­ber­ley met een doel voor oë op die veld draf: Om vir Rassie Eras­mus te oor­tuig om hul­le saam te neem op die Bok­ke se jaar­eind­toer.

Die Haaie is reeds van ’n plek in die Cur­rie­be­ker-reeks se half­eind­ron­de ver­se­ker. Hul­le be­hoort ook nie veel weer­stand van G­rie­kwas te kry nie.

Maar vir spe­lers soos Coe­nie Oost­hui­zen, Ak­ker van der Mer­we, Dan du P­reez, Je­an-Luc du P­reez, T­ho­mas du Toit, Cur­win Bosch en Sbu N­ko­si is daar baie op die spel.

Al dié spe­lers, met die uit­son­de­ring van Oost­hui­zen, het van­jaar vir die Bok­ke ge­speel, maar is la­ter hul plek­ke kwyt.

N­ko­si en Je­an-Luc du P­reez is al­bei wel weens beserings uit die Bok-groep ge­laat, maar hul­le sal al­bei wil be­wys hul­le is weer wed­stryd­fiks.

N­ko­si be­gin op reg­ter­vleu­el, ter­wyl Du P­reez sy te­rug­keer van die plaas­ver­van­gers­bank af kan maak.

Oost­hui­zen be­vind hom vir die eer­ste keer van­jaar in ’n be­gin­span na­dat hy van ’n erns­ti­ge knie­be­se­ring her­stel het.

Du Toit, wat op die bank sit, was vroe­ër van­jaar die Bok­ke se ver­ko­se vas­kop-ad­ju­dant, maar het in on­guns ver­val.

Dan du P­reez won­der se­ker wat Sik­hum­bu­zo Nots­he be­ter as hy ge­doen het om in die Bok­groep te bly na­dat Du P­reez te­rug­ge­stuur is Haaie toe.

Ook Van der Mer­we krap se­ker kop na­dat hy vroe­ër van­jaar sy Bok-bui­ging ge­maak het en toe uit die groep ge­laat is.

Bosch kry vir die eer­ste keer van­jaar speel­kans in sy voor­keur­po­si­sie van los­ska­kel.

Vir G­rie­kwas is daar ook baie op die spel. Hul­le sal hul brei­er, Peter Eng­le­dow, op ’n hoë noot wil groet voor­dat hy hom as die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl se eer­ste­spa­n­af­rig­ter gaan ves­tig.

■ AJ Coert­zen, E­de­ries A­rend­se, Ky­le S­teyn (k), An­dré Swarts, En­ver Brandt, Ge­or­ge W­hi­te­he­ad, Zak Bur­ger, Con­way Pretorius, Sias Koen, Wen­dal Wehr, Pie­ter Jansen van Vu­ren, Sin­tu Man­je­zi, E­wald van der West­hui­zen, Khwe­zi Mk­ha­fu, De­von Mar­ti­nus. PLAASVERVANGERS: Li­am Hen­dricks, Ni­co­laas Oost­hui­zen, Jo­no Jan­se van Rens­burg, Ei­tal B­re­den­kamp, Lou­is Ven­ter, S­te­phan Jan­se van Rens­burg, Ed­win Sass.

Ap­he­le­le Fas­si, Sbu N­ko­si, Je­re­my Ward, Ro­bert du P­reez, L­wa­zi M­vo­vo, Cur­win Bosch, Lou­is S­chreu­der (k), Dan du P­reez, Ty­ler Paul, Ja­c­ques Ver­meu­len, Hy­ron Andrews, Gi­de­on Koe­ge­len­berg, Coe­nie Oost­hui­zen, Ak­ker van der Mer­we, Ju­an S­choe­man. PLAASVERVANGERS: C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, T­ho­mas du Toit, JJ van der Mes­cht, Je­an-Luc du P­reez, Grant Wil­li­ams, Ma­ri­us Louw, Ko­bus van Wyk.

Ma­ri­us van der

Die span­ne is: G­rie­kwas:

West­hui­zen.

Ben

Crou­se en Ja­co Kot­ze. Lou­rens van der Mer­we.

15:00 (SS 1, M-Net).

Fo­to: GALLO IMAGES

Ro­bert du P­reez jr. gaan op bin­ne­sen­ter vir die Haaie teen G­rie­kwas uit­draf.

Fo­to: ARGIEF

Peter Eng­le­dow groet G­rie­kwas van­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.