Faf-hul­le sal nie van plan af­wyk, sê Ko­li­si

Bok­ke skat g’n span ge­ring

Beeld - - Voorblad - Co­bus Claas­sen

Rug­by­lui in Frank­ryk is op die oog af nie baie op­ti­mis­ties oor hul span se kan­se teen die S­pring­bok­ke in Pa­rys nie.

Dit is nie juis ’n ver­ras­sing nie met die Ha­ne wat agt­ste op die wê­reld­rang­lys is en vroe­ër van­jaar sul­ke droe­wi­ge ver­to­nings in Nieu-See­land teen die All Blacks ge­le­wer het.

S­pring­bok-on­der­steu­ners sal ná die te­leur­stel­ling teen ’n ge­lap­te En­gel­se span ver­le­de Sa­ter­dag self taam­lik skep­ties oor die Bok­ke se kan­se wees.

Siya Ko­li­si, Bok-kap­tein, sê dit pla ’n mens om so te ver­loor soos op T­wic­ken­ham toe die En­gel­se met 12-11 ge­se­ë­vier het.

“Of dit nou met een of met 20 pun­te is, ver­loor is ver­loor. Ons het die laas­te twee toet­se met en­ke­le pun­te ver­loor, maar dit maak dit nie mak­li­ker nie.

“Ek moet eer­lik wees, dit was moei­lik om ná die tyd (op T­wic­ken­ham) met die man­ne te ge­sels.

“Jy weet jy moet aan­be­weeg, maar dit knaag aan ’n man.”

Kort­om, dit is soms be­ter om van die veld af te stap met die we­te dat jy deur ’n be­ter span ge­klop is. Dit is nou ge­da­ne sa­ke en teen Frank­ryk is al die fo­kus daar­op dat die S­pring­bok­ke hul toer op koers kry.

Vol­gens Ko­li­si gaan hul­le, of dit nou re­ën of nie, nie af­wyk van hul wed­stryd­plan nie.

“Ons het daar­oor ge­praat dié week. Die twee ne­der­lae be­te­ken nie dat daar nou twy­fel by ons is oor die pad vo­ren­toe nie. Dit is nie as­of ons ont­spoor het nie.”

En hul­le be­na­der ook nie die toets met die op­vat­ting dat dit nie teen een van die top­span­ne op die wê­reld­rang­lys is nie.

“Dit is ’n nu­we Fran­se span en hul­le het tuis­veld­voor­deel. Ons is nie tans in ’n si­tu­a­sie om e­ni­ge span ge­ring te skat nie.”

Ko­li­si sê hy is nie be­kom­merd dat sy span weer so ver­suk­keld in die lyn­sta­ne sal wees soos op T­wic­ken­ham nie – al is hul­le son­der die ve­te­raan-slot E­ben Et­ze­beth. “Ons het hard ge­werk daar­aan. Dit was uit­ein­de­lik net vier keer wat ons be­sit ver­loor het, maar dit kon ’n heng­se ver­skil aan die uit­slag ge­maak het. Ek dink ons het so ’n bie­tjie rit­me en tyds­be­re­ke­ning ge­kort.”

Die laat af­skop 21:05 (22:05 SuidA­fri­kaan­se tyd) is ook nie ’n na­deel nie, sê die Bok­ke se lei­er.

“Ons pas ons roe­ti­ne met ’n paar uur aan en ons het ver­le­de jaar ook laat af­ge­skop in die toets hier, so dit is nie iets wat vreemd is vir ons nie.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Faf de K­lerk by die S­pring­bok­ke se oe­fe­ning vroe­ër van­dees­week in Pa­rys, Frank­ryk.

Fo­to: GALLO IMAGES

Siya Ko­li­si, Fran­co S­mith, Da­mi­an de Al­len­de en I­van van Zyl van­dees­week op die oe­fen­veld in Pa­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.