Wat om te weet en waar om te ry

Beeld - - Voorblad -

Op Son­dag 18 No­vem­ber vind die jaar­lik­se 947 Cy­cle C­hal­len­ge, die groot­ste fietsren in Gau­teng weer plaas en so­wat 30 000 fiets­ry­ers neem el­ke jaar die stra­te van Jo­han­nes­burg op hier­die dag oor.

Hier is al­les wat jy oor die dag moet weet.

Wat om te ont­hou

Maak se­ker jou fiets is ge­diens en dat hy in ’n goeie ry­toe­stand is. Moe­nie wag tot Sa­ter­dag­mid­dag voor­dat jy hom uit die mo­tor­huis haal en af­stof nie.

Sit jou kle­re reg die aand voor die tyd, of pak so­lank jou fiets­rys­ak so­dat jy nie die og­gend van die hoef te skar­rel, en dalk iets ver­geet nie. Ont­hou jou fiets­ry­hemp, broek, kou­se, skoe­ne, hand­skoe­ne en be­lang­rik­ste: jou val­helm.

Ont­hou jou tyd­mo­ni­tor (ti­ming chip). Son­der hom kan jy nie deel­neem nie! Jou tyd­mo­ni­tor word ge­woon­lik aan jou fiets vas­ge­maak. Ge­bruik ka­bel­slui­ters (ca­ble ties) om hom ste­wig aan die fiets vas te maak.

Sorg dat jy hier­die week ge­noeg wa­ter drink, eet en slaap. Baie fiets­ry­ers drink ’n mag­ne­si­um­aan­vul­ling voor ’n groot ren. Mag­ne­si­um stel jou lig­gaam in staat om e­ner­gie be­ter te me­ta­bo­li­seer, en ver­hoed ook kram­pe.

Moe­nie met e­nig­iets nuut op die dag van die ren eks­pe­ri­men­teer nie. Eet ’n ont­byt waar­aan jy ge­woond is; ha­wer­mout­pap is al­tyd ’n goeie i­dee om­dat dit e­ner­gie sta­dig vry­stel.

Ont­hou om jou wa­ter­bot­tel met ’n e­ner­gie­dran­kie wat jy ken te vul, en ont­hou om ge­reeld te drink. Sit ’n paar peu­sel­hap­pies in jou sak, vir wan­neer jy by die weg­spring wag en la­ter ter­wyl jy ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.