Eer­ste vra­e­stel re­de­lik, sê ma­trieks

Beeld - - Voorblad - And­rea K­ü­sel

Ma­tri­ku­lan­te het gis­ter die eer­ste lewenswetenskappe-vra­e­stel ge­skryf.

In die al­ge­meen was dit bil­lik, hoe­wel daar vrae was wat gro­ter in­sig ge­verg het, sê som­mi­ge leer­lin­ge aan die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof in P­re­to­ria.

“Daar was nie reg­tig iets wat be­son­der moei­lik of uit­da­gend was nie.

“Dit was ’n be­ter vra­e­stel in ver­ge­ly­king met die re­kord­ek­sa­men s’n,” sê Car­la S­mit (18), hoof­mei­sie van dié skool.

Vraag 2.3 was vir haar moei­li­ker. Dit han­del oor ’n on­der­soek om die uit­wer­king van die lig­gaams­mas­sa-in­deks en rook op vrug­baar­heid te be­paal.

Leer­lin­ge moes dan ver­skeie vrae be­ant­woord oor hoe die on­der­soek ge­doen is en waar­om die on­der­soek se uit­slae as be­trou­baar be­skou kan word.

“Dit is iets waar­voor jy meer in­sig no­dig ge­had het as te­o­re­tie­se ken­nis waar­voor jy kon leer, so ek dink dis waar­om dit uit­da­gen­der was,” sê Car­la.

I­ne­ke Rib­bens (18) sê al die on­der­wer­pe waar­oor hul­le in die klas ge­leer het, is in die vra­e­stel ge­dek.

“Ek dink dit was ’n re­de­li­ke vra­e­stel. Al­les was voor die hand lig­gend.”

Sy stem saam dat vraag 2.3 ’n bie­tjie uit­da­gend was.

Sy het nie e­ni­ge taal- of spel­fou­te in die vra­e­stel raak­ge­sien nie, maar meen som­mi­ge vrae was dub­bel­sin­nig ge­stel.

Mar­cel Zehn­der (17), on­der­hoof­seun van die skool, sê die vra­e­stel was vir hom ’n uit­da­ging.

“Daar was moei­li­ker in­sig­vrae wat die vra­e­stel moei­li­ker ge­maak het as dié van die re­kord­ek­sa­men.”

Mar­cel sê hy het ver­al ge­suk­kel met vraag 3.4, wat han­del oor die struk­tuur van die mens se vel.

In dié vraag was daar ’n di­a­gram wat twee ver­skil­len­de per­so­ne se vel­struk­tuur uit­beeld.

Leer­lin­ge is on­der meer ge­vra om die di­a­gram te ge­bruik om vas te stel wat­ter per­soon be­sig was om te oe­fen.

Mar­cel Zehn­der, on­der­hoof­seun van die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof.

Car­la S­mit, hoof­mei­sie van die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof in P­re­to­ria.

Fo­to’s: AND­REA K­Ü­SEL

I­ne­ke Rib­bens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.