Aan­klag­te teen To­a­net­te vir eers te­rug­ge­trek

Stap na­der aan ein­de van hof­saak

Beeld - - Voorblad - I­sa­bel Ven­ter

Al die aan­klag­te teen To­a­net­te Els (23), een van die top­vyf-deel­ne­mers aan die reeks Boer soek ’n vrou, is voor­lo­pig te­rug­ge­trek ter­wyl ge­wag word op ’n fi­na­le be­sluit deur die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging.

Els sê sy be­plan ’n gróót par­ty­tjie wan­neer die saak fi­naal af­ge­han­del is.

Gis­ter het sy een stap na­der daar­aan ge­kom.

Sy het in die land­dros­hof in Mo­di­mol­le ver­skyn op aan­klag van be­drog en ’n al­ter­na­tie­we aan­klag van dief­stal. Haar pa, An­ton, en broer, Mar­cus, was saam met haar by die hof en is ook baie ver­lig oor die hof se be­sluit.

“Ons het eint­lik ge­weet dit gaan ge­beur, maar ek is baie bly en ver­lig dat die saak nou am­per op ’n ein­de is,” het To­a­net­te bui­te die hof ge­sê.

Sy het in ’n vroe­ër hof­ver­sky­ning ver­toë ge­rig waar­in sy re­des aan­ge­voer het oor hoe­kom sy nie ver­volg moet word nie.

Die saak spruit uit ’n klag deur Ja­na S­mit van Mo­di­mol­le dat To­a­net­te nie R10 000 te­rug­be­taal het na­dat ’n veld­wag­ter­kur­sus, wat haar dog­ter sou by­woon, ge­kan­sel­leer is nie.

S­mit het in­tus­sen haar geld te­rug­ge­kry.

“Die kans is goed dat die aan­klag­te teen Els bin­ne­kort per­ma­nent te­rug­ge­trek sal word,” sê A­li­cia Vil­joen, haar pro­ku­reur.

Dit was vir To­a­net­te ’n moei­li­ke tyd. “Par­ty dae was dit nie so mak­lik om jou kop hoog te hou nie. Weens al die me­dia-aan­dag het baie men­se ’n me­ning oor die saak ge­had en nie ge­hui­wer om dit te lug nie.”

Haar ma is in Sep­tem­ber dood ná ’n stryd van vier jaar teen limf­klier­kan­ker.

Die wild­boer sê sy sien nou uit daar­na om weer met haar veld­wag­ter­kur­sus­se te be­gin. Sy is be­trok­ke by Ran­gers in Trai­ning, wat on­der meer dié kur­sus­se aan­bied. Die hof­saak het ver­hin­der dat sy kur­sus­se kon aan­bied. Sy hoop om in De­sem­ber weer vol­stoom aan die gang te wees.

Sy het by die hof ge­sê sy is dank­baar vir die on­der­steu­ning wat sy van die ver­vaar­di­gers van Boer soek ’n vrou en van haar me­de­deel­ne­mers ont­vang het.

“Aan die be­gin was daar vrae. ’n Mens won­der mos maar wat ge­beur het, maar die on­der­steu­ning wat ek ont­vang het, was gre­at.”

Sy het nog nie be­sluit of sy S­mit of die staat sal dag­vaar vir on­reg­ma­ti­ge ver­vol­ging nie.

■ To­a­net­te het in ’n on­der­houd met K­wê­la ge­sê sy bied die kur­sus­se vir R35 000 aan. Sy het ’n re­ë­ling met S­mit ge­tref dat sy dit kan af­be­taal, waar­na S­mit ’n eer­ste paai­e­ment van R10 000 be­taal het. Die dag waar­op die kur­sus sou be­gin, was S­mit se dog­ter glo in ’n mo­tor­on­ge­luk. Sy het nooit die kur­sus by­ge­woon nie en S­mit het ook nie die res van die kur­sus­geld be­taal nie.

Fo­to: I­SA­BEL VEN­TER

To­a­net­te Els gis­ter­og­gend saam met haar broer, Mar­cus, en pa, An­ton, by die land­dros­hof in Mo­di­mol­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.