Dis rééds oor­log, waar­sku ken­ner wat die web self ver­my

Hy be­sit nie ’n slim­foon nie en is ’n self­er­ken­de “ku­berg­rot­man”. Tog word prof. Ba­sie von Solms as een van A­fri­ka en die wê­reld se voor­ste ken­ners van kuberveiligheid ge­re­ken. Car­la Le­wis het met hom ge­sels.

Beeld - - Voorblad -

Sy kri­ti­ci het hom al baie na­me ge­noem. ’n Di­gi­ta­le lud­diet. Ku­ber­ket­ter. ’n Skrik­aan­ja­er en teg­no­pes­si­mis.

Met sy dom­foon, wat ’n ver­lang­se ne­fie van No­kia se 3310 is, en hoe­ge­naamd geen aan­lyn teen­woor­dig­heid op so­si­a­le me­dia nie, sal jy nie sê prof. Ba­sie von Solms is een van A­fri­ka en die wê­reld se voor­ste ken­ners van teg­no­lo­gie en ku­ber­se­ker­heid nie.

Nie­te­min vlieg hy van­dag na Du­bai, waar hy deel gaan vorm van die Wê­reld- E­ko­no­mie­se Forum (WEF) se glo­ba­le toe­komspa­neel oor kuberveiligheid. S­legs 19 in­ter­na­si­o­na­le ku­ber­ken­ners dien op die pa­neel, en Von Solms is die e­nig­ste lid uit A­fri­ka. Ná die kon­fe­ren­sie be­soek hy op uit­no­di­ging die WEF-sen­trum vir kuberveiligheid in Genè­ve, S­wit­ser­land.

Nie te sleg vir ie­mand wat na hom­self ver­wys as ’n “teg­no­lo­gie­se grot­man” nie, ver­al om­dat sy grot­man­leef­styl groot­liks self­op­ge­leg is.

Ver­brui­kers op hul eie

“Pro­ble­me. Groot pro­ble­me.” Dit, sê Von Solms, is wat die mens­dom kan ver­wag, as lands­bur­gers, ver­brui­kers, die re­ge­ring en sa­ke­on­der­ne­mings nie ver­sig­ti­ger met teg­no­lo­gie be­gin om­gaan nie.

“Soos din­ge in die ku­ber­ruim lyk, kan ek nie an­ders as om ’n baie som­be­re prent­jie vir ons toe­koms te sien nie,” waar­sku dié di­rek­teur van die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg se Sen­trum vir Ku­ber­se­ker­heid.

Die pro­bleem met die ku­ber­ruim en die in­ter­net is dat men­se te goed­ge­lo­wig daar­oor is, ver­al die ou­er ge­ne­ra­sie, be­klem­toon Von Solms

“Hoe gou­er men­se be­sef dit is een vuil, ge­vaar­li­ke, bo­se vir­tu­e­le ruim­te wat nie net ge­vol­ge in­hou vir ons beur­sies nie, maar ook vir wê­reld­vei­lig­heid, gees­tes­ge­sond­heid en kin­ders se ont­wik­ke­ling, hoe be­ter kan men­se hul­self be­gin be­skerm. En as jy jou nie vol­doen­de kan be­skerm nie, gaan jy uit­ge­vang word.”

Wan­neer ons ons oë op­slaan na die ku­ber­ruim en won­der, waar gaan ons hulp van­daan kom wan­neer iets daar skeef­loop, meen Von Solms dat Jan Al­le­man eint­lik maar aan sy lot oor­ge­laat is.

“Van be­sig­he­de kan ons nie veel hulp ver­wag om ons as ver­brui­kers te be­skerm nie.”

Die re­ge­ring?

“Ek het baie re­spek vir die Val­ke se ku­ber­se­ker­heids­af­de­ling, maar hul­le het be­perk­te man­ne­krag en spits hul­le op groot han­del­s­mis­da­de toe. Vir die ge­wo­ne Jan Al­le­man wat ’n half­mil­joen rand van sy pen­si­oen kwyt is deur ’n ku­ber­slen­ter, is daar nie veel hoop nie. Ban­ke was hul han­de in on­skuld en ont­duik ver­ant­woor­de­lik­heid deur se­ke­re skui­wer­ga­te in die wet­ge­wing.”

Vir Suid-A­fri­kaan­se ban­ke het hy nie veel tyd nie. Hy meen hul­le is gou om kli­ën­te te lok met mooi­praat­jies oor in­ter­net­bank­diens­te wat hul tyd spaar en ge­rief­li­ker is. “Wan­neer din­ge eg­ter skeef­loop, bied hul­le nie die no­di­ge on­der­steu­ning aan hul kli­ën­te nie. Van die ku­ber­mis­daad­pro­ble­me in die bank­we­se hou die mees­te ver­band met on­ge­mag­tig­de sim­kaart­om­rui­lings. Kla die kli­ënt, sê die bank, ‘gaan weg, dis nie my pro­bleem nie’.

“Maar hoe kan ’n bank aan­lyn bank­diens­te aan sy kli­ënt ver­koop as ’n deel van die tran­sak­sie ’n spe­si­a­le ko­de is wat deur mid­del van ’n sel­foon­net­werk aan die kli­ënt ge­stuur word? Die bank sub­kon­trak­teer mos daar­die sel­foon­diens­ver­skaf­fer se diens­te . . .”

Hy gee ’n sug van ge­la­ten­heid. “Ek ba­klei nou al ja­re lank daar­oor. Ek hoop net daar kom in die toe­koms ’n klomp groot hof­sa­ke.”

Wat moet ver­brui­kers in­tus­sen doen? Moet ons nou weer soos in die ou dae die lang toue by die bank gaan trot­seer?

“Ek doen dit,” sê Von Solms. “Wan­neer ek ’n be­drag wil de­po­neer of ’n nu­we be­guns­tig­de wil skep, gaan ek bank toe. Ek het wel ’n in­ter­net­bank­pro­fiel, maar dis ge­sluit. Jy kan geen nu­we be­guns­tig­des daar­op skep nie.

“Dis hoe die ou­ens geld uit jou re­ke­ning steel. Hul­le kraak dit en skep ’n nu­we be­guns­tig­de. Ek kan nou vir jou my bank se in­te­ken­de­tails gee. Ek ge­bruik dit om die kerk, pos­kan­toor en my te­le­foon­re­ke­ning te be­taal. As ie­mand my re­ke­ning kraak, is dit al aan wie daar geld be­taal kan word.”

E­nig­ie­mand wat on­langs bank toe moes gaan, weet eg­ter dat jy som­tyds ’n he­le og­gend vir ’n een­vou­di­ge tran­sak­sie op­sy moet sit.

Maar wat maak jy wan­neer som­mi­ge ban­ke jou doel­be­wus dwing om na in­ter­net­bank­diens­te oor te ska­kel? Wan­neer hul­le nie meer hulp­bron­ne be­stee en moei­te doen om ’n be­soek aan hul tak­ke so glad as moont­lik te laat ver­loop nie?

“Dit is ab­so­luut die be­we­ging van in­ter­net­bank­diens­te,” be­aam Von Solms.

“Van­uit ’n sa­ke­mo­del se oog­punt maak dit ui­ter­aard meer sin. Dis min­der men­se wat jy in diens moet neem, min­der tak­ke om in stand te hou.” Gro­ter wins.

“Maar hul­le maak hul kli­ën­te nie be­wus van die ri­si­ko’s wat in­ter­ne­ten sel­foon­bank­diens­te in­hou nie.”

Hy meen ban­ke moet ’n waar­sku­wing met aan­lyn bank­diens­te uit­reik wat die dui­de­li­ke ri­si­ko’s van die pro­duk sti­pu­leer, am­per soos die waar­sku­wings op si­ga­ret­pak­kies.

“Dis nie ge­noeg om ’n e-pos­vry­wa­ring uit te stuur wat lui hou jou pin­nom­mer pri­vaat en wees op die uit­kyk vir in­ter­net-hen­gel­slen­ters nie. Die ge­wo­ne in­ter­net­ge­brui­ker kán in die mees­te ge­val­le nie sy aan­te­ken-in­lig­ting be­hoor­lik be­skerm nie, al pro­beer hy sy bes,” be­klem­toon hy.

“Ek veg nou al ja­re hier­voor, ek be­skou my­self maar as ’n ku­berg­rot­man en ’n ku­be­r­ak­ti­vis vir die man op die straat.”

Hy het al so­veel sto­ries van wan­hoop ge­hoor. Hy kry so­veel e-pos­se van des­pe­ra­te men­se op straat wat hul le­we se spaar­geld in ’n ku­ber­slen­ter of ku­ber­aan­val ver­loor het.

“Deel daar­van is sy eie skuld, maar nie­mand het hom ge­waar­sku oor die ri­si­ko’s nie. As nie­mand vir hom sê hy t­ree dom op nie, gaan hy dit nie weet nie.”

We­ten­skaps­fik­sie word feit

Hol­ly­wood is baie lief om vir ons post-a­po­ka­lip­tie­se ram­prol­pren­te op te dis waar ter­reur­groe­pe en muis­hond­sta­te ku­ber­aan­val­le op lan­de se be­heer­een­he­de loods.

Is dit bang­maak­sto­ries, of is dit moont­lik?

“Ku­ber­oor­log ge­beur nou al,” sê Von Solms.

“Die Rus­se wat na be­we­ring A­me­ri­ka se ver­kie­sings­re­sul­ta­te in 2016 be­ïn­vloed het, is ’n vorm van ku­ber­oor­log. Wan­neer jy ’n an­der land se ver­kie­sings­uit­slae wil ma­ni­pu­leer, moet jy die me­ning van die lands­bur­gers be­ïn­vloed. Dit was ’n aan­val op de­mo­kra­sie.”

Daar is wel ver­skeie an­der voor­beel­de wat werk­lik in die tra­di­si­o­ne­le sin van oor­log be­weeg, sê hy.

“Ver­le­de jaar het ku­ber­ter­ro­ris­te die Oe­kra­ï­ne ver­lam toe hul­le die land se na­si­o­na­le bank, sy na­si­o­na­le krag­ver­skaf­fer en groot­ste lug­ha­we ge­kraak het. Die land se krag was let­ter­lik af­ge­ska­kel. As jy ’n land wil bin­ne­val, is dit hoe jy hom op sy knieë dwing son­der om ’n en­ke­le s­koot te skiet.”

Ku­ber­aan­val­le op staats­hulp­bron­ne is tans een van die groot­ste ri­si­ko’s vir wê­reld­vre­de, sê Von Solms. Jy hoef ook nie eens ten duur­ste u­raan aan te koop en mil­jar­de aan ’n kern­wa­pen­stra­te­gie te span­deer nie. Ge­bruik som­mer jou vy­an­de se hulp­bron­ne op hul eie bo­dem.

Reeds in 2005 is ’n groot ge­deel­te van Iran se kern­pro­gram deur die S­tux­net-vi­rus be­ska­dig. Daar word be­weer dat die vi­rus ’n ge­sa­ment­li­ke pro­jek van die VSA en Is­rael was, hoe­wel al­bei lan­de dit ont­ken het.

Von Solms meen as kern­krag­sta­sies en selfs che­mie­se fa­brie­ke se kuberveiligheid nie ge­pant­ser en wa­ter­dig is nie, kan ku­ber­ter­ro­ris­te be­hoor­lik a­mok maak.

Sê nou ie­mand kraak Koe­berg en peu­ter met die kern­re­ak­tor, be­staan daar die moont­lik­heid dat ’n ti­pe T­sjer­no­bil-kern­ramp in Suid-A­fri­ka kan ge­beur?

“Na­tuur­lik! Dit kan met Koe­berg ge­beur, dit kan by Sa­sol ge­beur. As daar che­mie­se pro­ses­se is wat met re­ke­naars be­heer word... as ie­mand dit reg­kry om die re­ke­naar­stel­sels te kraak en net ’n paar ver­stel­lings aan by­voor­beeld die tem­pe­ra­tuur maak... kan jy daar­die he­le in­stan­sie in sy glo­rie in blaas. Dis ’n don­ker prent­jie.”

Hy gee weer ’n sug.

In die psi­ge van die sui­ge­ling

Maar wag... die bang­maak­sto­ries stop nie by kern­ram­pe nie. Ons het nog groen ko­ring op die land. Die he­le na­vor­sings­veld van kuberveiligheid is mul­ti­dis­si­pli­nêr.

“Ek werk tans saam met ’n be­dryf­siel­kun­di­ge van die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford om te be­paal wat die siel­kun­di­ge im­pak van die goed op kin­ders en jong vol­was­se­nes is.” Hy spoeg “die goed” met min­ag­ting uit.

“Daar kom nou so­veel na­vor­sing uit wat wys dat kin­ders se ont­wik­ke­ling ge­strem word hoe meer hul­le aan skerm­tyd bloot­ge­stel word. Hul­le word let­ter­lik op ’n fi­si­o­lo­gie­se vlak dom­mer.

“Ek is nie ’n so­si­o­loog of ’n op­voed­kun­di­ge nie, maar oor tien tot 15 jaar van nou af gaan ons die ver­rei­ken­de ge­vol­ge be­gin sien.

“Dan gaan men­se eers sê, nou moet din­ge ver­an­der, ons moet be­per­kings en wet­ge­wing oor die toe­stel­le en so­si­a­le me­dia kry.”

Hy ver­ge­lyk dit met die ta­bak­maat­skap­pye wat ook eers on­ge­neë was om die ge­sond­heidsna­de­le van hul pro­duk uit te wys.

As ’n ou­pa voel hy jam­mer vir ou­ers wat van­dag se di­gi­ta­le slag­ga­te moet na­vi­geer.

“Ek kyk na my klein­kin­ders. Die groeps­druk om ’n slim­foon te be­sit is on­ge­loof­lik. Kin­ders wil ag­ter ge­slo­te deu­re met die foon speel, som­mi­ge kin­ders bring die he­le nag daar­op deur wan­neer ou­ers nie be­heer uit­oe­fen nie.”

Tog meen hy nie net so­si­a­le­me­di­a­net­wer­ke en teg­no­lo­gie­maat­skap­pye is te bla­meer nie. Ou­ers is dik­wels ook me­de­plig­ti­ges.

“Ou­ers is laks. Daar is dan ou­ers wat na­mens hul kin­ders vir hul­le Fa­ce­book-pro­fie­le oop­maak. Die kind is maar 12, 13 jaar oud.

“Ek kan nie men­se en ou­ers ge­noeg oor die ge­va­re hier­van waar­sku nie. Ek word be­skul­dig dat ek oor­kri­ties is, dat ek bang­maak­praat­jies loop ver­tel. Maar ie­mand moet die pu­bliek meer be­wus hier­van maak. Be­sig­he­de wil net meer kli­ën­te en vol­ge­lin­ge werf en pro­duk­te ver­koop. Hul­le gaan dit nie doen nie.

“Daar­om hoop ek my be­trok­ken­heid by die WEF gaan my die ge­leent­heid bied om nu­we ken­nis ra­ken­de kuberveiligheid op te doen en na te vors, wat ek kan te­rug­bring Suid-A­fri­ka toe.

“Dit kan ook net suk­ses­vol wees as die re­ge­ring die wil het om dit te im­ple­men­teer. Maar nou gee die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring nie ’n tie­kie om vir ons nie.”

Hoe be­skerm ons ons­self?

“Ek sê al­tyd as jy ’n mo­tor wil be­stuur, moet jy ’n ry­be­wys­toets deur­gaan.”

Hy meen ou­ers sal nie vir hul 13-ja­ri­ge kind hul mo­tor se sleu­tels en ’n bot­tel whis­key gee en hom son­der toe­sig op die snel­weg laat ry nie.

Tog kan die on­ge­kon­tro­leer­de ge­bruik van slim­fo­ne ewe ramp­spoe­di­ge ge­vol­ge hê.

“Ek skryf al ja­re lank hier­oor. Wan­neer ek ’n mo­tor wil be­stuur, moet ek die pad­re­ëls en vei­lig­heids­re­ëls ken.

“Die so­ge­naam­de ku­ber-hoof­weg ver­skil nie veel van ’n ge­wo­ne snel­weg nie. Hoe wil ou­ers dan vir ’n 13-ja­ri­ge kind sê jy mag maar daar be­stuur, maar hy het geen i­dee van die ge­va­re nie.

“Ie­wers moet ons aan re­gu­le­ring be­gin dink, dat al­mal wat die in­ter­net be­tree ’n soort ku­ber­se­ker­heids­li­sen­sie moet ver­werf.

“Dit moet al op skool­vlak ge­leer word, van gr. R af,” meen hy.

“Men­se se goed­ge­lo­wig­heid dat die in­ter­net ’n vei­li­ge plek is, moet ook aan­dag kry. Hoe gou­er ons die per­sep­sie kan be­gin af­breek, hoe be­ter.”

Hy kyk stip na my, ’n ku­ber­kry­ger wat al in die vuil­ste loop­gra­we van die in­ter­net rond­ge­kruip het. “Maar men­se hoor nie.”

Fo­to:: NELIIUS RADEMAN

As l­lands­bur­gers,, ver­brui­i­kers,, di­ie re­ge­ri­ing en sa­ke­on­der­ne­mi­ings ni­ie ver­si­ig­ti­i­ger met teg­nol­lo­gi­ie be­gi­in om­gaan ni­ie,, kom daar groot pro­bl­le­me,, meen prof.. Ba­si­ie von Sol­lms..

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.