Pe­per­duur, maar boei­end

Abu D­ha­bi is dalk ’n pe­per­duur land om te be­soek, maar die in­te­res­san­te kul­tuur­skok en mooi fo­to’s wat jy sal neem van dié land waar die oer­oue woes­tyn en die mo­der­ne by­me­kaar kom, is son­der prys.

Beeld - - Voorblad - LEON VAN NIEROP @fie­liesh In­te­res­san­te ge­boue soos dié is al­ge­meen in Abu D­ha­bi.

‘Hoe­kom agt ure mors?” vra ons ons­self af toe ons sien ons sal ure lank op Abu D­ha­bi se lug­ha­we moet oor­staan voor­dat ons op ons vlug Eu­ro­pa toe kan oor­klim.

“Wat kan nou meer op­win­dend wees as 24 uur in Abu D­ha­bi? Dalk sien ’n mens La­wren­ce of Ara­bia oor die dui­ne in ’n lug­spie­ë­ling aan­ge­ry kom!” lag ek.

Ro­man­tie­se rol­prent­beel­de. Maar die werk­lik­heid, lek­ker soos die stad is vir so ’n kort tyd­jie, is nie heel­te­mal so roos­kleu­rig nie. ’n Vi­sum kan jou R2 200 per per­soon uit die sak jaag.

Maar die nuus­kie­rig­heid is te groot. Op reis­bro­sju­res pryk die na­me aan­lok­lik: die mu­seum Lou­vre Abu D­ha­bi, die S­jeik Za­jed­mos­kee... Hoe meer ek­so­ties die naam, hoe gro­ter die aan­trek­kings­krag.

En kort voor lank, na­dat die s­kok ge­taan het oor die duur vi­sum, is die ho­tel be­spreek.

“’n Paar din­ge om nie te doen as jy in Abu D­ha­bi is nie!” be­gin ’n Ara­bie­se toe­ris ons op die vlieg­tuig waar­sku. Die pas­sa­sier se En­gels het ’n sterk ek­so­tie­se ak­sent.

“Is jul ho­tel reg langs ’n mos­kee?” vra hy.

“Nie so­ver ons weet nie,” ant­woord ek.

“Want daar word vyf keer per dag ge­bid en daar­die op­roep word hard uit­ba­suin. Nie goed as jy wil laat slaap nie.”

Hy waar­sku ook dat ons al­ko­hol mag drink, maar nie bui­te re­stau­ran­te of kroeë in ho­tel­le nie. ’n Uit­spat­ti­ge drin­ke­ry word nie ge­duld nie.

“En moe­nie som­mer on­be­skof wees of be­swaar maak as iets jou nie pas nie. Baie men­se se ge­duld is nie juis lank in daar­die hit­te nie!” waar­sku hy.

En na­tuur­lik is dwelms streng ver­bo­de. To­ne­le uit Mid­nig­ht Ex­press meld hul­le aan.

Maar die sleg­te nuus is min. Die goeie nuus is daar is so baie te doen, dat 24 uur ho­pe­loos te kort is. ’n Mens moet dus jou tyd e­ko­no­mies in­deel en be­nut.

Bo­wen­al: Abu D­ha­bi is duur. V­rek­duur. Wees ver­sig­tig om som­mer net ’n kop­pie kof­fie of ’n koel­drank te be­stel voor­dat jy nou­keu­rig jou som­me­tjies ge­maak het.

Leer s­jeik Za­jed ken

Daar is in el­ke stad ’n moet-sien­ly­sie, en heel bo-aan die lys is die S­jeik Za­jed-mos­kee, ook be­kend as die Groot Mos­kee, en sy kul­tu­re­le dor­pie.

Jy sien hier­die ba­ken wat die stad oor­heers van o­rals af, en vir ons langs die see in ’n ho­tel is dit net ’n vin­ni­ge hop oor die wa­ter tot daar. Sou jy ’n be­sig­ti­gings­toer wou on­der­neem met ’n gids kos dit dig­by die R800. Ons be­sluit om som­mer net rond te loop.

Maar eers moet ’n mens ver­staan wie s­jeik Za­jed was, want hy is 100 jaar ge­le­de ge­bo­re, en waar jy ook al in Abu D­ha­bi rond­loop, word jy daar­aan her­in­ner. Reu­se-vlae wap­per o­rals met sy naam.

Hy was die pre­si­dent van die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te (VAE), en het Abu D­ha­bi van ’n klein, arm vis­sers­dor­pie ver­an­der in die me­tro­po­lis wat dit van­dag is. Hy het eers ge­sorg dat hy sy land, ver­al die woes­tyn, deeg­lik leer ken voor­dat hy die troon be­styg het. Hy het ook ge­leer hoe om wa­ter reg en e­ko­no­mies aan te wend.

Die eer­ste o­lie is in 1962 va­n­af die Abu D­ha­bi-ha­we ver­skeep, en die geld is aan­ge­wend om die in­fra­struk­tuur, op­voe­ding en die ge­hal­te van die in­wo­ners se le­we te ver­be­ter. Hy was ook be­hulp­saam met die stig­ting van die VAE in 1971. Dié ge­waar­deer­de en ge­re­spek­teer­de lei­er is in 2004 dood, en word be­skou as die va­der van die volk.

By die S­jeik Za­jed-mos­kee sal jy

ge­noeg mi­na­ret­te en koe­pels sien om jou ka­me­ra vir ’n uur be­sig te hou. Tot 40 000 men­se kan op ’n slag in die mos­kee staan. Daar is ook ’n mark met ’n oor­vloed van (wat an­ders?) da­dels!

Die stran­de bied on­ge­ë­we­naar­de uit­sig­te op die stad en die see wat soos ’n groot, pas­sie­we meer daar lê. In die kul­tu­re­le dor­pie is daar Be­doe­ïen-ten­te en -hut­te soos 100 jaar ge­le­de ge­bruik is, en dit voel nog­al vreemd om daar in te loer. Die lek­ker­ste en wat be­slis aan­be­veel kan word, was eg­ter om op die strand voor die S­hang­ri-La-ho­tel rond te dwaal en te kyk hoe nie net toe­ris­te nie, maar ook plaas­li­ke in­wo­ners ont­span.

S­len­ter­stap deur die woon­buur­te ag­ter die ho­tel waar mos­kees met kleur­vol­le koe­pels is, en waar plaas­li­ke in­wo­ners met fiet­se na ka­fees op die hoek toe ry. Of ge­niet aand­e­te (nog­al duur!) by e­ni­ge van die baie ho­tel­le op die strand met ’n uit­sig op die stad. Niks kan ver­ge­lyk word met ’n aand­e­te op die strand ter­wyl die see hier dig­by jou lê en wag nie. Van woes­tyn tot hoog in die lug As jy eg­ter na op­win­ding soek, is een van die in-din­ge om te doen om op ’n woes­tyn-sa­fa­ri te gaan. Uit die vlieg­tuig kan ’n mens reeds die reu­se-stuk ver­dor­de aar­de ge­spik­kel met sand­dui­ne sien. ’n Woes­tyn-sa­fa­ri deur die Al K­ha­tim-woes­tyn kan jou mak­lik R1 300 uit die sak jaag (af­han­gen­de van die wis­sel­koers).

Hier word jy teen laat­mid­dag by jou ho­tel op­ge­laai vir ’n rus­ti­ge rit na die woes­tyn.

By die dui­ne aan­ge­kom, kan jy ver­sna­pe­rings en iets koels ge­niet, een van die dui­ne uit­klim, of op vier­trek­kers (4 x 4’s) duin op en duin af ry. Jy kan selfs ’n kwad­fiets huur as jy die sand in jou tek­kies wil voel, maar dit gaan jou ek­stra kos. Hier­na kan jy soos ’n waf­fer­se Ara­bier in ’n tent gaan rus en sterk Ara­bie­se kof­fie drink, ge­volg deur die be­ken­de Ara­bie­se ke­babs soos net hul­le dit kan maak. (Jy sal net nie daar­die aand slaap ná daar­die muil-skop-kof­fie nie.)

Sou jy eg­ter ver­kies om die stad in te vaar, is daar ver­skeie stads­toe­re om uit te kies, of jy kan op die Big Bus Hop-On-bus klim wat jou ver­by al die be­kend­ste be­siens­waar­dig­he­de sal neem.

Die E­ti­had-to­ring was vir ons ’n hoog­te­punt. Uit hier­die reu­se-wol­ke­krab­ber kan jy die he­le stad on­der jou sien lê, on­der meer die mens­ge­maak­te ei­land wat ag­ter die ge­boue in die baai uit­troon. Die Saa­d­i­jat-ei­land be­hoort hoog op jou lys te wees.

Wees net ge­waar­sku dat e­nig­iets wat jy in die E­ti­had-to­ring eet, soos ’n sny koek of ’n kop­pie tee, pe­per­duur is.

Jy kan die sny koek af­stap in die win­kel­sen­trum on­der. As jy ge­dink het ons win­kel­sen­trums is mas­sief, wag tot­dat jy die ys­li­ke mar­mer­sa­le vol mo­sa­ïek­te­ëls en uit­spat­ti­ge muur­be­hang­sels en lig­te uit die dak­ke sien, as­ook boe­tieks en toe­ris­te­win­kels wat aan­den­kings ver­koop.

Die Abu D­ha­bi-weer­ga­we van die Lou­vre-mu­seum was nie oop toe ons daar was nie, maar vol­gens toer­gid­se is dit een van die toe­ris­te-at­trak­sies wat die mees­te be­soek word.

An­der hoog­te­pun­te sluit in een van die wê­reld se voor­ste en mees be­son­de­re te­ma­par­ke, Fer­ra­ri Wor­ld. Of gaan proe da­dels tot jou mond daar­van blink by die da­del­mark, of oor­laai jou kre­diet­kaart by Abu D­ha­bi se guns­te­ling-win­kel­sen­trum, die Ma­ri­na Mall.

Ont­hou net dit is bit­ter­lik warm. Dit was 42 °C toe ons daar was, dus word koel kle­re aan­be­veel, as­ook ge­bot­tel­de wa­ter wat jy al­tyd in jou rug­sak moet hou.

Hier­die stad is die i­de­a­le oor­slaap­plek vir een of twee dae as jy op pad is Eu­ro­pa toe.

Dit gee ’n lek­ker en in­spi­re­ren­de kul­tuur­skok.

Fo­to’s: WER­NER KLOPPER

Die uit­sig van­uit die E­ti­had-to­ring­blok oor Abu D­ha­bi is iets om te be­leef.

Die im­po­san­te Fair­mont Ma­ri­na-woon­stel­ge­bou soos ge­sien van­uit die E­ti­had-to­ring.

’n Kleur­vol­le mos­kee in Abu D­ha­bi.

Hou jou lyf Ara­bier wan­neer jy dié deel van die wê­reld be­soek.

Toe­ris­te ont­span op die strand langs die wa­ter wat rus­tig soos ’n dam is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.