Ne­ge men­se vas weens ont­voe­ring van vrou in Wel­kom

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die po­li­sie het gis­ter­og­gend ne­ge men­se in heg­te­nis ge­neem in ver­band met die ont­voe­ring van C­har­mai­ne Bo­tha (42) van Wel­kom in die Vry­staat.

Bo­tha is Woens­dag­og­gend ont­voer en die ont­voer­ders het ’n los­prys van twee goud­sta­we vir haar vry­la­ting ge­ëis.

John­ny Bo­tha, haar man, is die aan­leg­be­stuur­der by Har­mo­ny Gold se nr. 1-goud­aan­leg bui­te Wel­kom.

Een goud­staaf is vol­gens ’n in­ge­lig­te na aan die on­der­soek Woens­dag­aand by die Vi­r­gin Acti­ve-gim­na­si­um in Wel­kom as los­prys vir Bo­tha se vry­la­ting oor­han­dig.

Kapt. S’fi­so Ny­a­ka­ne, ’n woord­voer­der van die Val­ke, sê die mans is in Wel­kom se sa­ke­kern en O­den­daals­rus in ver­band met die ont­voe­ring aan­ge­keer.

Die po­li­sie het be­slag ge­lê op by­kans R1 mil­joen kon­tant, 21 goud­klon­te wat 7 kg weeg, ’n wind­buks, ’n gas­pis­tool, twee BMW’s, ’n Jeep C­hero­kee, ’n Au­di A3, ’n Nis­san Al­me­ra en ’n Nis­san Ti­i­da.

Ny­a­ka­ne sê die on­der­soek het die po­li­sie na Se­bok­eng na­by Ve­ree­ni­ging in Gau­teng ge­lei waar nog goud en kon­tant ge­vind is.

Twee van die mans wat aan­ge­keer is, is Zim­bab­wi­ërs en die an­der Suid-A­fri­ka­ners. Hul­le is tus­sen 32 en 38 jaar oud.

Hul­le sal Maan­dag in Wel­kom in die hof ver­skyn

Har­mo­ny Gold se vei­lig­heids­maat­skap­py, die Val­ke, die po­li­sie se mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid in T­ha­bong bui­te Wel­kom en die hon­de-een­heid het saam­ge­werk om die ne­ge vas te trek.

Nie Har­mo­ny Gold of die po­li­sie wou Don­der­dag be­ves­tig dat ’n los­prys wel be­taal is nie.

Vol­gens be­trou­ba­re in­lig­ting het die he­le goud­aan­leg Woens­dag tot stil­stand ge­kom om be­tyds die goud­staaf uit die aan­leg se kluis te kon haal.

Die kluis word deur sluit­me­ga­nis­mes en tyd­ska­ke­laars be­skerm wat nie son­der meer oop­ge­maak kan word nie.

Die kluis­deur moes oop­ge­sny word om die tyd­ska­ke­laars, wat net op se­ke­re tye toe­gang tot die kluis gee, te om­seil.

Bo­tha se ont­voer­ders het haar Woens­dag­og­gend by haar werk­plek oor­val en in haar mo­tor ont­voer.

Sy is in T­ha­bong aan­ge­hou en vry­ge­laat na­dat haar man die goud by die gim­na­si­um oor­han­dig het.

C­har­mai­ne Bo­tha en haar man, John­ny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.