Aan­val­lers ge­jag ná moord op kon­sta­bel

Beeld - - Nuus - – Ischke de Ja­ger

Genl. K­hehla Si­to­le, na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, hoop die mans wat ’n po­li­sie­kon­sta­bel van Po­lo­kwa­ne in Lim­po­po Don­der­dag­aand dood­ge­skiet het, word gou aan­ge­keer.

Konst. Pe­trus Ger­har­dus (Pie­ter) de Lan­ge (30) van die We­sten­burg-po­li­sie­kan­toor was deel van ’n mis­daad­be­stry­dings­o­pe­ra­sie in een van die stad se woon­buur­te toe daar op hom ge­skiet is.

Lui­dens ’n po­li­sie­ver­kla­ring is De Lan­ge aan­ge­val ter­wyl hy ver­meen­de dwelm­han­de­laars in Bu­la­wa­yostraat, La­dan­na, dop­ge­hou het.

’n Groep mans in twee voer­tuie het na be­we­ring na die voer­tuig ge­ry waar­in De Lan­ge ge­sit het. Vier mans het met vuur­wa­pens uit die voer­tuie ge­klim en op hom ge­skiet. De Lan­ge is ge­wond en is dood voor­dat hy hos­pi­taal toe ge­bring kon word. ’n D­waal­koe­ël het na be­we­ring ook ’n vrag­mo­tor­be­stuur­der in die hand ge­tref.

Na ver­neem word, was ’n lid van die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum saam met De Lan­ge ten ty­de van die voor­val.

Si­to­le ver­oor­deel die moord op De Lan­ge en het op­drag ge­gee vir ’n 72-uur-ak­ti­ve­rings­plan om die aan­val­lers op te spoor.

“Ons het 42 po­li­sie­be­amp­tes se­dert die be­gin van die boek­jaar aan die hand van mis­da­di­gers ver­loor,” sê Si­to­le. “Die aan­tal po­li­sie­be­amp­tes wat aan­ge­val en dood­ge­maak word, bly on­danks pro­ak­tie­we en re­ak­tie­we op­tre­de op ’n on­aan­vaar­ba­re vlak.”

Konst. Pe­trus Ger­har­dus de Lan­ge en sy vrou, Nel­ma­rie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.