Ma­ties se koor laat wê­reld reg­op sit

Beeld - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Die S­tel­len­bosch-u­ni­ver­si­teits­koor se weer­ga­we van die Chris­ti­na A­gui­le­ra-lied­jie “Say So­me­thing” is ’n tref­fer op so­si­a­le me­dia, met meer as 3,8 mil­joen men­se wat reeds daar­na op YouTu­be ge­kyk het.

An­dré van der Mer­we, koor­di­ri­gent, sê hy is ver­stom.

“Koor­sang as so­da­nig kry nie so­veel be­lang­stel­ling op YouTu­be nie. Men­se van plek­ke soos Du­bai, C­hi­na, Frank­ryk en A­me­ri­ka kon­tak my en vra die blad­mu­siek,” het Van der Mer­we gis­ter by na­vraag ge­sê.

Hy het die lied­jie “Say So­me­thing” ver­werk en ’n op­na­me van die koor wat dié weer­ga­we in die End­ler­saal in S­tel­len­bosch sing, is op­ge­neem en op so­si­a­le me­dia ge­deel.

“Dit het net ver­sprei. Ie­mand in New York het dit ge­sien. Ver­le­de week het CNN in­set­sels ge­had oor die koor. Dit is won­der­lik,” sê Van der Mer­we.

Hy sê nie al­le pop­mu­siek werk vir koor­sang nie. Dit klink na ’n heel­te­mal an­der lied. Ver­wer­kings van pop­mu­siek vir ’n koor kan werk of nie werk nie, sê hy.

In die ge­val van “Say So­me­thing” dink mil­joe­ne men­se dit werk baie goed.

Die u­ni­ver­si­teits­koor is boon­op ge­nooi om in 2019 by ’n fees in Ha­ra­re, Zim­bab­we, op te t­ree.

Van der Mer­we sê Saar­tjie Bo­tha, die koor­be­stuur­der, het juis ge­sê dié koor kan nie weer oor­see gaan voor­dat hul­le nie in A­fri­ka self be­gin op­tree nie.

En net om te wys dat die US­koor be­slis nou op al­mal se lip­pe is, is dié koor se weer­ga­we van John Le­gend se “All of Me” ook reeds meer as 1,1 mil­joen keer op YouTu­be ge­kyk.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Die koor­di­ri­gent An­dré van der Mer­we en die S­tel­len­bosch-u­ni­ver­si­teits­koor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.