‘Hy kon goud uit ko­rin­ga­re spin’ Stig­ter van Pep S­to­res sterf op 86

Beeld - - Nuus - Han­lie S­tad­ler

Re­nier van Rooy­en (86), stig­ter van die win­kel­groep Pep S­to­res wat Maan­dag oor­le­de is, was vol­gens die sa­ke­man Chris­to Wie­se een van die heel groot­ste en­tre­pre­neurs in die land.

Van Rooy­en het een klein win­kel­tjie in U­ping­ton ge­koop en dit uit­ge­bou tot die Pep­kor-groep, nou een van die groot­ste klein­han­de­laars in Suid-A­fri­ka.

Die aan­vank­li­ke Pep S­to­res is la­ter uit­ge­brei tot Pep­kor en word as die bou­blok vir die S­hop­ri­te­groep be­skou.

Van Rooy­en het in 1981 op 50 jaar af­ge­tree. Wie­se het in 1981 Pep­kor se voor­sit­ter en groot­ste aan­deel­hou­er (met ’n be­lang van 44%) ge­word. Van­dag het Pep­kor meer as 50 000 werk­ne­mers en meer as 5 100 win­kels in 12 lan­de.

Van Rooy­en het met baie min be­gin. “Hy het, soos die fe­ë­ver­haal van Re­pel­steel­tjie, die ver­moë ge­had om goud te spin uit ko­rin­ga­re. Hy kon ge­wo­ne men­se in­spi­reer om bui­ten­ge­wo­ne din­ge te doen,” sê Wie­se.

Wie­se sê Van Rooy­en het sy le­we op vyf be­gin­sels ge­bou: ge­loof, har­de werk, po­si­tie­we den­ke, gees­drif en mee­le­wend­heid.

“Hy was am­per soos ’n pa vir my,” sê W­hi­tey Bas­son, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van S­hop­ri­te.

Bas­son be­skryf hom as ’n “baie jo­vi­a­le man, ’n mens-mens”.

Hul­le het saam aan Pep­kor en S­hop­ri­te be­plan en hy sê Van Rooy­en is “die groot­ste klein­han­de­laar wat ek ge­ken het”.

Hy was ook in die don­ker­ste tye van a­part­heid ’n stry­der daar­teen. Wie­se sê in Pep-win­kels was daar, on­danks wet­ge­wing daar­oor, nie a­par­te toi­let­te vir ras­se­groe­pe nie.

Van Rooy­en was ook ’n groot fi­lan­troop, wat stu­die­le­nings, sop­kom­bui­se en an­der wel­syn­werk uit sy eie sak ge­fi­nan­sier het. Hy het on­der meer vir Pep-werk­ne­mers hui­se ge­bou en ver­al arm ge­meen­skap­pe in die Wes- en die Noord-Kaap on­der­steun.

Dr. Frank­lin Sonn, a­ka­de­mi­kus en voor­ma­li­ge am­bas­sa­deur in die VSA, loof Van Rooy­en as “wel­doe­ner en vriend wat ten vol­le met ons men­se ge­ï­den­ti­fi­seer het in die moei­li­ke a­part­heids­ja­re”.

Van Rooy­en het in 2011 die Iny­at­he­lo-toe­ken­ning vir le­wens­lan­ge fi­lan­tro­pie ont­vang.

Hy is in Ken­hardt in die Noor­dKaap ge­bo­re en het sy loop­baan as ’n k­lerk in die de­par­te­ment van jus­ti­sie be­gin voor­dat hy die win­kel in U­ping­ton ge­koop het.

Een van sy groot by­dra­es was ’n stu­die­le­ning aan Ja­kes Ger­wel, wat la­ter di­rek­teur-ge­ne­raal in die kan­toor van oud­pres. Nel­son Man­de­la en kan­se­lier van die R­ho­des-U­ni­ver­si­teit sou word. Ger­wel is in 2012 dood.

Hy het ook men­se soos die dig­ter A­dam S­mall en die e­ko­noom prof. El­tie Links on­der­steun.

Hy word oor­leef deur sy vrou, A­li­ce, ’n dog­ter, Saló­me, twee seuns, Re­nier jr. en Jo­hann, en ses klein­kin­ders.

’n Ge­denk­diens word Maan­dag 15:30 in die NG kerk Ken­rid­ge in Kaap­stad ge­hou.

Dr. Cathryn Wal­ton (links), ’n on­ko­loog van Port E­li­za­beth, en El­sa­be Kit­ching, ’n be­stra­lings­te­ra­peut, werk met die Gam­ma K­ni­fe.

Re­nier van Rooy­en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.