Rug­by skeep sy kli­ën­te af

Beeld - - Kommentaar -

E­ni­ge on­der­ne­ming sal jou sê sy vol­hou­baar­heid word ge­meet aan kli­ën­te­groei. By som­mi­ge Su­per­rug­by-, Pro14- en Cur­rie­be­ker-wed­stry­de is daar soms net ’n paar hon­derd men­se.

Dit lyk nie as­of SA Rug­by se kli­ën­te­ba­sis groei nie ... Is dit dus ’n vol­hou­ba­re mo­del?

’n On­der­ne­ming wat vol­hou­baar wil wees, stel sy kli­ën­te eer­ste. Be­slis nie SA Rug­by nie! Nee, die Cur­rie­be­ker-eind­stryd moet 16:00 in die bloe­dig­ste hit­te ge­speel word. Die groot­ba­se sit mos in ’n lug­ver­koel­de lo­sie. Dit is nie vol­hou­baar nie. Ek gaan be­slis nie weer 16:00 ’n wed­stryd kyk nie.

Hul­le sal jou sê dit is weens TV-reg­te, dus word die geld­god bo die be­lan­ge van die ver­brui­ker ge­stel. Dit is nie vol­hou­baar nie. Wat het ge­word van ’n eind­stryd in die vroeë aand?

Sa­ru het twee op­sies om vol­hou­baar te wees: Re­spek­teer die kli­ën­te/toe­skou­ers in be­slui­te en stel hul be­lan­ge eer­ste of ver­koop die sta­di­ons en speel op vel­de son­der pa­vil­joe­ne en son­der toe­skou­ers en speel al­les net op TV. Dit is ook nie vol­hou­baar nie, want die at­mos­feer is deel van rug­by. Maar hul­le sal min­stens nog ’n paar jaar oor­leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.