Om Je­sus te volg be­te­ken om vry te wees

Beeld - - Kommentaar - S­te­phan Jou­bert

Je­sus se droom-rol­le vir sy dis­si­pels daar in Mar­kus 8-10 slaan my voe­te heel­te­mal on­der my uit.

Dis toe nie in­druk­wek­ken­de om­skry­wings, soos “suk­ses­vol­le pre­di­ker”, “gods­diens­ti­ge ska­re­trek­ker” of “gees­te­lik-be­ti­tel­de” nie. Sy droom-rol­le is on­der an­de­re dié van kruis­dra­er, be­dien­de en slaaf.

Om Je­sus se kruis te dra, is ons nu­we i­den­ti­teit as ons ons­self sy dis­si­pels noem (8:34). Of be­dien­des, soos Je­sus in Mar­kus 9:35 ook van ons vra. Tog stel ons nie reg­tig daar­in be­lang om Je­sus se be­dien­des te wees nie. As ons be­dien­des no­dig het, huur ons hul­le. Ek meen, wie wil hul­self nou ge­du­rig be­kend stel as ’n be­dien­de? Of as ’n slaaf van al­mal, soos Je­sus in Mar­kus 10:43 ook van ons vra. Wie wil vry­wil­lig­lik an­der men­se se slaaf wees?

Wil jy reg­tig die ant­woord weet op bo­ge­noem­de vrae? Wel, hier’s dit: Je­sus! Hy­self wil ’n slaaf en ’n diens­kneg van men­se wees. Hy is dit reeds. Je­sus sê self in Mar­kus 10:45 Hy is die diens­kneg uit die he­mel. Sy gan­se le­we en ster­we is een van be­dien­de wees en slaaf wees tus­sen an­der en ook vir an­der.

Volg Je­sus reg, dan sal jy ver­staan wat dit be­te­ken om vry te wees. Dien God en an­der soos ’n slaaf van Je­sus, dan sal jy vry raak van jou angs­ti­ge, self­sug-aan­ge­dre­we leef­wy­se. Dan sal jy er­vaar Je­sus se las is lig en an­der men­se is kos­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.