Daar­die ba­bas het na­me, me­neer die mi­nis­ter

Beeld - - Kommentaar - Re­tha Fick Fick is ad­junk­re­dak­teur van Beeld.

Om ne­ge maan­de lank op ’n ba­ba te wag en dan met leë arms by die hos­pi­taal se deu­re uit te stap, is hart­ver­skeu­rend.

As die re­de vir die dood van jou ba­ba daar­die self­de hos­pi­taal is – die in­stel­ling wat jy ver­trou het om jou deur die le­wens­ver­an­de­ren­de ge­beur­te­nis van kin­der­ge­boor­te by te staan – is dit waar­skyn­lik moei­lik om ooit be­rus­ting te vind.

In Gau­teng is ne­ge ba­bas vroe­ër van­jaar by die Ra­hi­ma Moos­a­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg dood. Op sy be­soek Don­der­dag aan die hos­pi­taal het die Men­se­reg­te­kom­mis­sie ge­sê die hos­pi­taal het die ba­bas se reg op ge­hal­te­ge­sond­heid­sorg ge­skend.

Die kom­mis­sie het voorts aan­ge­dui dat hy G­wen Ra­mokg­o­pa, LUR vir ge­sond­heid in Gau­teng, en Mk­hu­lu­li Luk­he­le, de­par­te­ments­hoof, gaan dag­vaar.

In Ok­to­ber is ses ba­bas by die T­hel­le Mo­goe­ra­ne-hos­pi­taal in Vos­loo­rus weens K­leb­siel­la-long­ont­ste­king dood. Vol­gens ’n on­der­soek is be­heer­maat­re­ëls by die hos­pi­taal ge­kom­pro­mit­teer weens oor­be­vol­king. Per­so­neel kom glo nie werk toe nie om­dat hul­le oor­werk en on­ge­mo­ti­veerd is. Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, het er­ken dat ne­o­na­ta­le sa­le in die pro­vin­sie ge­mid­deld 132% be­set is.

Die dik­wels hag­li­ke toe­stan­de in kraam­sa­le is nie tot Gau­teng be­perk nie.

In M­pu­ma­lan­ga het die S­hong­we-hos­pi­taal na­by Ma­la­la­ne tot gis­ter ge­had om aan die pro­vin­si­a­le ge­sond­heids­de­par­te­ment te ver­dui­de­lik hoe twee ba­bas Maan­dag­aand in die hos­pi­taal dood is.

By ’n kli­niek in Mook­g­op­hong (Na­boom­spruit) in Lim­po­po hang ’n don­ker wolk van aan­ty­gings oor die dood van drie pas­ge­bo­re ba­bas. Ver­pleeg­sters ge­bruik glo sel­fo­ne as lig­te om­dat die krag­op­wek­ker stuk­kend is. Toe­rus­ting, soos die so­nar en die fe­tus­mo­ni­tor, is al maan­de lank stuk­kend. Daar is ’n te­kort aan broei­kas­te, wa­ter­toe­voer is wis­pel­tu­rig en toi­let­te werk nie. Een ver­pleeg­ster be­weer die de­par­te­ment smeer die sterf­tes toe deur ou­ers om te koop. Die de­par­te­ment het die be­we­rings as goed­koop ver­kie­sings­praat­jies af­ge­maak.

’n Tik­ken­de tyd­bom. Dit is die woor­de waar­mee die ver­pleeg­vak­bond De­no­sa die te­kort aan ver­pleeg­sters in staats­hos­pi­ta­le be­skryf. Hy sê dit is nie seld­saam dat een ver­pleeg­ster al­leen na so­veel as 27 ba­bas om­sien nie. Op sy beurt meen die vak­bond Hosper­sa die druk op die stel­sel is on­houd­baar. Toe­rus­ting word nie na­ge­sien nie en baie hos­pi­ta­le is oor­be­volk weens swak be­plan­ning van die re­ge­ring.

Hoe­veel ba­bas moet nóg sterf voor­dat die de­par­te­ment met bly­wen­de op­los­sings in­gryp? Of het ons hier met nog ’n Li­fe E­si­di­me­ni te doen waar al­mal hul han­de in on­skuld was? Dít ter­wyl ou­ers on­ge­bruik­te ba­ba­kle­re stil-stil weg­pak – die kle­re van ’n kind wat on­no­dig ge­sterf het, ’n kind wat reeds ’n naam ge­had het. Die mi­nis­ter moet weet, ’n ma ver­geet daar­die kind nooit ooit nie.

Het ons hier met nog ’n Li­fe E­si­di­me­ni te doen waar al­mal hul han­de in on­skuld was?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.