De­mo­kra­te mik na ‘T­rex­it’

Gaan pres. Do­nald Trump aan ban­de ge­lê word ná die mid­del­ter­myn­ver­kie­sing? En wat be­te­ken dit vir Suid-A­fri­ka? vra T­heo Ven­ter.

Beeld - - By -

Dié ver­kie­sing in die VSA was in ve­le op­sig­te soos die mees­te an­der ná die Twee­de Wê­reld­oor­log, met een ver­skil: Do­nald Trump.

Die vo­ri­ge keer toe daar ’n soort­ge­ly­ke si­tu­a­sie was, was in 1986 toe Ro­nald Re­a­gan die pre­si­dent was en die Se­naat ook on­der Re­pu­bli­kein­se be­heer was, maar die Huis van Ver­teen­woor­di­gers deur die De­mo­kra­te be­heer is.

Die al­ge­me­ne ver­wag­ting was dat die stand van die A­me­ri­kaan­se e­ko­no­mie, wat tans teen on­ge­veer 4% groei, aan die Trump-ad­mi­nis­tra­sie ’n skans sou bied teen die ti­pie­se mid­del­ter­myn­ver­lie­se wat die­nen­de A­me­ri­kaan­se pre­si­den­te on­der­vind.

Weens die mis­lei­den­de me­nings­pei­lings in die pre­si­dents­ver­kie­sing in 2016 is ge­twy­fel oor die pei­lings wat weer­stand teen Trump on­der ver­al vroue uit­ge­wys het. Die De­mo­kra­te het be­heer van die Huis van Ver­teen­woor­di­gers by die Re­pu­bli­kei­ne oor­ge­neem, en die Re­pu­bli­kei­ne het be­heer oor die Se­naat be­hou. Die Re­pu­bli­kei­ne het steeds die meer­der­heid goe­wer­neurs (28 uit 50) in die deel­sta­te.

Wat het dié ver­an­de­ring mee­ge­bring as die groei­en­de e­ko­no­mie dan nie Trump se troef­kaart was nie? Die re­des lyk de­mo­gra­fies en i­de­o­lo­gies van aard.

Vroue het in groot ge­tal­le vir die De­mo­kra­te ge­stem uit frus­tra­sie oor Trump se hou­ding jeens hul­le. Voorts het ste­de­li­ke en ver­al voor­ste­de­li­ke mid­del­klas­ge­sin­ne en die jeug hul steun aan die De­mo­kra­te toe­ge­sê.

Dié drie ver­an­de­rings hou groot im­pli­ka­sies in vir 2020 se pre­si­dents­ver­kie­sing en sal ver­skeie De­mo­kra­tie­se aan­spraak­ma­kers moed gee, ver­al vrou­e­kan­di­da­te. Hil­la­ry C­lin­ton het in 2016 be­wys dat ’n vrou meer po­pu­lê­re steun as ’n man kan kry.

Die rooi muur se hou­vas op die Se­naat en goe­wer­neur­skap­pe ver­dien ook aan­dag. Die Re­pu­bli­kei­ne moes net ne­ge se­tels in die Se­naat be­hou en die De­mo­kra­te 26. Tóg het die Re­pu­bli­kei­ne nie net hul be­heer be­hou nie, maar dit ver­groot, on­der meer dank­sy Trump se ak­tie­we veld­tog­te ten guns­te van hul kan­di­da­te.

In die maand voor die ver­kie­sing het hy feit­lik ’n vol­tyd­se ver­kie­sings­veld­tog in deel­sta­te ge­voer. Die se­naat­soor­win­nings was ver­al in die so­ge­naam­de “rooi s­ta­te” soos In­di­a­na, Ten­nes­see, Tex­as en Noord-Da­ko­ta.

Wat be­te­ken die uit­slag vir Trump?

Trump sal sy on­der­han­de­lings­vaar­dig­he­de baie meer moet in­span as toe die Re­pu­bli­kei­ne al­bei hui­se van die Kon­gres be­heer het. Hy het steeds die Se­naat aan sy kant, wat be­te­ken hy kan sy ont­wrig­ten­de bui­te­land­se be­leid en si­nie­se hou­ding jeens kli­maats­ver­an­de­ring voort­sit, as­ook in­ter­na­si­o­na­le oor­een­koms­te wy­sig.

Hoe­wel die Huis van Ver­teen­woor­di­gers nie hier­oor seg­gen­skap het nie, be­heer hy al­le wet­ge­wing met be­trek­king tot die A­me­ri­kaan­se be­gro­ting en dít is pre­sies waar die knoop lê.

Ver­der is die Huis van Ver­teen­woor­di­gers die e­nig­ste in­stan­sie wat met die pro­ses van ’n staat van be­skul­di­ging kan be­gin. Die Mu­el­ler-on­der­soek na Rus­sie­se in­men­ging in die 2016-ver­kie­sing en Trump se des­tyd­se veld­tog is re­des vir so ’n pro­ses.

Dit kan Trump op pad na ’n twee­de ter­myn po­li­ties be­na­deel, maar die pro­ses is eint­lik dood­ge­bo­re om­dat die Se­naat die ver­hoor moet hou na­dat ’n pre­si­dent in ’n staat van be­skul­di­ging ge­plaas is. Die Re­pu­bli­kein­se meer­der­heid in die Se­naat is dus am­per soos ’n po­li­tie­ke ver­se­ke­rings­po­lis vir Trump.

Hy kan eg­ter in die vol­gen­de twee jaar die mees­te teen­stand ver­wag van die oor­sigrol wat die Huis van Ver­teen­woor­di­gers met ’n klomp ko­mi­tees speel. Dit is in hier­die kon­teks waar die A­me­ri­ka­ners nou ’n Trump-va­ri­a­sie op B­rex­it ge­skep het: T­rex­it!

Re­a­gan moes on­der die­self­de om­stan­dig­he­de van sy be­leids­rig­tings ver­sag en ver­skeie kom­pro­mieë aan­gaan. Dít be­hoort Trump weer na sy boek The Art of the De­al te laat gryp.

Die ver­kie­sings­uit­slag sal sy on­ge­brei­del­de om­gang met po­li­tie­ke mag dus aan­sien­lik be­perk en die De­mo­kra­te sal ’n nu­we hup­pel in hul stap op pad na 2020 se pre­si­dents­ver­kie­sing hê.

Be­ne­wens die de­mo­gra­fie­se ver­skui­wing in ste­de­li­ke en voor­ste­de­li­ke ge­bie­de en on­der vroue, bly die ba­sie­se po­li­tie­ke steun­pa­tro­ne eg­ter steeds die­self­de: Die De­mo­kra­te se steun lê in die ge­tal­ry­ke deel­sta­te van die Oos- en die Wes­kus, met die Re­pu­bli­kein­se steun tus­sen dié twee ge­bie­de.

Im­pli­ka­sies vir SA

Suid-A­fri­ka is aan die ont­vang­kant van A­me­ri­kaan­se bui­te­land­se­be­leids­kwes­sies soos sank­sies teen Iran en die ge­vol­ge daar­van, soos die wis­sel­val­li­ge o­lie­prys. Dit sluit ook die han­dels­oor­log met C­hi­na in. Met die be­per­kin­ge op Trump se be­we­gings­vry­heid kan dié stra­te­gieë ge­tem­per word.

De­mo­kra­te het gro­ter be­grip vir die ont­wik­ke­lings­di­na­mi­ka in ’n kom­plek­se land soos Suid-A­fri­ka en sal weer­stand teen die ver­een­vou­dig­de i­de­o­lo­gie­se sie­nin­ge van die Re­pu­bli­kei­ne bied.

Dit kan pre­sies die po­li­tie­ke blaas­kans wees wat Suid-A­fri­ka no­dig het so­dat pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa sy po­li­tie­ke mag bin­ne die ANC kan kon­so­li­deer.

■ Ven­ter is ’n po­li­tie­ke ont­le­der ver­bon­de aan die sa­ke­skool van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.