Duur les van twee groot oor­loë aan die ver­vaag

Pre­sies om 11:00 mô­re­og­gend, die 11de dag van die 11de maand, sal dit ’n eeu wees dat die slag­ting van die Eer­ste Wê­reld­oor­log op­ge­hou het. kyk na wel­ke in­gry­pen­de ge­vol­ge die oor­log – selfs van­dag nog – op die wê­reld ge­had het.

Beeld - - By -

Vir ver­re­weg die mees­te Suid-A­fri­ka­ners is die Eer­ste (en Twee­de) Wê­reld­oor­log iets waar­oor hul­le dalk in ge­skie­de­nis­boe­ke lees, maar wat baie ver weg is. Twee per­soon­li­ke er­va­rings het eg­ter by my tuis­ge­bring dat die kon­flik nie bloot in boe­ke voor­kom nie, maar on­ge­loof­li­ke ge­vol­ge vir mil­joe­ne men­se van v­lees en bloed ge­had het.

Op 11 No­vem­ber 2008 was ek teen­woor­dig toe die uit­breek van die oor­log ge­denk is in Ie­per, die Vlaam­se dorp waar som­mi­ge van die bloe­dig­ste veld­slae van die Eer­ste Wê­reld­oor­log plaas­ge­vind het.

Ek het on­der die Me­nen­poort ge­staan, die mo­nu­ment waar­op die na­me van so­wat 55 000 sol­da­te ge­bei­tel is – sol­da­te van wie geen stof­li­ke oor­skot ge­vind is nie. Die an­der hon­derd­dui­sen­de ge­sneu­wel­des word ver­teen­woor­dig deur rye en rye wit krui­se in die mi­li­tê­re be­graaf­pla­se wat hul­le by­na ein­de­loos uit­strek.

Dit was ’n ti­pie­se Eu­ro­pe­se herfs­dag, koud en re­ë­ne­rig. Dit was as­of die na­tuur by die aan­skoue van so­veel in­ten­se ly­ding en ver­driet self nie sy tra­ne kon be­dwing nie.

Op die een muur van die poort het ek be­ken­de na­me ge­sien. Na­me soos J.F. de Vil­liers, E.G. de Wet, J.A.G. T­heron en J.O. We­ber.

Wie was hul­le? Het hul ou­ers en fa­mi­lie hul­le ge­mis?

Die twee­de ge­leent­heid was op 13 Ju­lie 2013 in die be­graaf­plaas Ty­ne Cot, net bui­te die na­bu­ri­ge dorp Pas­sen­da­le, waar die slag­ting ewe groot was. Dit was by die be­graf­nis van die oor­skot­te van drie on­be­ken­de Suid-A­fri­kaan­se sol­da­te wat in ’n Duit­se bom­bar­de­ment in 1917 in hul loop­graaf ge­tref en deur die ont­plof­fing be­gra­we is.

Hul na­me staan waar­skyn­lik ook in die Me­nen­poort, maar nie­mand weet wie hul­le is nie.

Hul oor­skot­te is pas in 2011 deur wer­kers ont­dek en op grond van hul u­ni­form­kno­pe as Suid-A­fri­ka­ners ge­ï­den­ti­fi­seer. Dis on­der die aan­dag van die Suid-A­fri­kaan­se am­bas­sa­de in Brus­sel ge­bring, wat toe vir die be­graf­nis ge­sorg het.

Wie was die drie? Wat was hul dro­me? Het hul­le ge­ly, of is hul­le on­mid­del­lik dood?

Die men­se na wie hier ver­wys is, was ti­pies van mil­joe­ne sol­da­te oor Eu­ro­pa heen van wie in die ja­re 1914-’18 veel meer ge­ëis is as wat die mens­li­ke gees kon gee. En die ei­se het ge­kom van po­li­ti­ci en ge­ne­raals ver ag­ter die front, wat niks be­sef het van die mod­der, koue, stank, ver­ve­ling en doods­vrees wat die ge­wo­ne sol­da­te moes deur­maak nie.

Die Eer­ste Wê­reld­oor­log was ’n stryd waar­in die ge­ne­raals el­ke voor­skrif van mi­li­tê­re ge­son­de ver­stand by die ven­ster uit­ge­smyt het. Ná ’n aan­vank­li­ke be­weeg­li­ke fa­se, wat eg­ter s­legs en­ke­le maan­de ge­duur het, het die oor­log ver­star tot ’n loop­graaf­stryd met on­be­weeg­li­ke li­nies wat me­kaar in ’n ys­ter­greep vas­ge­hou het.

Die een mas­sa­le front­aan­val ná die an­der op ’n goed ge­for­ti­fi­seer­de en voor­be­rei­de vy­and was die ge­volg. Die sol­da­te moes deur rye do­ring­draad beur ter­wyl die vy­an­de­li­ke ma­sjien­ge­we­re en ar­til­le­rie hul­le in rye af­maai.

Die ver­lies­sy­fers was dus ver­bys­te­rend – by­na 10 mil­joen sol­da­te het in die oor­log ge­sterf. Dis ’n sy­fer wat die mens­li­ke ver­stand by­na nie kan be­vat nie.

Maar ook as jy die oor­log meer op ’n ma­kro­vlak be­kyk, is die ska­de wat hy aan­ge­rig het, on­meet­lik. Dit was niks min­der nie as die ein­de van Eu­ro­pa se on­skuld, die eer­ste oor­log wat op in­dus­tri­ë­le skaal ge­voer is.

Tus­sen 1870-’71 (die Fran­sPrui­sie­se Oor­log waar­ty­dens die Duit­se s­ta­te tot ’n kei­ser­ryk ver­e­nig is) en 1914 het Eu­ro­pa ’n on­ge­ken­de era van vre­de, po­li­tie­ke sta­bi­li­teit, e­ko­no­mie­se voor­spoed en teg­no­lo­gie­se voor­uit­gang be­leef. Dis al­les deur die oor­log aan sker­we ge­slaan.

Drie kei­ser­ry­ke – dié van Duits­land, Oos­ten­ryk-Hon­ga­rye en Rus­land – het ge­val. Die e­ko­no­mie­se voor­spoed is deur e­ko­no­mie­se kri­sis­se ver­vang; die po­li­tie­ke sta­bi­li­teit deur on­sta­bi­li­teit.

In Rus­land het Wla­di­mir Le­nin se kom­mu­nis­te ’n skrik­be­wind en be­drei­ging vir die in­ter­na­si­o­na­le or­de ge­skep wat pas met die uit­een­val van die Sow­jet­u­nie in 1991 fi­naal ten ein­de ge­loop het.

In Duits­land het die die­pe ver­ne­de­ring van die ne­der­laag en die e­ko­no­mie­se kri­sis die voe­dings­bo­dem ge­word vir die be­winds­oor­na­me van A­dolf Hit­ler in 1933.

Aan­ge­sien Hit­ler – an­ders as die si­tu­a­sie in 1914 – baie doel­be­wus op oor­log af­ge­stuur het, was die uit­breek van die Twee­de Wê­reld­oor­log al in 1933 on­ver­my­de­lik. Hit­ler, ’n ti­pie­se po­pu­lis wat sy eie en sy land se ver­mo­ëns ma­te­loos oor­skat het, het Duits­land in die erg­ste vuur­storm en ver­woes­ting se­dert die Der­tig­ja­ri­ge Oor­log in die 17de eeu in­ge­lei. Duits­land was die ver­loor­der, maar eint­lik het die he­le Eu­ro­pa saam met hom ver­loor.

Die vas­te­land het sy oor­heer­sen­de po­si­sie kwyt­ge­raak ten guns­te van A­me­ri­ka en die Sow­jet­u­nie, wat die vol­gen­de vier de­ka­des soos sker­pi­oe­ne om me­kaar ge­dans en ver­skeie ke­re by­na-by­na in ’n kern­oor­log in­ge­suig is.

Dit sou die ein­de van al­le le­we op aar­de be­te­ken het. Dit sou ’n kon­flik ge­wees het wat 1914-’18 na ’n kin­der­tuin­par­ty­jie laat lyk het. Dis nie dat die ska­de­li­ke ge­vol­ge van die Eer­ste Wê­reld­oor­log on­ver­my­de­lik was nie.

Op die Ge­al­li­eer­de v­re­des­on­der­han­de­lin­ge in Pa­rys in 1918-’19 was daar ver­al twee af­ge­vaar­dig­des wat ver­der ge­dink het as wat hul neus lank was en wat wou voor­kom dat Duits­land deur ’n al­te er­ge ver­ne­de­ring sou bly brand om wraak te neem.

Hul­le was die Suid-A­fri­ka­ners, genls. Lou­is Bo­tha en ver­al Jan S­muts. As ’n mens S­muts se kor­re­spon­den­sie in dié tyd lees, kan jy nie an­ders nie as om on­der die in­druk te kom van sy die­pe in­sig in die ge­skie­de­nis en die po­li­tiek.

Maar Bo­tha en S­muts het s­legs die klein U­nie van SuidA­fri­ka ver­teen­woor­dig. Ver­al die Fran­se pre­mier, Ge­or­ges C­le­men­ceau, wou Duits­land vol­le­dig ont­man­tel.

Hit­ler en die Twee­de Wê­reld­oor­log was die ge­volg. En daar­die oor­log se mens­li­ke el­len­de het selfs dié van 1914-’18 laat ver­bleek. Waar die sterf­ge­val­le in die Eer­ste Wê­reld­oor­log oor­wel­di­gend dié van sol­da­te was, het 50-55 mil­joen bur­ger­li­kes in 1939-’45 ge­sterf (teen­oor 21-25 mil­joen sol­da­te).

Hoe ’n mens die saak dus ook al wil be­kyk, ver­re­weg die mees­te pro­ble­me van die 20ste eeu is aan die rol ge­bring deur die ka­ta­stro­fe van die Eer­ste Wê­reld­oor­log. ’n Mens sou dink dat die twee oor­loë die mens­dom ’n les ge­leer het. En dit hét, maar he­laas is die les be­sig om weg te sink in die wê­reld se kol­lek­tie­we ge­heue.

Die wê­reld word, nes tus­sen die twee wê­reld­oor­loë, steeds on­sta­bie­ler. En waar die in­ter­na­si­o­na­le po­li­tiek steeds meer oor­heers word deur po­li­ti­ci wat im­pul­sief op­tree, hou ’n mens jou hart vas.

S­choltz is ’n on­af­hank­li­ke po­li­tie­ke kom­men­ta­tor.

Dit was niks min­der nie as die ein­de van Eu­ro­pa se on­skuld, die eer­ste oor­log wat op in­dus­tri­ë­le skaal ge­voer is.

Fo­to: GETTY IMAGES

’n Ska­re in W­hi­te­hall, Lon­den, vier om 11:00 op 11 No­vem­ber 1918 die ein­de van die Eer­ste Wê­reld­oor­log.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.