Weer laat be­plan­ners bont­staan

Beeld - - Leefstyl - TERÉSA COETZEE @te­re­sa­coet­zee Ry­ers trot­seer die y­si­ge koue op die Swart­berg­pas in die vyf­de skof van van­jaar se Ca­pe Pi­o­neer Trek. Die or­ga­ni­seer­ders het kort daar­na die be­sluit ge­neem om die ren te stop weens die ge­vaar­li­ke weers­toe­stan­de.

In die 11 jaar wat ek fiets­ry en aan by­een­koms­te deel­neem, het ek al ’n paar keer be­leef hoe din­ge on­ver­wags skeef­loop weens om­stan­dig­he­de bui­te die or­ga­ni­seer­ders se be­heer en ek is keer op keer ver­stom hoe hul­le ha­se uit die hoe­de ruk en moei­li­ke si­tu­a­sies be­red­der.

Soms gooi die weer en na­tuur­e­le­men­te din­ge le­lik om­ver, soos die bran­de wat in 2015 in die Kaap die Kaap­stad-fiets­toer se roe­te met am­per die helf­te van die af­stand ver­kort het. Ek het daar­die jaar ook ge­ry en dit was op die ou end ’n baie jo­li­ge af­fê­re. Ons het langs die pad ge­stop vir room­ys en la­ter bier en saam met die pom-pom-mei­sies in die straat ge­dans. Kor­ter af­stand en al het ons am­per daar­die jaar die af­sny ge­mis met al die kas­ke­na­des!

Ver­le­de jaar moes die Berg & Bush-or­ga­ni­seer­ders die roe­tes van die twee­de by­een­koms ver­kort weens er­ge re­ën en van­jaar was dit die­self­de sto­rie. Maar dit het baie ry­ers nie ge­keer om heer­lik par­ty­tjie te hou in die mod­der en re­ën nie en van my vrien­de ver­tel dat dit steeds een van die lek­ker­ste by­een­koms­te was waar­aan hul­le al deel­ge­neem het.

In die vyf­de skof van van­jaar se Ca­pe Pi­o­neer Trek is baie ry­ers half­pad op die be­ken­de Swart­berg­pas ge­stop en moes hul­le net daar om­draai weens er­ge ys­re­ën en win­de wat ge­vaar­lik ge­raak het by die eind­punt bo-op die berg. Ek het daai pas al ’n klomp ke­re te­vo­re met ’n fiets uit­ge­ry en in 2015 selfs van weers­kan­te af vir daar­die jaar se Ca­pe Pi­o­neer Trek.

Ek was van­jaar so ’n klein bie­tjie ver­lig toe die weer sy stre­ke be­gin uit­haal het, nes ek oor­stelp was ver­le­de jaar in die twee­de skof van die E­pic toe ons ook vroeg­og­gend ’n SMS ge­kry het met die nuus dat daar­die skof kor­ter ge­maak is weens er­ge hit­te. Die uit­sig­te daar van die Swart­berg­pas af is a­sem­ro­wend mooi as die weer saam­speel, maar om dit in ruk­win­de en y­si­ge re­ën te ry, is nie my i­dee van ’n op­win­den­de uit­stap­pie in die na­tuur nie. Toe Hen­co Ra­de­mey­er van Dry­land vir my die nuus gee van die Swart­berg­pas, het ek hom om die hals ge­val van vreug­de.

Ek het van­jaar vir die vyf­de keer aan die ge­wil­de Wi­nes2­W­ha­les-berg­fiets­ma­ra­thon in die Kaap gaan deel­neem en ons het ge­dink ons het dit erg ge­tref toe tem­pe­ra­tu­re die kwik ver bo die 40 °C ge­stoot het in die C­har­don­nay-by­een­koms, maar twee dae la­ter moes die ry­ers die ten­te­dorp in die nag ont­ruim en by die naas­te skool gaan skui­ling soek weens bran­de en storms wat daar in Oak Val­ley ge­woed het.

In die der­de af­de­ling van die ren, die S­hi­raz, is die roe­te nood­ge­dwon­ge heel­te­mal ver­an­der. Die er­ge on­lus­te en be­to­gings in Her­ma­nus het die or­ga­ni­seer­ders ge­dwing om sul­ke dras­tie­se be­slui­te te neem.

Ek haal my hoed af vir Grand­stand Ma­na­ge­ment, die­self­de men­se wat die Ca­pe E­pic or­ga­ni­seer, vir hul doel­tref­fen­de kri­sis­be­heer en dat hul­le el­ke keer die ry­ers se vei­lig­heid bo e­nig­iets an­ders stel. Om dié plan­ne op sul­ke kort ken­nis­ge­wing in plek te kry kos ge­woon­lik baie ek­stra geld en moei­te, maar ten spy­te daar­van was die ry­ers al­tyd eer­ste.

Dit was die eer­ste jaar dat Grand­stand Ma­na­ge­ment die Wi­nes2W­ha­les ge­or­ga­ni­seer het se­dert hul­le dit ver­le­de jaar oor­ge­koop het en al­mal het nog­al heim­lik ge­won­der of hier­die ge­wil­de ma­ra­thon steeds so goed ge­or­ga­ni­seer sou wees, waar­op die ant­woord ’n be­slis­te “ja” is. Dit bly een van die bes­te drie­dag-by­een­koms­te met uit­ste­ken­de kos, ’n goeie ten­te­dorp met heer­li­ke stor­te en toi­let­ge­rie­we en won­der­li­ke, beeld­sko­ne roe­tes.

Ek het ver­al baie van die i­dee ge­hou dat daar nou spe­si­a­le aan­dag ge­gee word aan vrou­e­ry­ers in die C­har­don­nay, die eer­ste van die drie by­een­koms­te, en vroue kry vir die eer­ste keer die­self­de prys­geld as mans.

Vi­va Wi­nes2W­ha­les en Grand­stand Ma­na­ge­ment, vi­va!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.