Bi­ki­ni-ge­reed met FitC­hef

As jy ’n fyn­proe­wer is wat lief is vir lek­ker eet, maar dalk ’n bie­tjie lui is in die kom­buis en te veel na on­ge­son­de kits­kos mik, is FitC­hef dalk net ’n goeie op­sie vir jou.

Beeld - - Leefstyl - KARLA JAN­SE VAN VUUREN @Kar­laKos­klets ’n Ver­sa­me­ling FitC­hef-pro­duk­te.

Dis nou een­maal ’n feit, ná 30 en ná ’n ba­ba suk­kel ’n mens maar om weer daar­die plat ma­gie van jou 20’s en jou self­ver­troue te hê.

In van­dag se ge­jaag­de le­we is dit ook baie moei­lik om el­ke aand vir jou ge­sin ge­son­de kos voor te be­rei, om nie eens te praat van ge­sond eet by die werk nie (en as Wool­wort­hs bin­ne loop­af­stand is, eet ’n mens baie pas­taslaaie).

Toe ont­dek ek FitC­hef en be­sluit om hul “21 Day C­hal­len­ge” te be­proef. Dit be­vat al jou maal­tye en peu­sel­hap­pies (meest­al smoo­thies)­ vir 21 dae (teen R3 999).

Ek het al­le soet­goed en al­ko­hol ook uit­ge­ska­kel en my to­taal ge­wy aan die FitC­hef-er­va­ring.

En die re­sul­taat? Ek ver­loor 4 kg, 4 cm om my mid­del – en my cho­les­te­rol (wat ek net voor die uit­da­ging laat toets het) daal van 5,2 tot 4,5. Al­les in drie we­ke.

En die bes­te van al­les is die heer­li­ke kos – ek het ge­smul aan al­les van ke­ker­ert­jie­pot­jie met ge­meng­de groen­te tot fi­lets­te­ak met ba­ba-aar­tap­pels en roer­braai­groen­te.

Al die maal­tye is be­vro­re; daar is dus die ek­stra ge­rief van om net iets uit jou vries­kas te haal en in die mi­kro­golf warm te maak.

Dus geen ver­soe­king om on­ge­son­de kos te kies net om­dat jy hon­ger is en niks an­ders by­der­hand het nie.

Ek is baie be­ïn­druk en be­sluit om met die man ag­ter FitC­hef, Way­ne Ka­min­sky, te gaan ge­sels. Ons ont­moet by FitC­hef se kan­to­re in Rand­burg vir mid­dag­e­te (ek is bly om te sien een van die op­sies is een van my guns­te­ling­maal­tye, die boe­rie­bre­die met groen­bo­ne en fyn pa­tats) en ek is da­de­lik ge­tref deur Ka­min­sky se pas­sie vir wat hy doen.

Hy is ’n baie ak­tie­we man wat al­les van Iron­man tot die Ca­pe E­pic-berg­fiets­ren ag­ter sy naam kan skryf.

FitC­hef is in 2013 be­gin toe hy be­sef het al is hy so fiks en aan die gang, is hy steeds 6 kg oor­ge­wig.

“Ek het be­sef al­le eet­plan­ne mis­luk hoof­saak­lik om­dat ons nie ge­son­de op­sies by­der­hand het nie. Ek het be­gin om my eie ge­son­de maal­tye te maak en dit te v­ries, en het vir drie we­ke net my eie, tuis­ge­maak­te kos ge­ëet. Ná die drie we­ke het ek al die ek­stra ge­wig ver­loor en ab­so­luut on­ge­loof­lik ge­voel.”

Sy eie re­sul­ta­te het Ka­min­sky ge­ïn­spi­reer om FitC­hef te stig, en die res, soos hul­le sê, is ge­skie­de­nis.

In net vyf jaar het FitC­hef van krag tot krag ge­gaan, en Ka­min­sky ver­tel selfs in die hui­di­ge sleg­te e­ko­no­mie het hul­le nog net voor­uit ge­gaan. Van­dag word ’n mas­sie­we reeks FitC­hef-maal­tye, smoo­thies, peu­sel­hap­pies, drink­goed en selfs kin­der­maal­tye in vyf kom­bui­se in Jo­han­nes­burg en Kaap­stad voor­be­rei. Dok­ters en di­eet­kun­di­ges be­veel dit aan, en Ka­min­sky en sy span werk ook saam met ken­ners om se­ker te maak die maal­tyd­sa­me­stel­lings en por­sie­groot­tes is op­ti­maal.

Hul­le ver­koop jaar­liks meer as ’n mil­joen maal­tye (aan­lyn en on­der meer in Dis­chem-ap­te­ke).

Ka­min­sky is baie be­trok­ke by el­ke as­pek van die on­der­ne­ming en hy ver­tel hul­le is ge­du­rig aan die proe om se­ker te maak die stan­daard bly hoog.

“Ons moes nou net hier­die week een van ons ge­wild­ste maal­tye, die hoen­der­pes­to­pas­ta, af­keur om­dat dit net nie op stan­daard was nie.”

FitC­hef is eer­lik oor hul be­stand­de­le, daar is niks op die be­stand­de­le­lys wat ’n mens nie her­ken nie. Hul leu­se is “eat cle­an” en “re­al food”.

Ka­min­sky ver­tel hy het ’n hand ge­had in die ont­wik­ke­ling van el­ke maal­tyd, en dit is dui­de­lik hoe pas­sie­vol hy oor goeie kos is. Hy raak ver­al op­ge­won­de wan­neer hy oor die reeks smoo­thies (prop­vol ve­sel) en die mues­li (wat 18 maan­de ge­neem het om reg te kry) ge­sels.

“Ons is ook op ’n mis­sie om ons ver­pak­king meer om­ge­wings­vrien­de­lik te maak. ’n Nu­we reeks op­win­den­de maal­tye word ook bin­ne­kort be­kend ge­stel, wat la­sa­gne in­sluit.”

Fo­to: FITC­HEF

Way­ne Ka­min­sky is die man ag­ter FitC­hef.

Fo­to: FITC­HEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.