VRA VIR ERNST

Beeld - - Leefstyl - Ernst van Jaars­veld Roe­lof van den Berg van Wel­kom skryf: My seun het drie aal­wy­ne in baie mooi

Skryf aan Vra vir Ernst: Ba­by­lon­sto­ren-plaas, Klap­muts, Si­mon­di­um, Paarl, 7670

Stuur e-pos na ernst@ba­by­lon­sto­ren.com of Ern­st­vj@out­look.com.

Baie dan­kie vir jou in­te­res­san­te ru­briek Sa­ter­dae in die koe­rant. Ek het ’n pro­bleem met my twee jaar oue suur­le­moen­boom.

Aan die on­der­kant van som­mi­ge bla­re vorm daar ’n soort “skim­mel”, as­ook taai­e­ri­ge hel­der drup­pels. Daar is ook ’n klein geel­groen vlie­gie wat rond­hard­loop tus­sen die skim­mel en drup­pels. Na­der­hand word die bla­re geel en val dan af. Die boom het vir die eer­ste keer 22 prag­ti­ge ge­son­de suur­le­moe­ne ge­dra.

Kan jy dalk vir my laat weet hoe ek die plaag kan ver­wy­der. Om­dat dit aan die on­der­kant van die bla­re voor­kom is dit moei­lik om te be­spuit. Ek het al ver­skeie mid­dels on­suk­ses­vol pro­beer. On­der die boom is daar ’n paar mal­va­blom­plan­te.

Ant­woord:

Roe­lof, si­trus­vrug­te is on­der­he­wig aan siek­tes, maar nie on­oor­kom­baar nie. So, ’n suur­le­moen­boom in el­ke tuin is on­mis­baar. Ek ver­moed dat jy si­trus­sil­la het.

Die klein gog­ga­tjies is meer be­dry­wig aan die on­der­kant van die bla­re en ver­oor­saak knop­pies aan die bo­kant. Dit is be­lang­rik dat jy met ’n sis­te­mie­se in­sek­mid­del die plaag aan­durf. Dra net die reg­te toe­rus­ting en wend ook die reg­te s­terk­te aan. Spuit so el­ke tien dae vir ’n maand. Dit be­hoort hul­le in toom te hou. Jy kan so drie maal per jaar be­mes, een keer in die win­ter, so­mer en weer vroeg­herfs. Jou boom is nog jonk, gee 500 g 3:1:5 met el­ke toe­die­ning. Strooi on­der sy kroon­drag en be­nat voor en ná be­die­ning.

Net vir in­te­res­sant­heid, Jan van Rie­beeck het die eer­ste vrug­te van ’n suur­le­moen­boom aan die Kaap op 16 Ju­lie 1661 ge­pluk. Hy was deel van die VOC en het boek ge­hou van al­les wat hul­le in die kom­pan­jies­tuin in die Kaap ge­kweek het. Die suur­le­moe­ne is ryk aan vi­ta­mien C en pre­sies wat die siek ma­tro­se wat aan skeur­buik ge­ly het, no­dig ge­had het. Die suur­le­moe­ne het Van Rie­beeck va­n­af St. He­le­na in­ge­voer.

Jo­han Ba­den­horst van Port E­li­za­beth skryf:

pot­te, maar nou lyk dit as­of die goed nie lan­ger wil le­we nie. Al lyk dit so, is ek re­de­lik se­ker dat dit nie te min wa­ter is nie. Kan jy help? Die aal­wy­ne kom van Jo­han­nes­burg af en dit is nog­al klein pot­jies. Ek dink die pot­te het vo­lu­mes van so tus­sen 5 en 10 li­ter en het moont­lik nie veel be­mes­ting ge­kry nie en de­fi­ni­tief nie on­langs nie. Ek het ’n wurm­plaas en ook ’n re­de­li­ke groot kom­pos­hoop. Ek sal dus kan help met “Wurm­tee” of “Worm Cas­tings” of kom­pos of dink jy aan iets an­ders? Boun­ce Back mis­kien? Dit is baie mooi pot­te en ’n mens sal dit nie graag wil breek nie. Dink jy dat die aal­wy­ne, met die reg­te sorg, kan reg­kom?

Ant­woord:

Jo­han, aal­wy­ne soek vol­son en grond wat goed drei­neer met ’n hoë or­ga­nie­se in­houd. Gee na­tuur­li­ke kom­pos. Ek kan sien dit is nie wa­ter­te­kort nie. As dit die reg­te voe­ding kry, is dit ook meer siek­te­be­stand. Dit vrek van die blaar­pun­te te­rug. Daar is iets wat hul­le groei be­na­deel. Die bek van die pot­te is maar klein en die wor­tels het ge­noeg suur­stof no­dig en die plan­te ge­noeg lig. Dit kan ook wees dat die wor­tels ’n ge­brek aan suur­stof het. As dit ’n swam­siek­te is, kan jy voor­ko­mend ko­per­ok­si­chlo­ried spuit. Gee ge­rus die Wurm­tee, die plan­te kan net voor­deel trek. Ek hoop hul groei­pres­ta­sie ver­be­ter.

Jo­han Ba­den­horst se fo­to van sy siek aal­wy­ne in hou­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.