Kom­mer oor Pro­te­as se kolf­diep­te

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

’NVyf­tig­tal deur Da­vid Mil­ler was nie ge­noeg om te ver­goed vir die Pro­tea-voor­slag­kol­wers se treu­ri­ge ver­to­nings in die twee­de een­dag­wed­stryd teen Aus­tra­lië Vry­dag in A­de­lai­de nie.

Suid-A­fri­ka het dié wed­stryd met se­we lo­pies ver­loor na­dat Aus­tra­lië vir ’n be­skeie 231 uit­ge­haal is op ’n re­de­li­ke mak kolf­blad. Die Pro­te­as kon s­legs 224/9 in hul 50 boul­beur­te be­reik.

Die ein­de was ook glad nie so span­nend soos wat die tel­ling weer­spie­ël nie.

Faf du P­les­sis, die SuidA­fri­kaan­se kap­tein, was ná die wed­stryd te­leur­ge­steld met sy span se kolf­ver­to­ning.

“Ek was baie te­vre­de ná ons boul­ver­to­ning, maar ek is baie te­leur­ge­steld met hoe ons ge­kolf het. Aus­tra­lië het wel goed ge­boul,” sê Du P­les­sis.

Die Pro­te­as het op 68/4 ge­stei­er, na­dat ver­al Ai­den Mar­kram (19) en Hein­rich Klaas­en (14) hul paal­tjies weg­ge­smyt het.

Mar­kram is uit­ge­hard­loop, ter­wyl Klaas­en ’n hou na die by­kant for­seer het en uit­ge­vang is.

Daar­na het Du P­les­sis (47) en Da­vid Mil­ler (51, 71 af­le­we­rings) le­we te­rug in Suid-A­fri­ka se jaag­tog ge­blaas met ’n hard­nek­ki­ge ven­noot­skap van 74.

“Ek en Da­vid moes die span oor die wen­streep ge­neem het,” sê Du P­les­sis.

Toe Du P­les­sis ’n af­le­we­ring van Pat Cum­mins (1/27 in tien boul­beur­te) bui­te die weg­pen ge­jaag het, bin­ne­rand by­ge­kry en dit op sy paal­tjies ge­trek het, was dit weer be­nou­de bou­de vir die Pro­te­as.

“Hul­le het baie druk op ons ge­plaas na­dat ek uit is, maar ’n goeie span sou steeds van daar­die po­si­sie af ge­wen het. Ons moet hard­nek­ki­ger wees met die kolf.”

Op daar­die tyd­stip het hul­le nog 90 lo­pies vir ’n oor­win­ning be­no­dig. Die lo­pie­tem­po was toe nog nie ’n pro­bleem nie, maar die er­ken­de kol­wers het min ge­word.

D­wai­ne P­re­to­ri­us (14) het die Pro­te­as na­der aan die wen­streep help dra met ’n ven­noot­skap van 32 saam met Mil­ler. Toe smyt hy ook sy paal­tjie weg met ’n on­be­son­ne trek­hou.

Toe Da­le S­teyn hom by Mil­ler in die mid­del aan­ge­sluit het, het die Pro­te­as 58 lo­pies van 70 af­le­we­rings vir ’n oor­win­ning be­no­dig, met vier paal­tjies staan­de.

S­teyn (3) het eg­ter nie lank staan­de ge­bly nie en toe Mil­ler boon­op deur Mar­cus S­toi­nis (3/35 in 10 bbe.) been voor paal­tjie be­trap is, was dit neu­sie ver­by vir die Pro­te­as, al het die stert­kant­kol­wers Ka­gi­so Ra­ba­da (9, 17 b) en Lun­gi N­gi­di (19*, 20 bal­le) die Aus­sies so ’n bie­tjie skrik­ge­maak.

Die kolf­pro­ble­me in die af­we­sig­heid van Hashim Am­la en JP Du­miny (al­bei be­seer) en AB de Vil­liers (uit­ge­tree) is kom­mer­wek­kend en die on­er­va­re kol­wers sal na vo­re moet t­ree in mô­re se be­slis­sen­de stryd in Ho­bart.

P­re­to­ri­us het vroe­ër met die bal uit­ge­blink na­dat Suid-A­fri­ka die loot ge­wen en be­sluit het om eer­ste te boul.

Hy het 3/32 in sy tien boul­beur­te be­haal.

Da­le S­teyn (2/31 in tien boul­beur­te) was ook uit­ste­kend.

Ra­ba­da (4/54 in 9.3 bbe.) was self goed, hoe­wel hy duur­der as P­re­to­ri­us en S­teyn was.

Fo­to: GETTY IMAGES

Da­vid Mil­ler se te­leur­stel­ling is dui­de­lik ná hy gis­ter sy paal­tjie ver­loor het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.