Bel­lew groot­me­neer voor hy U­syk pak

Beeld - - Sport - – Mi­cha­el G­reen

Die B­rit­se bok­ser To­ny Bel­lew het die heu­ning­kwas be­hoor­lik uit­ge­haal ter­wyl hy ge­sels het oor O­lek­san­dr U­syk van die Oe­kra­ï­ne, wat van­aand in die kryt op hom wag.

“Hy is bril­jant. Fan­tas­ties. Ver­ba­send. S­kou­spel­ag­tig. Baie meer vaar­dig as ek,” sê Bel­lew.

En toe het hy die vol­gen­de sin­ne­tjie by­ge­las: “Maar ek gaan hom uit­slaan.”

Bel­lew glo die e­nig­ste ma­nier waar­op hy U­syk se ju­ni­or swaar­ge­wig­ti­tels van die Wê­reld­boks­raad (WBR), Wê­reld­boks­ver­e­ni­ging (WBV), Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie (WBO) en In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie (IBF) kan af­neem, is deur hom droom­land toe te stuur.

Da­vid Haye, ’n voor­ma­li­ge swaar­ge­wig­kam­pi­oen van die WBO, dink dit is moont­lik dat Bel­low kan wen, maar glo nie­te­min U­syk, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se kam­pi­oen, sal wen as die ge­veg die vol­le 12 ron­des duur.

U­syk lag net oor praat­jies dat Bel­lew daar­in gaan slaag om hom in ’n “straat­ge­veg” te lok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.