Aas­vo­ëls sir­kel om Ser­gio

Lou­is blaas in Gar­cia se nek

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Lou­is Oost­hui­zen is ’n en­ke­le hou ag­ter by die half­pad­merk.

Ser­gio Gar­cia is steeds die voor­lo­per by die half­pad­merk van Ned­bank se uit­daag-gholf­toer­nooi by Sun Ci­ty, maar in dié S­paan­se Ma­ta­dor se tru­spie­ël is daar heel­wat spe­lers wat op hom af­pyl.

Na­dat hy op die eer­ste aand gaan slaap het met ’n ge­rief­li­ke voor­sprong van vier houe, sal hy van­og­gend wak­ker word met net een hou tus­sen hom en sy naas­te teen­stan­der, Suid-A­fri­ka se Lou­is Oost­hui­zen.

Gar­cia het ’n dag van ge­meng­de suk­ses be­leef, met vyf vo­ël­tjies wat on­ge­daan ge­maak is deur vier brou­houe in sy rond­te van 71 (een hou min­der as baan­sy­fer).

Hy is op ne­ge on­der sy­fer net daar­die en­ke­le hou voor Oost­hui­zen, wat 67 houe ge­speel het. Die Suid-Ka­pe­naar was vuur­warm. Hy het se­we vo­ël­tjies aan­ge­te­ken en net skeef ge­trap op die moei­li­ke agt­ste put­jie, waar hy ’n dub­be­le brou­hou aan­ge­te­ken het.

Daar is eg­ter ’n spul spe­lers wat soos aas­vo­ëls bin­ne be­reik van Gar­cia draai.

Die Fin Mik­ko Kor­ho­nen is op 6-on­der, met sy land­ge­noot Ta­pio Pulk­ka­nen s­legs een hou ver­der te­rug. Dan volg vier spe­lers op 4-on­der. Hul­le is die Suid-A­fri­ka­ner Dy­lan F­rit­tel­li, wat ’n 67 op sy tel­kaart in­ge­vul het, as­ook die En­gels­man­ne Lee We­st­wood (69) en Aa­ron Rai (68) en die Ier S­ha­ne Lo­wry (69).

Daar is agt spe­lers op 3-on­der. Hier­on­der tel die Suid-A­fri­ka­ners Dar­ren Fi­chardt (67) en die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Bran­den Gra­ce (71).

Gar­cia het twee brou­houe oor die laas­te drie put­jies ge­had, in­slui­ten­de ’n drie­set op die laas­te, wat die i­dee ge­wek het dat sy se­t­ys­ter die vo­ri­ge nag in die koel­kas ge­bê­re is.

Sa­ke kon selfs er­ger vir hom ge­wees het, want op die 17de was hy ’n po­lo­nie­skil-breed­te weg daar­van om sy na­der­hou bui­te per­ke te slaan.

Oost­hui­zen, wat van­dag saam met Gar­cia sal speel en nou baie hard in sy nek blaas, het met die uit­son­de­ring van ’n ses op die agt­ste, be­sten­di­ge en goeie gholf ge­speel.

“Ek is ge­luk­kig met my rond­te,” het hy ge­sê. “Ek het die hand­rem nou wel op­ge­trek daar op die agt­ste, maar in die ge­heel het ek goed ge­speel en was ver­al my ys­ters na die set­per­ke glad nie sleg nie.

“Die wind was weer baie wis­sel­val­lig en het sa­ke be­moei­lik. Jy kon dit nooit reg­tig peil nie,” het die Suid-Ka­pe­naar ge­sê.

“Jy moet nou maar een­vou­dig ge­dul­dig wees op hier­die baan. Vir my sal dit baie spe­si­aal wees om Son­dag hier voor die tuis­ska­re te kan wen.”

Ter­wyl Oost­hui­zen gis­ter­aand heel te­vre­de sou gaan slaap het, het ’n nag van rond­rol en nag­mer­ries op sy vriend C­harl S­chwart­zel ge­wag.

Na­dat hy die eer­ste dag in die ge­sa­ment­li­ke twee­de plek af­ge­sluit het, het S­chwart­zel gis­ter ’n tel­kaart met ’n lie­der­li­ke 79 (se­we houe meer as sy­fer) daar­op in­ge­dien. Hy is nou drie houe oor sy­fer en in die ge­sa­ment­li­ke 45ste plek.

Die groot­ste ramp in sy rond­te was by die sy­fer-4 15de put­jie, waar hy ’n 10 aan­ge­te­ken het. Daar­die ses houe wat hy op die een put­jie ver­loor het, het die bo­dem uit sy dag ge­ruk.

Hy kon net een vo­ël­tjie be­haal en sal dié dag so gou as moont­lik wil ver­geet.

Die 15de was ’n groot strui­kel­blok vir ver­skeie spe­lers. Die En­gels­man Ross Fis­her, wat in ’n sta­di­um twee­de was ná Gar­cia, het ’n 9 daar aan­ge­te­ken na­dat hy sy lyf bos­kap­per tus­sen die bo­me ge­hou het.

Die S­pan­jaard Jor­ge Cam­pil­lo het ’n 7 op sy tel­kaart in­ge­vul.

Die groot trek­pleis­ter by van­jaar se toer­nooi, Ro­ry M­cIl­roy, kon weer nie aan die gang kom nie. Hy het 71 houe ge­speel en is op een on­der sy­fer. Hy sal van­dag moet vlam­vat as hy hom­self in ’n po­si­sie wil plaas om mô­re nog aan­spraak te kan maak op die kri­stal­tro­fee.

Die S­pan­jaard Ser­gio Gar­cia speel gis­ter ’n hou uit die sand­kuil op die 16de put­jie ty­dens die twee­de ron­de van die Ned­bank-uit­daag­toer­nooi op die Ga­ry Play­er-baan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.