Toe laat die Ha­ne Ras­sie hoen­der­kop

Beeld - - Sport - Sbu N­ko­si die af­ge­lo­pe week op die oe­fen­veld. Pie­ter Ros­souw was die Bok­ke se held in hul toets teen Frank­ryk in 1997 en het vier keer gaan druk. Co­bus Claas­sen

Ras­sie Eras­mus, die Bok­ke se hoof­af­rig­ter, was die af­ge­lo­pe week so half ver­ras toe ’n Fran­se rug­by­skry­wer hom uit die blou­te vra of hy Suid-A­fri­ka se oor­win­ning oor die Fran­se in 1997 in Pa­rys kan ont­hou.

“Baie goed, ja. Ek kan nie sê ek het goed ge­speel nie, maar dit is goeie her­in­ne­rin­ge,” het Eras­mus ge­ant­woord.

Dit is die dag – op 22 No­vem­ber 1997 – waar­op die S­pring­bok­ke die vloer ge­vee het met die Ha­ne en een van die bes­te ver­to­nings tot nog toe deur die dra­ers van die Groen-en-goud.

Die toer­span was nog die vo­ri­ge Sa­ter­dag in Lyon in ’n ti­ta­nie­se stryd teen Frank­ryk ge­wik­kel en het net-net met 36-32 ge­wen.

Toe kom die slag­ting van 52-10 heel on­ver­wags in Pa­rys.

Dit was boon­op ver­on­der­stel om ’n myl­paal in Fran­se rug­by te wees, want hul­le het die Parc des P­rin­ces-sta­di­on daar­die dag ge­groet, met die Les B­leus wat daar­na in die blink­nu­we S­ta­de de Fran­ce gaan nes­skop het.

Om al­les te kroon het Suid-A­fri­ka al­les­be­hal­we teen ’n hier­jy Fran­se span ge­speel. Die tuis­span het des­tyds on­der meer in Ab­de­latif Be­naz­zi, Lau­rent Ca­ban­nes en P­hi­lip­pe Be­net­ton een van die mees ge­vrees­de los­trio’s in wê­reld­rug­by ge­had.

Maar die Bok-sen­ter An­dré Sny­man het daar­die dag som­mer in die eer­ste mi­nuut al gaan druk en die vleu­el Pie­ter Ros­souw het uit­ein­de­lik vier keer ag­ter die Fran­se doel­lyn gaan draai.

Eras­mus, die Vry­staat­se flank wat in sy vyf­de toets ge­speel het na­dat hy vroe­ër die sei­soen sy toets­bui­ging teen die B­rit­se en Ier­se Leeus ge­maak het, het in die twee­de helf­te die veld ver­laat toe hy har­sing­skud­ding op­ge­doen het.

“Ek ont­hou ek het ’n bal on­der­skep en vir Pie­ter (Ros­souw) weg­ge­stuur en ’n paar mi­nu­te la­ter is ek van die veld af.”

Fa­bien Pe­lous, die Ha­ne se plaas­ver­van­ger-slot, se knie het Eras­mus teen die kop ge­tref.

“Ek ont­hou dit. Wel, ek het dit ná die tyd op die vi­deo ge­sien.

“Dit was ’n goeie dag vir S­pring­bok­rug­by en een van daar­die wed­stry­de waar­in al­les reg ver­loop het. Ek ont­hou ons was skit­te­rend op die aan­val.”

Wat ’n af­skeids­par­ty­tjie vir die “prin­se” van Fran­se rug­by moes wees, het toe ge­lei tot ’n on­voor­sie­ne fol­te­ring vir die so­wat 35 000 toe­skou­ers.

Nick Mal­lett se toer­span (hy het toe pas by Ca­rel du P­les­sis oor­ge­neem) het skoon­skip ge­maak op daar­die toer.

Be­ne­wens die twee se­ges oor Frank­ryk het die Bok­ke op ’n streep met I­ta­lië (62-31), En­ge­land (29-11) en S­kot­land (68-10) af­ge­re­ken.

Dit was die be­gin van die 16 toet­se wat die span ag­ter­een­vol­gens ge­wen het on­der Mal­lett. Die Bok­ke het hul laas­te toets on­der Du P­les­sis ook ge­wen, wat hul­le tus­sen 1997 en 1998 ’n se­ge­tog van 17 toet­se ge­gee het.

Die Fran­se rug­by­skry­wers ver­tel daar­die 1997-ver­ne­de­ring was ’n don­ker dag in hul rug­by, maar no­dig.

Dit het die rug­by­ba­se laat be­sef daar is ver­nu­wing in die span no­dig en die Ha­ne het twee jaar la­ter tot in die eind­stryd van die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Wal­lis ge­vor­der.

Suid-A­fri­ka het ná die roem­ry­ke dag tien jaar la­ter weer in die Parc des P­rin­ces ge­speel en wéér ’n 50-tal op­ge­sta­pel – dié keer in 2007 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi teen Sa­moa (59-7). Die bok­ke het ses we­ke la­ter die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in die S­ta­de de Fran­ce ge­wen.

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.