C­hei­ka ver­ras met heet­hoof in nr. 2-trui

Beeld - - Sport - Wal­lis: Wal­la­bies: Af­skop:

Aus­tra­lië mik van­dag in Car­diff na sy 14de ag­ter­een­vol­gen­de oor­win­ning oor Wal­lis.

Maar on­danks dié in­druk­wek­ken­de stuk­kie sta­tis­tiek sal die Wal­la­bies nie as die guns­te­ling uit­draf nie.

Die Rooi Dra­ke het al ses sy laas­te wed­stry­de ge­wen, ter­wyl die Aus­sies die af­ge­lo­pe 12 maan­de met ’n ska­me­le wen­per­sen­ta­sie van 25% te­vre­de moes wees.

Mi­cha­el C­hei­ka, die af­rig­ter van die Wal­la­bies, het ge­sê dit pla hom nie dat Wal­lis as die guns­te­ling be­skou word nie.

“Jy kyk al­tyd na die 80 mi­nu­te wat voor jou lê en die res is net praat­jies,” het C­hei­ka ge­sê.

C­hei­ka het ver­ras deur To­lu La­tu – wat iet­wat van ’n heet­hoof is – op ha­ker in die plek van die ve­te­raan Ta­ta­fu Po­lo­ta-Nau te kies.

La­tu is on­langs met twee geel­kaar­te ge­straf, maar C­hei­ka het ge­sê hy ver­wag nie van hom om met min­der ag­gres­sie te speel nie.

War­ren Gat­land, Wal­lis se brei­er, het ge­sê hy hoop sy plaas­ver­van­gers­bank kan ’n be­dui­den­de im­pak maak.

“Dis be­slis een van die sterk­ste groep plaas­ver­van­gers wat ons in ’n lang tyd ge­kies het,” het Gat­land ge­sê.

Daar is on­der an­de­re twee B­rit­se en Ier­se Leeus, Dan Big­gar en Li­am Wil­li­ams, en ’n voor­ma­li­ge Wal­lie­se kap­tein, El­lis Jen­kins, op Wal­lis se plaas­ver­van­gers­bank.

■ Leigh Half­pen­ny, Ge­or­ge North, Jo­na­than Da­vies, Had­leigh Par­kes, Josh A­dams, Ga­reth An­scom­be, Ga­reth Da­vies, Ross Mo­ri­ar­ty, Jus­tin Ti­pu­ric, Dan Ly­di­a­te, Alun Wyn Jo­nes (k), A­dam Be­ard, To­mas Fran­cis, Ken O­wens, Nic­ky S­mith. PLAAS­VER­VAN­GERS: El­li­ot Dee, Rob E­vans, Dil­lon Le­wis, Co­ry Hill, El­lis Jen­kins, To­mos Wil­li­ams, Dan Big­gar, Li­am Wil­li­ams.

Da­ne Hay­lett-Pet­ty, Is­rael Fo­lau, Sa­mu Ke­re­vi, Kurt­ley Be­a­le, Se­fa Nai­va­lu, Ber­nard Fo­ley, Will Ge­nia, Da­vid Po­cock, Mi­cha­el Hooper (k), Jack Demp­sey, A­dam Co­le­man, I­zack Rod­da, Al­lan Alaal­a­toa, To­lu La­tu, S­cott Sio. PLAAS­VER­VAN­GERS: Ta­ta­fu Po­lo­ta-Nau, Se­ko­pe Ke­pu, Ta­nie­la Tu­pou, Rob Sim­mons, Ned Ha­ni­gan, Nick P­hipps, Matt To’omua, Jack Mad­docks.

19:20.

Fo­to: GETTY IMAGES

Draaktem­mer? Die vu­ri­ge ha­ker To­lu La­tu is in die Wal­la­bies se be­gin­span vir hul Wal­lis-toets in­ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.