Kyk hier­voor uit voor jy huis koop

Beeld - - Huisgids -

Pro­fes­si­o­ne­le hui­s­in­spek­sies is ’n baie be­lang­ri­ke deel van huis­koop, sê To­ny Clar­ke van die Raw­son Pro­per­ty Group. Hy deel ’n paar wen­ke oor waar­na voor­ne­men­de ko­pers op die uit­kyk moet wees. Dié wen­ke is eg­ter net die eer­ste stap in die pro­ses. Dit moet al­tyd ook deur ’n pro­fes­si­o­ne­le in­spek­sie ge­volg word – al was daar geen ge­vaar­te­kens toe jy self deur die huis ge­gaan het nie. Dak­ke gee lei­dra­de oor die toe­stand van ’n ei­en­dom. V­lek­ke of plek­ke waar die dak in­sak, dui daar­op dat daar nou of in die ver­le­de lek­plek­ke in die dak, gei­ser of wa­ter­py­pe was. Muf of klam­heid is ’n te­ken dat daar nie goeie ven­ti­la­sie is nie of dat klam­heid ’n pro­bleem is.

E­ni­ge don­ker mer­ke om die lig­te kan ’n te­ken van e­lek­trie­se pro­ble­me wees, ter­wyl brand­mer­ke om die kag­gel kan be­te­ken dat die skoor­steen nie be­hoor­lik werk nie. Dit is ook ’n goeie plan om oor dak-i­so­le­ring uit te vra as jy in die huis be­lang­stel. Dit kan ’n groot ver­skil aan ’n huis se leef­baar­heid maak.

Kyk ook mooi na die mu­re van die huis. Klam mu­re het dik­wels muf of die verf dop af – dik­wels na­by aan die bron van die pro­bleem. As die huis on­langs ge­verf is, kan dit moei­lik wees om dié pro­ble­me raak te sien. In so ’n ge­val kan jy met jou hand oor die mu­re vryf om te voel of daar e­ni­ge koue of nat plek­ke is. ’n Klam, muw­we­ri­ge reuk in die huis is ook ’n aan­dui­ding hier­van.

Bad­ka­mer en kom­buis

Om die kra­ne en toi­let­te te toets is ’n goeie be­gin – maar om min­der sig­ba­re lek­plek­ke te soek, moet jy die vloe­re, toon­ban­ke en an­der op­per­vlak­ke vir ska­de na­gaan.

Moe­nie die kom­buis­kas­te en die kas­sies in die bad­ka­mer oor­slaan nie. Dit is ook be­lang­rik om die mu­re ag­ter stor­te en bad­dens vir e­ni­ge te­kens van klam­heid na te gaan. As die verf af­dop of daar is wa­ter­vlek­ke of koue plek­ke, kan dit op ’n ver­steek­te pyp­lek of swak wa­ter­digt­heid dui.

Geu­te en die dak­be­dek­king

Die huis­ei­e­naar of a­gent gaan dalk dink dis vreemd as jy vra om op die dak te klim, maar pro­ble­me met geu­te is dik­wels nie sig­baar van die grond af nie.

Kyk dat die geu­te reg­uit is en dat daar nie e­ni­ge plek­ke is waar dit af­sak nie. Kyk ook uit vir drup­mer­ke of don­ker kol­le. Dit word ge­woon­lik deur lek­plek­ke ver­oor­saak. Daar moet ook ge­noeg drei­ne­rings­py­pe wees wat na die reg­te plek­ke uit­loop.

Dit is dalk moei­lik om van die grond af te sien hoe die huis se dak­te­ëls en an­der be­dek­king lyk, maar as jy kan, pro­beer vir te­kens van on­der meer roes uit­kyk.

As daar ’n lek­plek was, sal dit waar­skyn­lik in die toe­koms weer her­stel moet word. Pro­beer dus uit­vind wat die in­stand­hou­ding s ge­skie­de­nis van die huis sed a kis.

Ven­sters en deu­re

Dit is goeie aan­dui­ders van hoe goed die huis in stand ge­hou word. Maak se­ker dat die ven­sters en deu­re oop- en toe­ge­maak kan word, dit kan sluit en die verf nog goed lyk. S­kuif­deu­re moet ook mak­lik be­weeg en goed se­ël.

P­leis­ter, verf­werk en kra­ke

Ge­kraak­te of sleg­te p­leis­ter- en verf­werk is nie nood­wen­dig ’n aan­dui­ding dat daar iets erns­tig fout is nie. Dit kan eg­ter vir ’n nu­we huis­ei­e­naar duur wees om op te knap. Ter­wyl die mees­te ei­en­dom­me min­stens een of twee haar­lyn­kra­ke in die p­leis­ter het, kan gro­ter kra­ke op erns­ti­ge struk­tu­re­le pro­ble­me dui. As ’n re­ël is e­nig­iets klei­ner as 2 mm net kos­me­ties. Kra­ke wy­er as dit moet be­slis deur ’n kun­di­ge per­soon na­ge­gaan word.

Wa­ter- en krag­pro­ble­me

Lood­gie­ters- en e­lek­trie­se werk moet eer­der deur ’n kun­di­ge na­ge­gaan word. Jy kan eg­ter self toets of die lig­te, toi­let­te en kra­ne werk.

Py­pe en be­dra­ding is te kom­pleks vir die mees­te van ons om na te gaan, maar al­mal kan toets of die lig­te werk en of daar goeie wa­ter­druk is. Luis­ter vir vreem­de ge­lui­de en te­ken dit aan.

Laas­te sê

Ont­hou, geen ei­en­dom is per­fek nie – moe­nie dat ’n paar klein fou­te jou af­skrik nie. As jy vind dat jy in die ei­en­dom tuis voel en dat daar nie e­ni­ge groot waar­sku­wings­lig­te flik­ker nie, gaan maar voort en laat doen ’n pro­fes­si­o­ne­le in­spek­sie. As jy dus dan be­sluit om ’n aan­bod vir die huis te maak, kan jy dit met self­ver­troue en ge­moeds­rus doen.

Ont­hou, geen ei­en­dom is per­fek nie – moe­nie dat ’n paar klein fou­te jou af­skrik nie.

Fo­to: ISTOCK

As jy in ’n ei­en­dom be­lang­stel, moe­nie skaam wees om met ’n ver­groot­glas daar­na te kyk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.