Brie­fie in bot­tel lei tot pos­kaart uit Duits­land

Die Burger - - 3 - Elsje Waldeck

BLOEM­FON­TEIN. – Se­we maan­de na­dat t­wee sus­sies van Brand­fort ’n bot­tel met brie­fies daar­in in die see by Ballito ge­gooi het, het hul­le ’n ant­woord ge­kry – al die pad van Duits­land af.

El­zet­te (10) en El­ma­ri Be­zui­den­hout (13), leer­ders van die Ho­ër­skool S­taats­pre­si­dent Swart, is baie op­ge­won­de oor hul pos­kaart van ene Ma­rie (25) wat in Ham­burg woon.

“Wow!” was al wat El­ma­ri kon sê oor haar ge­voel oor die pos­kaart wat hul­le Vry­dag in die pos ont­vang het.

“Sul­ke goed ge­beur al­tyd net in rol­pren­te en boe­ke. Ons het al heel­te­mal van die bot­tel ver­geet.”

Dié t­wee sus­sies het op 8 Ok­to­ber ver­le­de jaar – die laas­te dag wat hul­le by die see was – elk­een ’n brie­fie wat in plas­tiek toe­ge­draai is in ’n t­wee­li­ter-Co­ke-bot­tel ge­plaas en dit in die see ge­gooi.

“Dit was ’n groot ge­suk­kel om die bot­tel in die see te kry,” het El­zet­te ver­tel. “Ons het se­ker tien keer pro­beer.”

Om die plas­tiek­bot­tel ’n bie­tjie swaar­der te maak, het hul­le uit­ein­de­lik ’n bie­tjie see­sand daar­in ge­gooi.

El­zet­te het haar brie­fie in A­fri­kaans ge­skryf, maar El­ma­ri sê sy dink sy het in En­gels ge­skryf.

In die brie­fies het die sus­sies ge­skryf hoe baie hul­le van die see hou en hoe hul­le die see gaan mis wan­neer hul­le te­rug in die bin­ne­land is.

“Ons het ook ge­vra dat die een wat die bot­tel vind vir ons moet te­rug­skryf,” het El­zet­te ge­sê.

Op die pos­kaart het Ma­rie in En­gels vir hul­le ge­skryf dat sy ook lief is vir die see.

“Ek bly in Ham­burg na­by die Nor­die­se See. Maar ek neem aan dit is baie kou­er hier as daar in Suid-A­fri­ka.”

Sy het haar a­dres by­ge­voeg en die t­wee sus­sies het reeds die af­ge­lo­pe na­week aan haar te­rug­ge­skryf en die brief ge­pos.

“Ons het ’n bie­tjie meer van Suid-A­fri­ka ver­tel en ge­vra dat sy meer van Duits­land moet ver­tel,” het El­ma­ri ge­sê. “Ons het haar ook ge­vra hoe sy die bot­tel ge­kry het.”

Vol­gens Jo­ne Por­ter, di­rek­teur van die op­voed­kun­di­ge sen­trum by die uS­ha­ka Sea Wor­ld in Dur­ban, is dit moont­lik dat die bot­tel sy pad na Ham­burg dank­sy seestro­me ge­vind het.

“Die A­gul­has-see­stroom moes dit eers al langs WesA­fri­ka heen na Noord-A­me­ri­ka ge­neem het, na die Ark­tie­se lan­de, af­waarts ver­by Ier­land en En­ge­land tot in Ham­burg in Duits­land.”

Die sus­sies het ge­sê: “Of ie­mand op ’n seiljag het dit in die see ge­vind. ’n Mens sal nooit weet nie . . .”

FO­TO: CON­RAD BORNMAN

El­zet­te en El­ma­ri Be­zui­den­hout is baie trots op die pos­kaart wat hul­le van Duits­land ge­kry het na­dat hul­le brie­fies in ’n Co­ke­bot­tel ge­sit het en dit in die see ge­gooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.