In Pa­rys be­kroon op om­ge­wings­rol­prent­fees

Die Suid­A­fri­kaan­se dokkie The Sho­re Bre­ak, be­lig die di­lem­ma van die Pon­do­ge­meen­skap met die be­oog­de ti­taan­ont­gin­ning aan die Wil­de­kus. het met die re­gis­seur Ry­ley Gru­nen­wald ge­sels.

Die Burger - - Kuns & Vermaak - Ry­ley Gru­nen­wald

Haar groot-groot­oom is ge­du­ren­de die Twee­de Wê­reld­oor­log aan­ge­stel om vir Duit­se duik­bo­te aan die Wil­de­kus uit te kyk. So vér te­rug strek Ry­ley Gru­nen­wald se ver­bin­te­nis met SuidA­fri­ka se Wil­de­kus.

Gru­nen­wald se dokkie The Sho­re Bre­ak on­der­soek die im­pak op die om­ge­wing, die kul­tuur en voort­be­staan van die A­ma­di­ba as die ont­gin­ning van ti­taan deur ’n Aus­tra­lie­se myn­bou­maat­skap­py aan die Wil­de­kus voort­gaan.

“Aan­vank­lik het ek net die een kant van die saak ge­sien, maar gou be­sef hoe kom­pleks dit is. Ek het be­sef die men­se wat daar woon, moet be­sluit wat met hul land ge­beur, en dat my o­pi­nie ir­re­le­vant is.”

Sy is deur ’n Eu­ro­pe­se ver­koops­a­gent aan­ge­raai om die hoof­ka­rak­ter te wees en só die ge­hoor te help om die ver­haal deur haar oë te sien. “Ek wou eer­der te­rug­staan en die ver­skil­len­de lae van die sto­rie ont­hul so­dat die ky­kers self kan be­sluit. ”

Sy wou nie ’n Mi­cha­el Moo­re of ’n Morgan S­pur­lock word nie, maar eer­der die dokkie soos ’n fik­sie­prent aan­pak.

“Jy moet heel­te­mal ont­vank­lik wees vir wat voor jou ge­beur. Jy kan dit nie ‘be­heer’ om die mark te­vre­de te stel nie.”

The Sho­re Bre­ak is pas as die beste rol­prent op die In­ter­na­si­o­na­le Om­ge­wings­rol­prent­fees in Pa­rys ver­eer. Dit draai tans in Syd­ney, Aus­tra­lië, en wys van­dees­werk op die En­coun­ters-rol­prent­fees voor­dat dit in Ju­lie op die in­ter­na­si­o­na­le rol­prent­fees in Dur­ban o­pen.

Die prent volg die le­we van Nonhle M­but­hu­ma, ’n kamp­veg­ter vir die om­ge­wing en tra­di­sies van die men­se, as­ook dié van haar neef Za­mil­le Qunya, wat die myn­wer­ke en die bou van ’n hoof­pad heel­har­tig on­der­steun.

“Dit was be­lang­rik dat bei­de kan­te van die saak uit­ge­lig word. Ek het Nonhle aan­vank­lik ver­film, maar om­dat ek in die natuurlike ge­sels­styl van ciné­ma vé­rité ver­film het, het Qunya gou deel van die ver­haal ge­word.”

Een van die eer­ste ke­re wat sy hom op ka­me­ra vas­ge­lê het, was toe hy in ’n ar­gu­ment met die maat­skap­li­ke wer­ker John Clar­ke be­trok­ke was. Dit het ’n be­lang­ri­ke to­neel ge­word.” Die na­vor­sing en die ver­fil­ming het na­ge­noeg d­rie jaar ge­duur. Die toe­stand van die plaas­li­ke paaie was ’n groot strui­kel­blok, selfs met vier­trek­voer­tuie wat steeds in die mod­der vas­ge­val het.

“Die in­wo­ners wil be­hoor­li­ke paaie hê wat hul­le met na­bu­ri­ge dor­pe ver­bind, hul­le wil nie die hoof­pad hê wat ver­by hul hui­se, pla­se en graf­te gaan nie.”

Gru­nen­wald ver­tel dat hul­le ’n siek mei­sie­tjie in ’n vier­trek na die naas­te kli­niek ’n uur en half ver­der ge­neem het.

“Ge­woon­lik sou die fa­mi­lie ure lank moes loop en ’n ri­vier oor­steek na ’n teer­pad van waar hul­le ’n taxi sou kon haal. Die mei­sie­tjie is la­ter dood. Ek het be­sef on­der wat­ter druk die ge­meen­skap ver­keer. Dat hul­le son­der die mees ba­sie­se diens­te is en dus on­der druk is om die myn­bou te aan­vaar.”

Die prent wys eg­ter dat die mees­te on­danks al dié moei­lik­heid en te­rug­slae steeds teen die myn­bou is. Die mu­siek is ge­kom­po­neer deur Joel As­sai­zky en lie­de­re van Suid-A­fri­kaan­se kuns­te­naars wat van Pon­do­land kom of daar­oor skryf, word ook ge­hoor. Die tra­di­si­o­ne­le mu­si­kant N­tom­be T­hon­go tree ook op.

Te­rug­flit­se word uit­ge­beeld met aan­gry­pen­de sand-a­ni­ma­sie wat deur Jus­ti­ne Pu­renCal­ver­ley ge­skep is. )

Fo­to’s: VER­SKAF

Nonhle M­but­hu­ma, ’n jong e­ko­toer­gids wat veg teen die be­plan­de ont­gin­ning van ti­taan in Pon­do­land is een van die ver­tel­lers in The Sho­re Bre­ak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.