Rag­mah Jap­pie, ei­e­naar van Fie­ka Op­gee is nie ’n op­sie nie, glo en­tre­pre­neur

Rag­mah Jap­pie is ’n sa­ke­vrou met deur­set­tings­ver­moë. Uit heel­par­ty te­rug­slae het sy op­ge­staan en be­sit sy van­dag reeds ver­skeie win­kels, ’n fa­briek en haar eie sport­ke­re­reeks met die han­dels­naam Fie­ka. het met dié boor­ling van Bel­har ge­sels.

Die Burger - - 12 - Wat word in jou win­kels ver­koop?

Ek het drie Cam­pus Li­fe­sty­le-win­kels op die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land (UWK) se kam­pus en twee win­kels by Nort­hlink Col­le­ge.

In die leef­styl­win­kels ver­koop ons ver­skeie van die fa­kul­tei­te se by­kom­stig­he­de, kle­re en i­den­ti­fi­se­rings­drag. Dit sluit in wit oor­jas­se vir me­die­se stu­den­te, dra­sak­ke, ser­pe, baad­jies en ve­le meer. El­ke fa­kul­teit se han­dels­merk word op hier­die pro­duk­te ge­bruik. Twee jaar ge­le­de het ek die Cam­pus Li­fe­sty­le Sport Sto­re by UWK oop­ge­maak waar die Fie­ka-reeks ver­koop word. Ek het die reeks vir sport­kle­re en on­der­steu­ners­drag be­gin om­dat ek ’n ga­ping in die mark vir sport­kle­re raak­ge­sien het. Se­ke­re sport­ko­des is baie ge­wild on­der bor­ge en ver­skaf­fers van toe­rus­ting en kle­re, maar sport­soor­te wat nie so ge­wild is nie, soos vlug­bal, kry nie dié ti­pe on­der­steu­ning nie. Die Fie­ka-reeks dek tans ses van die 24 sport­ko­des by UWK, soos hok­kie, vlug­bal en bas­ket­bal. Ek ding mee teen groot en be­ken­de maat­skap­pye, maar ek soek al­tyd ’n uit­weg en ge­leent­heid om ’n deel van die mark te kry én te be­hou. Met die Fie­ka-reeks tei­ken ons nie net pro­fes­si­o­ne­le sport­men­se nie, maar ook die sport­gees­drif­ti­ges wat net so­si­aal en vir ’n ge­son­de leef­styl sport be­oe­fen. Die on­der­steu­ners word ook nie af­ge­skeep nie – ons ver­koop on­der­steu­ners­drag soos pet­te en T-hem­de. Ek be­na­der die fa­briek waar ons van die kle­re ver­vaar­dig as ’n trot­se SuidA­fri­ka­ner en voer daar­om nie ma­te­ri­aal of kle­re in nie, al het ek al kon­trak­te ver­loor om­dat my pry­se nie by ’n be­gro­ting in­ge­pas het nie. Daar is ge­luk­kig heel­wat kli­ën­te wat my on­der­steun.

Ek glo jy moet te­rug­ploeg in die ge­meen­skap­pe

Fo­to: LI­A­NA MOC­KE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.